Asem

Haal jy geestelik ASEM?

Om te kan LEWE, het ons nodig om ASEM te haal.

  • Hierdie is nie net waar in die fisiese nie, die maar ook in jou geestelike lewe.

Jou geestelike LEWE word bepaal deur jou vermoë om diep in te asem van die Heilige Gees.

  •  Party van ons kom kerk toe of kyk of luister aanlyn, en ons is fisies teenwoordig maar ons asem nie in nie.
  • Ons hou ons asem op. Sondagoggend haal ons asem en dan dink ons dit gaan die hele week hou tot volgende Sondag.
  • Sommiges van ons is net moeg en uitasem en staan met ons hande op ons knië.

God se asem (Sy Gees) bring LEWE in alles.

(OT) Gen 2:7

7 Toe vorm die Here God ’n menslike liggaam uit die stof van die aarde. Nadat Hy die asem van die lewe daarin geblaas het, het dit ’n lewende wese, die mens, geword.

(NT) Hand 17:24-25

24“Hy is die God wat die wêreld met alles daarin gemaak het. Hy is die Here van hemel en aarde, en daarom woon Hy nie in tempels wat met mensehande gebou is nie. 25Mensehande kan nie na sy behoeftes omsien nie, want Hy het aan niks behoefte nie. Inteendeel, dit is Hý wat aan almal lewe en asem en álles gee.

 God wil sy Gees, sy lewens-asem OOR jou blaas! IN jou blaas.

(NT) Joh 19:21-22

21“Vrede vir julle!” sê Jesus weer ’n keer. “Net soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook.”

22Nadat Jesus dit gesê het, het Hy oor hulle geblaas en vir hulle gesê: Ontvang die Heilige Gees!

(OT) Esegiël 37:9

9Toe sê Hy vir my: “Praat met die wind en sê: ‘So sê die oppermagtige Here: Wind (Ru-ach / Heilige Gees), kom vanuit die vier windrigtings! Blaas in hierdie dooie liggame sodat hulle lewend kan word!”

Woorde en hulle betekenis:

emphysaō = blaas (Grieks)

Pneuma = asem/gees (Grieks) Pneomatics = Air-opperated

ruach = wind/asem/gees (Hebreeus)

  1. Asemhaal het ’n ritme.

 Asemhaling het 2 dele: In-asem van vars lug en Uit-asem van gekontamineerde lug.

 3.1.  Asem in.

 Gee oor aan die Heilige Gees oom in alle fassette van jou lewe beheer oor te neem.

  • Om jou vol te maak, te deurweek met Sy teenwoordigheid en krag.

Eff 5:18 (NLV)

… laat die Heilige Gees julle lewe vol maak.

Ephesians 5:18 (AMP)

18 Do not get drunk with wine, for that is wickedness (corruption, stupidity), but be filled with the [Holy] Spirit and constantly guided by Him.

  • (’n Meer akkurate direkte vertaling volgens hulle sou wees: “…go on being filled.”)

Jy asem geestelik in wanner die Heilige Gees jou “longe” inkom en met Jesus se bloed die lewens suurstof na elke sel van jou menswees toe vat en jou deurdrenk met sy teenwoordigheid en krag.

3.2  Asem uit.

Ons ligaam reageer nie net uit ‘n behoefte aan O2 in ons selle nie, maar uit hoë vlak van of teenwoordigheid van CO2 (by-produk/afval-produk).

Dis wat ons onwillekerige uit-asem reflex aktiveer “trigger”. En as jy dit onderdruk verloor jy jou bewusyn en jy kan selfs dood gaan.

Sonde bring skeiding tussen jou en God. Dit besoedel ons verhouding met Hom.

Rom 6:23

Die loon wat die sonde (CO2) gee, is die dood; die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here.

Deur die Heilige Gees se werking in ons word ons bewus van (CO2):

  • Leuns
  • Verkeerde Gedagtes
  • Slegte Gewoontes

So ons moet dit uit-asem… Hoe?

 Belei die sonde of leuns van die vyand wat jy glo en jou beinvloed, en vra vergifnis… vra die Heilige Gees om jou te verander (transformeer).

1 Joh 1:9

Maar as ons ons sondes belyHy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid (CO2).

Slot.

 Asen in. Jy het die Heilige Gees by jou en in jou. Jou “Aqua-lung” die konstante bron van vars lug/asem.

  • Soos ons daagliks aan Heilige Gees oorgee (in-asem), maak Heilige Gees ons vry van sonde se mag en invloed in ons lewe.

Asem uit. (belei sonde en vra vergifnis vra) om weer te kan in-asem (dit wat jou verhouding belemmer moet uit)

  • Vra God vir ’n gereelde deurlopende invulling/bewuswording van die Heilige Gees binne jou.

Dit is ’n stap van geloof om geestelik asem te haal. Die Gees van God is in jou beskikbaar maar jy moet asem haal

Verklaring.

Job 33:4

Die Gees van God het my gemaak, die asem van die Almagtige het my die lewe gegee.