Mar 15:37-38 (Afr53) – Maar Jesus het met ‘n groot stem uitgeroep en die laaste asem uitgeblaas. En die voorhangsel van die tempel het in twee geskeur van bo tot onder toe. (Matt – op daardie oomblik)
- Toe die Lam van God sterf, was die bloed van ‘n Lam nooit weer nodig voordat die voorhangsel weggeskuif word en die Allerheiligste betree kan word nie.
- Vir ewig daarna is God se teenwoordigheid toeganklik, vir die wat skoon gewas is deur Jesus bloed.
Daar is so baie geleenthede om in die tyd waarin ons leef, weg te kyk van Jesus af.
- Vanoggend is om ons te bemoedig om nie weg te kyk nie, maar na Hom te kyk.
Maria van Betanië
- ‘n Vrou wat vir ons uitbeeld wat die Evangelie van Jesus aan ons almal se harte behoort te doen.
Maria van Betanië was:
- Die suster van Martha.
- Die suster van Lasarus.
- Afkomstig van die dorpie Betanië, +- 4-5 km buite Jerusalem.
MAAR Joh 11:1-2 identifiseer haar as iemand anders:
‘EN daar was ‘n man siek, Lasarus van Betanië, die dorp van Maria en haar suster Martha. En dit was Maria wat die Here gesalf het met salf en sy voete afgedroog het met haar hare… ‘
- Die Bybel praat van ‘n paar Marias – blykbaar ‘n algemene Bybelse naam vir vrouens.
- Maar Johannes maak dit vir ons hier duidelik – Hy praat hier van DIE Maria wat Jesus se voete gesalf het en met haar hare dit afgedroog het.
- Sy het iets gedoen wat niemand anders gedoen het nie en Ek Johannes praat nou van haar.
- Dit word haar identiteit. (geen groot prediker of wonderwerke…)
- Wat Sy gedoen het was kenmerkend en eie aan haar –> Ontmoet vir Maria – Sy is die een wat Jesus se voete gesalf en met haar hare afgedroog het.
- Die meeste kere wat ons van Maria van Betanië lees, was Sy by Jesus se voete – gaan kyk maar.
1. Martha en Maria
LUKAS 10:38-42 ‘EN op hulle reis het Hy in ‘n sekere dorp gekom, en ‘n vrou met die naam van Martha het Hom in haar huis ontvang. En sy het ‘n suster gehad met die naam van Maria; dié het aan die voete van Jesus gesit en na sy woord geluister. Maar Martha was baie besig om alles klaar te maak. Sy kom toe daar staan en sê: Here, gee U nie om dat my suster my alleen laat bedien nie? Sê dan vir haar dat sy my moet help. Maar Jesus antwoord en sê vir haar: Martha, Martha, jy is besorg en verontrus oor baie dinge; maar een ding is nodig; en Maria het die (beste) goeie deel uitgekies wat van haar nie weggeneem sal word nie.’
- (Soms is ons afbrekend op Martha) MAAR Martha was nie ‘n slegte vrou nie, sy wou net vir Jesus ‘n maaltyd voorberei.
- ‘n Probleem ontstaan dat Martha raak omgekrap omdat Maria so met Jesus behep is –>
- Maria het ‘n flikker in haar oog vir Jesus. As Hy in die huis is, wil sy net by Sy voete wees. Sy kan haar oë nie van Hom afhou nie.
- Martha was nie ‘n slegte mens nie –> Maar nie een keer wat ons van Martha lees, lees ons dat sy by Jesus se voete gesit het nie.
- Vir Maria, was Jesus die heel belangrikste –> Maria wou net by Hom wees.
(Die verskil tussen die 2 se verhouding met Jesus)
- Vir die Martha was verhouding met Jesus die dinge wat Sy vir Hom gedoen het.
- Vir Maria was verhouding met Jesus om by Hom te wees, na Hom te kyk en na Hom te luister.
- Hoe maklik vervang Hom-self met dit wat ons vir Hom doen?
Watter tipe verhouding verkies Jesus??
- Here, sê vir Maria sy moet my kom help.
- “Martha, Martha, jy is besorg oor baie dinge; maar een ding is nodig (Ek sou daarvan hou as Jesus gesê het –> jy kort NOG EEN ding) – ons jaar tema.
- Maria het die BESTE deel gekies -> Ek gaan nie vir haar vra om dit op te gee wat sy doen in ruil vir dit wat jy doen nie.
- Martha, Jy kort NOG EEN ding –> Aangesig tot aangesig soos Maria vir jou wys.
MARIA: Kyk na Jesus
MARTHA: Nie (sy het ander dinge voor oë)
MARIA: Luister na Jesus
MARTHA: Nie, sy gaan aan selfs na Jesus vir haar vertel van die beste deel.
MARIA: Het rus
MARTHA: Nie
MARIA: se oë is vasgenael op Jesus.
MARTHA: se oë is vasgenael op Maria.
- Hoe minder ons by Jesus is hoe meer is ons oë op ander en op die wêreld.
Maria salf Jesus se voete
JOHANNES 12:1-3 ‘EN Jesus het ses dae voor die Pasga na Betánië gekom waar Lasarus was, wat dood gewees het en wat Hy uit die dode opgewek het. Hulle het toe vir Hom daar ‘n maaltyd berei, en Martha het bedien; en Lasarus was een van die wat saam met Hom aan tafel was. En Maria het ‘n pond egte, baie kosbare nardussalf geneem en die voete van Jesus gesalf en sy voete afgedroog met haar hare. En die huis is vervul met die reuk van die salf. ‘
Op ‘n ander geleentheid wat Jesus by hulle was:
- Martha het vir Jesus bedien.
- Maria is weer by Jesus se voete en doen dit wat niemand anders gedoen het nie:
- Kosbare olie gooi sy op sy voete uit en haar hare word die lappie waarmee sy dit afvee.
Die huis is gevul met die reuk – Maria ruik soos Jesus en Jesus soos Maria en die huis soos hulle.
Die ander bywoners is omgekrap met wat Sy doen.
- Die wat nie soos Jesus ruik nie is in VANDAG se lewe ook omgekrap met die wat wel soos Jesus ruik.
- Jesus was vir Maria die grootste skat(en nie die olie nie) en die ander se irritasie daarmee het eintlik die louheid van hulle eie hart na vore gebring.
- “Jy is te behep met Jesus” – NEE –> jou hart het dalk net te lou geword.
- Maria demonstreer ‘n vorm van eerste liefde – en dit is wat elkeen van ons so nodig het.
- Die pad terug na Sy voete. Die pad terug na eerste liefde.
Lasurus sterf… en ons lees in:
Martha ontmoet Jesus buite die dorp en het ‘n baie mooi godsdienstige gesprek met Hom.
JOHANNES 11:28,32 ‘En nadat sy dit gesê het, gaan sy en roep Maria, haar suster, stilletjies en sê: Die Meester is hier en Hy roep jou. En toe Maria kom waar Jesus was en Hom sien, val sy aan sy voete neer en sê vir Hom: Here, as U hier gewees het, sou my broer nie gesterf het nie. ‘
- Jesus vra vir Martha –> Waar is Maria?
- Maria was vir Jesus spesiaal want Jesus was vir Maria spesiaal.
- Weereens vind ons vir Maria, selfs in haar seer oomblik, by die voete van die EEN wat sy bemin.
- Here, ek verstaan nie, maar U is die antwoord.
Die skrif waarmee ek begin het was:
Mar 15:37-38 (Afr53) – Maar Jesus het met ‘n groot stem uitgeroep en die laaste asem uitgeblaas. En die voorhangsel van die tempel het in twee geskeur van bo tot onder toe.
- Hierdie het gebeur om Aangesig to aangesig moontlik te maak.
- NOG EEN ding is nodig, en wat Maria gekies het, sal nie van haar af weggeneem word nie.
- Wie is jy? Martha of Maria?
- Dalk sê jy vir my Friedel, ek is Lasarus, ek is die dooie ou.
- (rig jou hart hemelwaarts en bid ‘n gebed in lyn met dit wat die Here tot jou hart gespreek het tydens hierdie diens).