Ander boodskappe oor hoop:
Job 8:13
“So gaan dit met hulle wat vir God vergeet.
Daar is geen hoop vir die godlose nie.
14Hy vertrou op ‘n dun draadjie,
hy maak op ‘n spinnerak staat.
15As hy teen sy huis leun, val dit om,
hy gryp daarna, maar dit bly nie staan nie.
Hoe verder ons van God af beweeg hoe minder raak ons hoop en hoe nader ons aan Hom beweeg hoe meer raak ons hoop.
Wat gebeur as die mensdom van God vergeet?
Hulle wat van God vergeet het geen hoop nie.
Definisie van hoop:
Wat ons dink hoop is is dalk glad nie hoop nie.
Hoop is is baie meer Teologies as Psigologies (emotioneel).
Hoop is nie optimisme nie.
Optimisme (van Latyn optimum wat “die beste” beteken) verwys streng gesproke, of ten minste oorspronklik, na ‘n wêreldbeskouing of lewenswyse waarin daarna gestreef word om in die beste van alle moontlike wêrelde te leef. Vandag word die konsep oor die algemeen in ‘n swakker sin verstaan wat neerkom op ‘n geloof in ‘n goeie uitkoms. Elke terugslag of negatiewe toedrag van sake word in die lig van die positiewe toekomsverwagting beskou. Die teenoorgestelde lewensbeskouing van optimisme is die pessimisme.
Optimisme is om jouself te vertel dat dit goed gaan al gaan dinge nie so goed nie.
Optimisme is nie altyd realisties nie.
Optimisme is soms ’n VALS hoop.
Ek is nie gekant teen optimisme nie en dis beslis beter as ’n pesimistiese lewens uitkyk wat negatief is oor alles.
Maar dis nie Hoop nie!
Optimisme alleen gaan nie die wêreld verander nie.
Optimisme werk net wanneer jy dinge kan beheer.
Optimisme sê: It is not as bad as you think”
Hoop sê: “It is bad… it is realy bad, i don’t think it has ever been worse… BUT I still believe”.
Optimisme ontken soms realiteit. “Diabetes diagnose storie van jaarlikse ondersoek en 2de opinie”.
Drie tipes Hoop:
1.Wishful hope. (word mees algemeen gebruik)
Jy is laat vir werk en kom op die verkeerslig aan gery en jy sê: Ek hoop hy word nou groen. of Ek hoop ek kry ’n parkering naby Game se deur op Blac Friday.
As hierdie hoop waar word is dit toevallig en het niks te doen met wat jy gehoop het nie.
Hierdie tipe hoop is sonder krag.
2.Expectant hope.
Jy plant tamatie saadjie in jou groentetuin en met ’n verwagting hoop jy dat die tamatie plantjie sal op kom as jy dit water gee.
Anders as Wishful Hope het jy darem iets gedoen en kan iets verwag. Wishful hope sal niks plant nie en hoop daar kom ’n tamatie plantjie op.
Storie van ’n Mamma wat verwag en dan steeds die trauma en hartseer van ’n miskraam of stil dood baba ervaar.
Selfs hierdeie hoop het geen waarborge nie.
3.Certain hope.
Die Bybel praat van ’n mens wat hoop en nie wens nie maar verseker WEET.
Daar is ’n verband tussen hoop en geloof! Hulle gaan hand aan hand.
Heb 11:1
Wat geloof is
1Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.
6As ‘n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil. Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié wat Hom soek, beloon.
Ons kan nie geloof hê as ons nie hoop het nie
en ons kan nie hoop hê as ons nie geloof het nie
“If there is nothing to hope for there is nothing to believe for”.
Drie grootste deugde: in 1 Kor 13
13En nou:geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie.
En die grootste hiervan is die liefde!
“Geloof, hoop, liefde”.
Geloof en liefde praat ons baie oor, maar verstaan ons regtig wanneer ons van hoop praat?
Heb 6 (Die sekerheid van die belofte van God)
13Toe God aan Abraham die belofte gemaak het, het Hy niemand groter as Hyself gehad by wie Hy dit met ‘n eed kon bevestig nie. Daarom het Hy dit met ‘n eed by Homself bevestig 14en gesê: “Ek sal jou beslis ryklik seën en jou ‘n baie groot nageslag gee.” 15En so het Abraham dan, nadat hy geduldig gewag het, gekry wat aan hom beloof is. 16Mense lê ‘n eed af by iemand groter as hulleself. Vir hulle is dit die bevestiging van ‘n saak, en dit sluit alle teëspraak uit. 17En omdat God aan die erfgename van die belofte bo alle twyfel wou verseker dat sy besluit onveranderlik is, het Hy dit met ‘n eed gewaarborg. 18Die twee onveranderlike dinge, die belofte en die eed, waarborg dat God sy woord gestand sal doen, en is vir ons wat ons toevlug tot Hom geneem het, ‘n kragtige aansporing om vas te hou aan die hoop op wat vir ons weggelê is. 19Hierdie hoop besit ons as ‘n veilige en onbeweeglike lewensanker, wat agter die voorhangsel vas is. 20Daar het Jesus, ons Voorloper, ter wille van ons ingegaan, en Hy is vir ewig Hoëpriester volgens die orde van Melgisedek.
*Hierdie is die 3rde hoop waarvan or leer, ’n vaste hoop waarvan on seker kan wees.
Hebrews 6:19 (AMP)
19 This hope [this confident assurance] we have as an anchor of the soul [it cannot slip and it cannot break down under whatever pressure bears upon it]—a safe and steadfast hope that enters within the veil [of the heavenly temple, that most Holy Place in which the very presence of God dwells],
’n Anker vir ons siel, ’n onwrikbare hoop.
Wat is die doel van ’n anker?
Hoekom het ons ’n anker nodig?
Volgens vers19:
Veilig (solied en standvastig)
Onbeweeglik en sterk (iets waarop jy kan staat maak en jou vetroue op kan stel)
net soos ’n seilboot of skip ’n anker nodig het het ons ook en vir dieselfde redes nl.
1.Die anker verhoed dat die boot wegdryf. (drifting away)
2.Die anker ge stabiliteit in die storms
Sonder ’n anker dryf ons maklik in gevaarlike water in sonder om dit agter te kom. Ons dryf weg van God af en dryf weg van ons lewensdoel af. Dryf weg van die mense om jou en dalk selfs jou huweliks maat.
Sonder ’n anker word ons verniel en verwoes in die storms van die lewe..
Waarin lê jou anker?
Finansies, intelek, ander mense…. waaraan hou jy vas? Jacob het aan God vasgehou toe hy met Hom gestoei het.
*Certain hope is based on Gods Word, not my wishes…
Hope is based on what God says and not on my emotions or imagination…
…Hope is based on on the fact that God does what He says.
*Certain hope is based on the fact that God can not lie.
Numeri 23:19
God is nie ‘n mens dat Hy sou lieg nie,
‘n mens dat Hy van gedagte sou verander nie.
Sou Hy iets sê en dit nie doen nie,
iets belowe en dit nie uitvoer nie?
Lukas 18:1Die gelykenis van die weduwee en die regter
1Jesus het vir hulle ‘n gelykenis vertel om duidelik te maak dat ‘n mens altyd moet aanhou bid sonder om moedeloos te word… hoop te verloor.
In die storm kan ons:
Panic or pray
Worry or Worship
*Omtrent 7000 beloftes in die Woord. Heb6 sê: God het ’n belofte aan Abraham gemaak en Hy het dit na gekom.
Navorsing wys 10 Redes waarom mense hoop verloor en op gee:
1.Waneer jy alleen en wegegooi of verwerp voel (soldaat bly hoop want ons motto is “leave no-one behind”) Ek het ’n liefdevolle hemelse vader wat my nooit sal verlaat nie.
Heb 13:5
Hou julle lewe vry van geldgierigheid; wees tevrede met wat julle het. God self het gesê: “Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.”
2.Waneer jy voel of alles buite beheer is.
Job 12:10
Hy het al wat lewe, in sy mag, die asem van elke mens. Ek dien ’n God wat groter is as enige probleem
Jer 32:27
Ek is die Here die God van al die mense. Is iets vir My onmoontlik?
3.Waneer jy geen sin of doel vir jouself sien nie (mens kan baie pyn en lyding verduur as jy weet dat daar ’n doel is daaarmee bv. geboorte gee) My God het ’n groter plan en doel met my lewe. Jer 29:11 Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ‘n toekoms gee, ‘n verwagting!
4.Waneer jy rou oor verlies ervaar het
Ps 147:3
Hy genees die gebrokenes van hart en verbind hulle wonde.
5.Waneer jy nie het wat jy nodig het nie.
2 Kor 9:8
En God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk, sodat julle in alle opsigte altyd van alles genoeg kan hê en volop kan bydra vir elke goeie werk.
Philippians 4:19
“And my God will meet all your needs according to the riches of his glory in Christ Jesus.”
6.Waneer jy skuldig voel oor iets wat jy gedoen het en jy dink dit nie herstel kan word nie.
Kol 1:14
Deur die Seun het ons die verlossing verkry, die vergewing van ons sondes.
7.Waneer jy diep seergemaak is deur iemand (bitterheid, resentment, onvergifnis vergiftig)
Mat 6:12
en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree;God will settle the score someday, He wants to heal and grow me
8.As jy in die verkeerde rigting getrek word (vriende se invloed)
Spr 13:20
Wie met wyse mense omgaan, kry self wysheid; wie hom met dwase ophou, word self sleg.
9.Wanneer vrees ’n houvas op jou het. (lamgelê word en dan opgee)
Joshua 1:9
Have I not commanded you? Be strong and courageous. Do not be frightened, and do not be dismayed, for the Lord your God is with you wherever you go.”
10.As dit lyk of jy besig is om te verloor. (rugby wedstryd begin agter raak, dan sak die spelers van die verloor span se koppe, hulle lyftaal wys hulle hopeloosheid)
Rom 8:37
Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet.
Hou vas aan God se Woord wat vas staan.
Hierin en alleen hierin vind ek hoop:
God sal my nie teleurstel nie en Jesus, die lewende Woord is my anker.
Isaiah 41:10
“So do not fear, for I am with you; do not be dismayed, for I am your God. I will strengthen you and help you; I will uphold you with my righteous right hand.”
Amen