Preek / boodskap oor: Die Gevaar Van Rassisme

Die doel van vanoggend se boodskap is nie om ‘n politieke sienswyse vanaf die kansel te promofeer nie.

Die doel van vanoggend se boodskap is om ‘n strategie van satan uit te wys sodat ons daardeur kan waak en bid.

Definisie van rasisme (volgens Oxford):

  • Vooroordeel, diskriminasie of antagonisme teen iemand van ‘n ander ras, gebaseer op die oortuiging dat jou eie ras beter is as die ander.
    • vooroordeel: onredelike afkeur van iets of iemand, onlogiese houding van vyandigheid teenoor iemand.
    • diskriminasie: onbilikie onderskeid maak in die behandelingg van n persoon of groep.
    • antagonisme: teenwerking teenoor n persoon, bestryding van…

Promofeer die Bybel rasisme?

Ek het al gesprekke / redenasies / argumente van oortuiging van mense gehoor (meestal Afrikaanse mense) wat Ou Testament skrifte gebruik om te motiveer dat sekere rasse by God voorkeur het bo n ander.

God het mos vir Israel in die Ou Testament uitverkies.

  • Hy het vir Israel beveel om nie te meng met die ander nasies nie.
    • Is dit n argument om te sê dat die Here rasisties is?
    • So iemand lees net wat hulle pas in die Ou Testament.
    • So iemand vergeet dat daar n Nuwe Testament is – meer daaroor later.

Hoekom het God vir Israel uitverkies?

  • Want n man met geloof, Abraham, het guns in God se oë gevind en God het belowe om sy nageslag te seën.
  • God se hart was dat hierdie nageslag Sy Eie glorie aan die wereld sou wys deurdat hulle met God wandel en dit vir al die ander nasies duidelik is dat hulle God die lewende en Heilige Een is.
    • Maar hulle het gefaal daarin.
  • Sedert voor die skepping van die wêreld was die kruis deel van die plan en God het vir Hom n bloedlyn gekies waardeur Sy seun uiteindelik die hele wêreld met Hom sou versoen.

Hoekom het God vir Sy volk gesê om nie te meng of nie te trou met die ander nasies nie?

  • Hoekom? Omdat Die Here een ras bo n ander ras verkies?
  • Exo 34:11-16 & Deu 7:1-3
    • Dis duidelik “jou dogter mag jy nie vir een van hulle seuns gee nie en vir jou seun mag jy nie een van hulle dogters as vrou vat nie, want hulle sal jou kinders wegrokkel van die Here af en hulle sal ander gode dien.”
    • Dit gaan hier oor geloof en die dien van die Here, nie bloot net oor ras en velkleur nie.
    • As daardie nasies die Here gedien het was dit n ander storie.
    • “EK het n afkeur in hulle want hulle sal jou hart wegrokkel van MY af”.
    • Moses se vrou was swart (Kussiet – Ethiopie)
      • In Num 12 lees ons van Miriam en Aaron se moeilikheid by die Here omdat hulle n probleem gehad het en sleg gepraat het van Moses oor sy swart vrou.
      • Num 12:10 – Miriam word spietwit van die melaatsheid.
      • Dis GELOOF en nie VELKLEUR wat vermenging verbied het nie.

Wat het geword van die ander nasies voordat Jesus gebore is? Was hulle nou maar net verlore?

  • Ex 12:43-49 (NLV)
  • Besnydenis maak dat die vreemdeling deel sou word van die verbond opgestel en dus sou word soos n gebore Israeliet. Wet onderhou.
  • Kaleb was nie n gebore Israeliet nieJos 14:6 – Kaleb se pa was n Kenissiet (inwoners van die land wat God aan Abraham belowe het).

Dit gaan dus oor geloof en nie velkleur of ras nie, maar ongelukkig lees mense die Bybel met die bril van hulle eie politieke oortuigings op.

Daarom kry jy baie godsdienstige mense, maar wie se harte ver van die Here af is.

Wat sê die Nuwe Testament en wat het Jesus kom verander?

Joh 3:16 – Want SO lief het God die WÊRELD gehad dat Hy Sy enigste Seun gegee het sodat ELKEEN wat in Hom glo nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.

  • WERELD en ELKEEN wys vir ons dat daar geen eksklusiwiteit is in God se Koninkryk nie.

Ope 7:9 – Na hierdie dinge het ek gesien, en kyk, daar was n groot menigte wat niemand kon tel nie, uit alle nasies en stamme volke en tale; hulle het gestaan voor die troon en voor die Lam, bekleed met wit klere en met palmtakke in hulle hande.

  • ALLE nasies en stamme volke en tale eendag in die hemel.
  • My hart gaan uit na iemand wat dink dat hulle na n sekere velkleur hemel toe gaan.
  • Jesus gaan jou n guns doen om jou nie in die hemel toe te laat nie want jy wil mos nie die hemel deel met ander tale, kulture en velkleur nie.
  • Haal jou politieke bril af en gooi dit weg.
  • Laat die liefde van Heilige Gees toe om jou hart te kom verander.

Gal 3:28 – Dit maak nie saak of iemand n Jood of Griek, slaaf of vry, man of vrou is nie: in Christus Jesus is julle almal een.

  • Die belangrike bepalende faktor is of jy in Christus Jesus is.
  • En nie meer kultuur, taal, status of geslag nie.
  • En as iemand met n ander uitkyk leef, daardie uitkyk is nie belyn met God se uitkyk nie.

Ek is nie rasisties nie, ek hou net nie van hulle nie.

  • Het jy al die een gehoor? Of dalk self gesê?
  • Hoe kan enige mens hierteen antwoord? Geen mens weet wat in jou hart aangaan nie.
  • Ek weet dat die Bybel sê jou eie hart kan jou bedrieg.
  • Die vraag is nie wat ek of jy se opinie oor stand teenoor rasisme is nie, maar wat die Here sien.

Jak 2:1-13 – n Sterk waarskuwing om nie onderskeid tussen mense te maak nie (ek hou nie van hulle nie…)

Die Here Jesus het n opsomming kom maak van die wet:

  • Liefde teenoor God & Liefde teenoor ons naaste.

Wat dan die vraag laat ontstaan: Wie is my naaste?

  • In Luk 10 antwoord Jesus deur te vertel dat die Jood en die Samaritaan mekaar se naaste is!
  • Exo 3:22 – Die Here verwys na Egiptenare as Israel se naaste.

Nie net ons geliefdes en vriende nie.

Mat 5:43-45 – “Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jou naaste moet jy liefhê en jou vyand moet jy haat.’ Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg, sodat julle kinders kan wees van julle Vader in die Hemel.

Is hulle jou naaste of is hulle jou vyand?

  • Die politieke leiers van ons tyd.
  • Die misdadigers.
  • Elke persoon wat volgens jou en my eensydige rasisme aanblaas.
  • Is hulle ons naaste of ons vyand?

Jou naaste: hê hom lief soos jouself

Jou vyand: Wees lief vir jou vyand en bid vir hom

Dis die weg van n dissipel. Enigiets anders is die weg van ons eie vlees.

Die kern van die boodskap: Vandag se politieke landskap

Die strategie van satan – rasisme in jou hart te kultiveer – SATAN IS AGTER ONS SIEL AAN

  • Wereld is vol mense wat oop kanale is waardeur satan sy strategie werk.
  • Hulle promofeer haat, rasisme en geweld – want hulle eie harte is duister.
  • Die doel is om gelowiges se harte te besoedel met haat, met “ek hou nie van jou nie”, met aannemer van persoon wees.
  • Die grootste fout wat ons kan maak is om daardie persoon se ongeregtigheid terug te trek na n persoon of velkleur.

Efe 6: Ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen bose magte in die lug.

Ons maak die mens die vyand en dis ons fout.

  • Bid VIR die mens
  • Bid TEEN die boosheid wat deur hom / haar werk.

Waak en bid teen rasisme in jou eie hart.

  • VEG!!!!!
  • Weerstaan en bestraf die gees van rasisme in jouself / familie.
  • Bid vir ander persone om tot die kennis van die waarheid van Jesus Christus te kom.
  • Bestraf die gees van rasisme wat deur ander persone / groepe werk.
  • Kom ons hou op post op sosiale media en gaan in ons binnekamer en veg op ons kniee.

Rasisme verwyder van die kern van die evangelie = liefde

Die Here is nie rasisties nie en nie n aannemer van persoon nie.

As ons enige vorm van rasisme huisves of afguns huisves – TEEN DIT wat Heilige Gees in ons wil werk.

Skrifgeleerde en Fariseer

Rasisme maak die die deur oop vir die ondenkbare verassing van Mat 7 – Nie elkeen wat vir my sê Here, Here…

Rasisme is gevaarlik, gevaarlik, gevaarlik. Satan soek jou sien en jy gee dit vir hom op n skinkbord.