John Piper het op n geleentheid in n onderhoud gesê: “I have dealt with more people who are ready to give up their Christian faith precisely because of the slowness of their sanctification, rather than because of physical harm that’s been brought to them or hurt that’s come to their life. They’re just tired.”
Dalk luister iemand vanoggend na my wat by n kruispad staan, in gevaar staan om die ewige weg te verlaat
- Nie net omdat die wereld se versoekings te veel is nie.
- Nie net omdat jy moeg is vir swaarkry nie.
- Maar omdat jy moeg is vir 2 tree vorentoe en een tree terug op hierdie eindelose weg van geloof.
- Verandering kom nie maklik nie en jy is moeg vir stuikel, val en jammer sê.
- Jy voel jy moes nou al verder op jou geestelike pad gewees het.
Ek vertrou dat Heilige Gees iets uit Sy hart met jou sal deel.
Ek luister vanoggend na “Miracles – gesing by Bethel” – The One who does impossible, is reaching out to make me whole, reaching out to make me whole.
n Boom en n kaal bos – iets waarmee die mens vergelyk word (Jer 17:5-8)
Jer 17:5-6 (AFR53) – So sê die Here: Vervloek is die man wat op die mens vertrou en vlees sy arm maak, terwyl sy hart van die Here afwyk. En hy sal wees soos n kaal bos in die wildernis, en hy sal nie sien as die goeie kom nie, maar dor plekke in die woestyn bewoon, n brakkerige en onbewoonde land.
Jer 17:7-8 (AFR53) – Geseënd is die man wat op die Here vertrou en wie se vertroue die Here is. Want hy sal wees soos n boom wat by water geplant is en sy wortels uitskiet by die stroom en nie vrees as daar hitte kom nie, maar sy blad bly groen; en in n jaar van droogte is hy nie besorg nie.
Die mens word in die 4 verse vergelyk met n kaal bos en met n boom.
- Ek gaan bietjie rondspring tussen die 2 voorbeelde vandag.
Vir die mense met groen vingers:
- Wie van julle het die laaste keer toe jy n boom om n struik geplant het jou stoel nader getrek en vir jouself gesê: “Ek gaan nou sit en kyk hoe hierdie boom groei?”.
- Hoe lank gaan jy daar sit?
- Wie van julle het die laaste keer wat jy n boom of struik geplant het verwag dat jy volgende week gaan terugkeer en volgroeide boom gaan kry?
- Wat van volgende maand?
- Wat van volgende jaar?
- NEE – As jy plant het jy langtermyn planne. 5-15 jaar verwagting.
Jer 17:7-8 sê duidelik vir ons – die mens wat op die Here vertrou is soos n boom…
Dis nie die enigste plek in die Bybel nie:
- In Joh 15 is Jesus die wynstok, Vader die Boer en ek en jy die lote wat die vrug moet dra.
- In Psa 1:3 is die mens n boom wat vrugte dra op sy tyd.
- Mat 7 vanaf vers 17 – n Mens word met n boom vergelyk wat goeie en slegte vrugte kan dra en dat die boom wat nie goeie vrugte dra nie uitgekap word.
- Op die onderwerp van vrug: Gal 5:22 noem die Goddelike eienskappe wat ons nodig het, vrugte. Die vrug van die Gees.
Naas die God en die mens is n boom een van die lewende items wat die Bybel die meeste na verwys.
- Gaan kyk gerus…
***Sonder twyfel wil ons Skepper ons laat verstaan dat ons bome in Sy tuin is en dat ons geestelike groei sigbaar is deur die vrugte aan die boom.
- Hier is die punt: Bome groei geleidelik.
- Bome groei stadig.
- Niemand van ons het n onrealistiese verwagting op n boom om volgroeid te wees en vrugte te dra binne n jaar, of 3 of 5 nadat dit geplant is nie.
- Watter onrealistiese verwagtinge plaas jy dalk op jouself??
- Moenie n 1 jaar plan of n 5 jaar plan hê nie. In terme van groei moet jy n “vir die res van jou lewe” plan hê.
- WAT EK BEDOEL: Ek mag dalk 70,80,90 jaar oud word.
- Wat is nodig tussen nou en dan om die geloof te behou en hoopvol te bly?
- PUNT 1 – Groei kom geleidelik. Wees geduldig met jouself.
- MAAR – Groei is belangrik
Wat het n boom nodig om te groei?
- Nutriente – wortel stelsel in die grond – moet geplant wees.
- Sonlig
- Water
As n boom geplant is waar sy wortels nutriente kan versamel, sonlig kry en water kry, sal dit groei.
- Maar sy groei is geleidelik.
Wat sou gebeur met my geelperske boom as ek hom hierdie jaar plant en volgende jaar dra daardie boom die mooiste, grootste geelperskes?
- Hoeveel groei so boom in n jaar? Hoe dik is sy takke? Kan die takke die gewig van hierdie groot geelperskes dra?
- Die takke sal breek en die boom vernietig.
Spr 13:11 – n Geldbeginsel (maar ook n groeibeginsel)
Rykdom wat sommerso gekom het, verminder maklik; wie bietjie vir bietjie bymekaarmaak, word ryk.
Bietjie vir bietjie – seisien vir seisoen –> maak n boom bymekaar om te groei en n sterk stam en sterk takke te kry sodat as die tyd aanbreek vir vrugte, die boom kan staan.
- As jy na n deursnit van n boom kyk, sien jy sy jaar ringe.
- Wyer jaar ringe – tekens van n goeie, nat groei seisoen.
- Nouer ringe – tekens van droogte / moeilike omstandighede in groei seisoen.
- MAAR die boom bly groei.
- n Sterk, dik stam is die resultaat van baie groei seisoene – goeie en moeilike groei seisoene.
Daarom is dit so mooi dat die mens met n boom vergelyk word.
Daarom moet jy vandag hoor: Groei kom geleidelik.
- Jy gaan goeie seisoene kry, jy gaan moeilike seisoene kry – Die sleutel is –> Waar is jou hart?
- WAAR IS JOU VERTROUE?
- Jer 17:7-8 sê – hitte gaan kom en droogte gaan kom.
- As jy iemand is wat om die Here steun, sal jou wortels die voeding diep gaan kry.
- Jou blare sal groen bly, en jy hoef nie bekommerd te wees oor n jaar van droogte nie.
- Dit mag vir jou voel of jy in sulke tye nie groei nie, MAAR as jy bly vertrou, is jy die boom.
Die tipe groei is gewoonlik nie sigbaar tot jy in die volgende seisoen kom nie.
Geleidelike groei is een ding. Geen groei, is n groot probleem.
Dis baie duidelik dat groei te doen het met vertroue in God en nie net eie poging nie.
n Kaal bos in die wildernis…
Jer 17:5-6 (AFR53) – So sê die Here: Vervloek is die man wat op die mens vertrou en vlees sy arm maak, terwyl sy hart van die Here afwyk. En hy sal wees soos n kaal bos in die wildernis, en hy sal nie sien as die goeie kom nie, maar dor plekke in die woestyn bewoon, n brakkerige en onbewoonde land.
So sê die Here – dis nie Jeremia was so sê nie, die die Here –
- vervloek is die mens wat op vlees vertrou.
- en wat sy hart van die Here laat afwyk
- (2 probleme wat groei belemmer)
n Bos vs n Boom – as ek jou lewe met een van die 2 moet vergelyk, wat sal jy kies?
- n Bos of n Boom
- n Kaal Bos of n Boom (vennote / pastore op die verhoog) as ons kon sien wat Hy sien???
- n Kaal Bos in die wildernis of n Boom wat by water geplant is.
- Watter een gaan groei?
- Die kaal bos sal nie die goeie sien kom nie.
- Die boom se blare bly groen en in n jaar van droogte is hy nie bevrees nie.
Groei kom geleidelik – dit tel nie vir hierdie persoon nie.
- Want hier is geen groei nie.
- Hier is dood.
- Die kaal bos se natuur moet verander om n boom te word.
Hierdie gedeelte praat nie van iemand wat op die geloofspad wandel, maar in n wildernis is nie.
- Vervloek is die man… ek en jy word nie vervloek as ons in die wildernis is nie.
- Die probleem is: Vertrou op die mens, hart draai weg van God af.
Is jy die boom of die bos?
- Die boom: moenie moed verloor nie… Bly geplant, hou jou hart by die Here. Jys is besig om te groei.
- Omstandighede verander, maar jy posisioneer jouself vir groei. Mag dalk stadig wees.
- Die kaal bos: Jou hart het weggedraai van die Here af.
- Waar jou hart is vererger jou omstandighede en belemmer jou groei.
- GEBED vir elkeen
Wat het n mens nodig om geestelik te groei?
Wortels moet geanker wees vir nutriente, moet sonlig kry, moet water kry.
(wat is die geestelike dinge wat nodig is vir groei van die mens)
- Die lig vir die wêreld – Nie intelektueel weet van Jesus nie. Intiem met JESUS.
- Die lewende water – JESUS
- Die brood van die lewe – WOORD
- Geplant bly
Moenie die Gees bedroef nie – Hy is jou HELPER