2 Tim 2:21 – die kern skrifgedeelte vir die volgende 2 Sondae.
2 Tim 2:21 (NLV) – As jy jouself skoon hou van die verkeerde, sal jy n kosbare item wees, n spesiale besitting van die Huiseienaar, een wat Hy nuttig kan gebruik en wat gereed is vir enige goeie taak.
2 Tim 2:21 (TPT) – “you are to be a pure container of Christ and dedicated to the honorable purposes of your Master”
Ek begin by n fluistering een oggend ontvang
Vrydag oggend 27 Mar 2020 was 1e dag van n beplande 21 dae lockdown weens Covid19
- Vroeg oggend is my slaap onderbreek deur n fluistering in my gees
- 2 woorde: “Persoonlike reinheid”.
- SO duidelik vir my, dit kon net sowel hoorbaar gewees het.
- En sedertdien, n konstante gedagte teenwoordig by my.
Vanoggend se fokus is op deel 1 van 2 Tim 2:21
“As jy jouself skoon hou van die verkeerde”…
- By implikasie – n verantwoordelikheid aan my kant… “Persoonlike reinheid“
Daarom skryf n geestelike pa vir sy geestelike seun en sê: Timoteus, hou jouself skoon van die verkeerde.
As kuiergaste kom kuier
Die huis word skoongemaak, veral die gastekamer –> gewas, ruik lekker, skoon beddegoed, geskenkie op die bed, welkom hier by ons.
Die Gees van die Vader, die Gees van die Seun –> Heilige, Heilige Gees is die kuiergas in Tempel van n gelowige.
- n Kuiergas wat eintlik kom intrek met die intensie om te bly.
- Hoe lyk my en jou se tempel?
- Ons doen geweldig moeite om vir mense skoon te maak en welkom te laat voel.
- Maar ek dink nie 2 keer om myself te besoedel nie–> Mense kry God status en HG junk status
Dink julle nie dat Heilige Gees dieselfde verdien (inteendeel meer) en dat ek met n uiterse mate van belangrikheid die dieptes van my hart, siel, gedagtes tempel moet skoonhou vir die Heilige Gees wat daar kom bly nie? –> Welkom Heilige Gees.
Wat besoedel my tempel? – Lees die verse:
1 Cor 6:9-11 – TPT, Gal 5:19-21 – TPT, Efe 4:31, Ope 21:8
- 4 skrifte met dinge wat my besoedel.
- Hoe belangrik dink julle is die volgende hartsopenbaring?: Van hierdie dinge is deel van my lewe.
- HARTSEER: Gelowiges wat vinger wys oor sekere dinge (terwyl ander elemente by hulle teenwoordig is).
- 1 Kor 6 – diewe, dronkaards, homoseksualiteit – MAAR wat van geldgieriges, kwaadpraters (verbal abuse), bedrieers / bedrog pleeg?
- Nie een van hierdie sal die koninkryk van God beerwe nie.
- Gal 5 – seksuele sondes, dronkenskap, wilde partytjies – MAAR wat van jaloesie, woede, rusie, afguns?
- Wie sulke dinge doen sal nie die koninkryk van God beerwe nie.
- Efe 4:31 – Raak ontslae van (hou jouself skoon) – bitterheid, woede, wraak, gevloek en geskel.
- Ope 21:8 – moordenaars, seksuele sondes, towenaars. MAAR wat van Oneerlikes, onbetroubares, korruptes, leuenaars?
- Die poel van vuur.
*** Persoonlike reinheid: n oopheid / bereidwilligheid vir Heilige Gees om vinger te wys en ek wat met baie erns aandag gee aan dit waarop Hy Sy vinger plaas. ***
- En NIE n pad van vinger wys en fout soek met ander nie.
ONTHOU:
- Ek het hierdie fluistering ontvang.
- Dink julle die Heilige Gees fluister 4am in die oggend vir my om preektemas te gee?
- Of dalk – my Seun, ek wil n pad met jou stap. Kyk na jou persoonlike reinheid.
n Aktiewe strewe na reinheid, help my op Hom beter te sien. Besoedeling van 1 Kor 6:9-11 en Gal 5:19-21, verblind my.
Hoekom persoonlike reinheid? – Mat 5:8 – Geseend is die wat rein van hart is want hulle sal God sien.
- Reinheid van hart is n kondisie wat my sal help om eendag God te sien (1 Joh 3:2) en om nou dit wat Goddelik is te kan sien.
OEFENING: (sonbrille oefening) – in swak verligte ouditorium – sien nie die volheid nie.
- VIBRANT HEARTS – donker plekke van die hart verlig, om God beter te kan sien.
Hoe??: Geniet Hom meer, nie net harder probeer…
Friedel, hoe kan die genot in God my help om die oomblik se stryd te oorkom???
Kom ek verduidelik:
- Wat ek bedoel is om oor weke, maande, jare my kapasiteit op te bou om Jesus Christus in jou lewe te geniet.
- Wat bedoel jy?
- Die rede hoekom 1 Kor 6 en Gal 5 elemente teenwoordig is en dit gelowiges nie eintlik pla nie is omdat Jesus Christus so min appèl op daardie gelowige se lewe het.
NB!!: Wilskrag is baie belangrik in ons stryd teen onreinheid, maar wilskrag alleen sal NOOIT die monster van sonde en die genot daarvan oorkom nie.
Kol 2:20-23 (NLV) Wat NIE gaan werk nie – Aangesien julle, deur saam met Christus te sterf, die bose wêreldse magte afgesterf het, waarom leef julle nog volgens wêreldse voorskrifte soos: “moenie vat nie”, “moenie dit eet nie” en “moenie aanraak nie”? Dit is alles dinge wat verbruik word en vergaan – soos dit gaan met mensgemaakte voorskrifte en leringe. Met hulle selfuitgedinkte godsdienstige toewyding, selfvernedering en streng liggaamlike dissipline het hierdie voorskrifte nogal die reputasie dat hulle wysheid bevat. Inderwaarheid is hulle nutteloos vir die beheer van die sondige geaardheid.
- Die poging om al die “moenies” aan te spreek deur wilskrag van godsdienstige toewyding, selfvernedering en streng liggaamlike dissipline
- Gaan Christenskap vir jou net oor moet’s en moenie’s?
- Is dit wat jy hoor as ek van persoonlike reinheid praat?
- Dan mis jy waaroor dit gaan (meer daaroor in n oomblik).
- “streng liggaamlike dissipline” – liggaam jy is stout. Jy moet stop… – mag dalk klink soos n wyse benadering MAAR:
- Friedel – stop dit, stop dit, stop dit – en n teleurstelling in myself as dit nie gebeur nie.
- Dit is nutteloos vir die beheer van die sondige geaardheid.
- Selfbeheersing uit jouself uit of die groei van selfbeheersing as die vrug van die Gees.
Wat is die alternatief? 2 verse later
Kol 3:2 ‘Aangesien julle saam met Christus tot ’n nuwe lewe opgewek is, streef na die dinge wat daarbo by Christus is, waar Hy aan die regterhand van God sit. ‘
- n Jesus Christus fokus, nie net op die moenies en self-dissiplines nie.
- n Fokus op die beeld en glorie van Jesus Christus in jou hart ***?
Psalms 16:11 ‘You will show me the path of life; In Your presence is fullness of joy; At Your right hand are pleasures forevermore.’
- In sy regterhand: pleasures (NKJV), blydskap (83), lieflikhede (53)
- Hierdie “fullness of joy”, pleasures / lieflikhede is die einste ding wat in die wat dit smaak se lewe n die genot van sonde begin oorskadu.
- Dis nie moeilik om nee te sê, afstand te wil doen van enige onreinheid nie, want jy het n groter skat ontdek.
DIE PUNT: Die geheim van persoonlike reinheid lê nie daarin om genoeg wilskrag te hê om nee te sê vir al die moenies van 1 Kor 6, Gal 5, Efe 4 en Ope 21 nie.
- Natuurlik begin dit by die wil om nee te sê vir die dinge.
- Hoe kan ek nee sê vir die dinge wat so aanloklik is vir my vlees?
- Dis wanneer die Persoon van Jesus Christus (vir wie ek ja sê) by verre groter waarde het in my lewe as dit waarvoor ek nee sê (die lys van sondes).
- “How do I fight the pleasures of sin? With another pleasure.” – The pleasure of JESUS
- n Sleutel na persoonike reinheid is om verlief te raak op Jesus.
- Die soetheid van Jesus gee die werke van die vlees n wrang smaak.
My beste tyd vir Hom gee… (Psa 27:4 to behold the beauty of the Lord) – sonbrille verhinder “Behold”
- To stand in awe and be amazed – you take my breath away.
Witbroodjie… As jy jouself skoon hou van die verkeerde, sal jy n kosbare item wees, n spesiale besitting van die Huiseienaar
- Geniet Hom meer, nie net harder probeer
- n geheim tot die oorwinning van Sonde
1 Cor 6:9-11
Moenie julleself mislei nie. Mense wat ’n onsedelike lewe lei, afgodsdienaars, egbrekers, manlike prostitute en die mans wat met hulle omgaan, 10diewe, gierigaards, drinkers, kwaadpraters, swendelaars – nie een van hierdie mense sal deel kry aan die koninkryk van God nie.
Gal 5:19-21
Die dinge wat ons sondige geaardheid ons laat doen, is bekend: seksuele sondes, onreinheid, losbandigheid, afgodery, towerkuns, vyandigheid, rusie, jaloesie, woede, selfsugtige ambisie, verdeeldheid, partyskappe, afguns, dronkenskap, wilde partytjies en al sulke dinge. Ek herhaal my vroeëre waarskuwing oor hierdie dinge: Wie sulke dinge doen, sal nie as erfgenaam deel hê aan God se koningsheerskappy nie.
Efe 4:31
Raak saam met alle ander slegte dinge ontslae van alle bitterheid, woede, wraak, geskel en gevloek. 32Wees eerder vriendelik met mekaar. Gee vir mekaar om. Vergewe mekaar soos God julle vergewe het op grond van wat Christus gedoen het.
Ope 21:8
“Maar vir die oneerlikes, onbetroubares, korruptes, moordenaars, persone wat seksuele sondes doen, towenaars, afgodsdienaars en al die leuenaars wag die poel wat met vuur en swael brand. Dit is die tweede dood.”
Psa 27:4
Here’s the one thing I crave from God, the one thing I seek above all else: I want the privilege of living with him every moment in his house, finding the sweet loveliness of his face, filled with awe, delighting in his glory and grace. I want to live my life so close to him that he takes pleasure in my every prayer.