Opsomming van laasweek belangrike punte: – Wat was die hoofdoel van Jesus se koms? (Vind Deel 1 van die boodskap hier)
- Jesus Christus het aarde toe gekom om aan die kruis te sterf en mense van sondemag te verlos – dis ons aanneming tot kindskap.
- Jesus Christus is die Een wat ons sou doop met die Heilige Gees en met vuur – vir ons roeping.
- Die 2 boodskappe is die kern van die evangelie (profesieë uit OT).
- Maar anders as in Handelinge, is die redding van die kruis en waterdoop waar meeste gelowiges stop, en die dunamis bekragtigende doping met die Heilige Gees bly n onbekende.
Ek het laasweek se boodskap afgesluit met n skrif en n vraag:
LUKAS 11:11-13 ‘“As julle sondige mense dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle hemelse Vader die Heilige Gees gee vir hulle wat Hom vra.”’
As ons almal die volheid van Heilige Gees kry tydens wedergeboorte, hoekom moet ons die Vader vra vir die Heilige Gees?
DEEL 2 (begin):
Ek wil verduidelik in die vorm van 3 doop tipes waar Heilige Gees n rol speel:
- Hand 2:38 – Bekeer –> Laat jou doop –> Jy sal die gawe van HG ontvang
- 3 doop tipes: HG doop ons in Jesus –> Dissipel doop ons in water –> Jesus doop ons met die HG
- Dit kan op dieselfde dag gebeur – maar aparte gebeurtenisse.
1. Die Heilige Gees doop ons in Jesus
(ontvang ek die Heilige Gees met wedergeboorte?)
Om eerlik te wees, jy kan nie eers wedergebore raak sonder Heilige Gees nie
- 1 Kor 12:13 “Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam (van Jesus)…”.
- Heilige Gees Bring my na Jesus toe
- Hand 2:37 – “toe hulle dit hoor, was hulle diep in hulle harte getref…”
- Dit was Heb 4:12 “Die woord van God is lewend en kragtig en skerper as n tweesnydende swaard … en is n beoordeelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart.”
- Efe 6:17 – die swaard van die GEES is die woord van God.
- Ons harte word diep getref want dis Heilige Gees wat die swaard van die woord gebruik om ons harte te sny en ons te lei tot bekering.
- Joh 16:8 – Heilige Gees oortuig die wereld van sonde, geregtigheid en oordeel.
- Heilige Gees begin aktief raak in die lewe van n gelowige met wedergeboorte.
- Agv wedergebore, gaan jy begin agterkom en leer hoe HG met jou werk – geestelik lewend gemaak
1.1 Gou terug by die skepping van Adam
Gen 2:7 – En die Here God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van lewe geblaas. So het dan die mens n lewende siel geword.
- Vader blaas en die mens kry lewe + mens verloor iets met sondeval + jy sal sekerlik sterwe
1.2 Die opstanding: Jesus (die 2e Adam) verskyn aan die 11 dissipels
Joh 20:19-22 (die aand van opstandingsdag – deure is gesluit en dissipels is bymekaar).
- Jesus in hulle midde en sê: “Vrede vir julle”. “Soos die Vader My gestuur het, stuur ek julle ook”.
- Joh 20:22 – “Nadat Hy dit gesê het, blaas Hy op hulle en sê vir hulle: ‘Ontvang die Heilige Gees’.”
Wat is hierdie: “blaas” en “ontvang die Heilige Gees”?
- Die voorhangsel van allerheiligste skeur toe Jesus sterf. 3 dae later blaas Hy…
- In die tuin van Eden het die Vader geblaas en Adam het n lewende siel geword.
- God die Seun kom blaas die keer en met die woorde: ontvang die Heilige Gees – die herstel wat verlore geraak het tydens die sondeval.
- Die lewend maak vanuit ons sondige dooie kondisie – regenerasie – ons wedergeboorte.
- Deur die Heilige Gees se invloed en dan gereed vir die Heilige Gees se invloed .
Van die dag af begin ons transformasie –
- Ons word n nuwe mens.
- Die Gal 5 vrugte van die Gees ontwikkel in ons lewe – HG werking produseer hierdie vrug.
- Die Woord van God raak vir ons lewendig – ALLES AGV WEDERGEBOORTE + HG werking
Heilige Gees doop my in Jesus.
MAAR: Tog sê Jesus vir hierdie selfde dissipels in Luk 24:49 – bly in Jerusalem en wag vir die belofte van die Vader – tot julle toegerus is met krag uit die hoogte.
Die dag van Pinkster
Hand 2:1-4 (1983) “Toe die dag van die pinksterfees aanbreek, was hulle almal op een plek bymekaar. 2 Skielik was daar ‘n geluid uit die hemel soos van ‘n geweldige stormwind, en dit het die hele vertrek gevul waar hulle gesit het. 3 Hulle het iets soos vuur gesien wat in tonge verdeel en op elkeen van hulle gekom het. 4 Almal is met die Heilige Gees vervul en hulle het in ander tale begin praat soos die Heilige Gees dit aan hulle gegee het om onder sy leiding te doen.”
Ons kyk na die dissipels se lewe – reeds tot geloof, reeds in bediening:
- Jesus het terwyl Hy op aarde was hulle reeds uitgestuur om die koninkryk te verkondig, siekes te genees en duiwels uit te dryf *** en hulle was al besig daarmee met resultate.
- Luk 9:1-2 “Hy het sy 12 dissipels saamgeroep, hulle mag en gesag gegee oor al die duiwels en om siektes te genees. En Hy het hulle uitgestuur om die koninkryk van God te verkondig en om siekes gesond te maak.
MAAR 50 dae later op pinkster: Die koms van die belofte van die Vader
- Geluid uit die Hemel, 2. Rukwind, 3. Tonge van vuur en 4. spreek in vreemde tale.
- Almal in die vertrek is met die Heilige Gees gevul.
- En ons sien n geweldige vergroting / vermeerdering van vrug op hul arbeid
n Aparte Gebeurtenis – van wedergeboorte / tot geloof kom
(nie te sê dat dit nie op dieselfde dag as jou wedergeboorte kan wees nie)
- Eerste voorbeeld – die dissipels self (sopas genoem).
- Hand 8:14-17 “Toe die apostels in Jerusalem hoor dat die mense in Samaria die woord van God aanvaar het, het hulle vir Petrus en Johannes daarheen gestuur. 15 Dié het toe gegaan en vir die mense daar gebid dat hulle die Heilige Gees mag ontvang, 16 want die Gees het nog nie op een van hulle gekom nie; hulle was net in die Naam van die Here Jesus gedoop. 17 Die apostels het hulle die hande opgelê, en hulle het die Heilige Gees ontvang.”
- Gelowiges wat gedoop is – maar nog nie HG ontvang het nie.
- Is gelowiges nie veronderstel op HG te hê nie.
- Onthou – Ons praat oor die “doping met die Heilige Gees” – n aparte gebeurtenis
- Hand 19:1-7 ‘Terwyl Apollos in Korinte was, het Paulus deur die binneland gereis en in Efese gekom. Daar het hy ‘n groepie gelowiges gekry vir wie hy gevra het: “Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle gelowig geword het?” “Ons het nog nie eens gehoor of die Heilige Gees al gekom het nie,” het hulle geantwoord. “Watter soort doop het julle dan ontvang?” vra hy toe. “Die doop van Johannes,” antwoord hulle. Daarop sê Paulus: “Johannes het die mense gedoop as hulle hulle bekeer het. Maar hy het vir die volk gesê dat hulle in die Een moet glo wat ná hom kom, dit is in Jesus.” Toe hulle dit hoor, het hulle hulle in die Naam van die Here Jesus laat doop. Paulus het hulle ook die hande opgelê. Toe het die Heilige Gees op hulle gekom, en hulle het ongewone tale of klanke gebruik, en hulle het geprofeteer. Hulle was altesaam omtrent twaalf. ‘
- Reeds gelowiges wat daarna gedoop is, met handoplegging ontvang hulle later die Heilige Gees en tale en profesie.
DIE PUNT:
- Wedergeboorte kom agv n HG werking in ons lewe.
- As nuut gebore kind van God begin Heilige Gees se werking in my lewe – n HG transformasie.
- Ek verander – Ek ontwikkel die Gal 5 vrug van die Gees – agv Heilige Gees se invloed in my binneste.
- n Pragtige gelowige: baie vrug van die Gees, maar wat nie opereer in die gawes van die Gees nie.
- MAAR dit is nie die doping met die HG nie.
- In die Bybel – Jesus en ander gelowiges het n radikale vermeerdering van koninkryk impak gesien in bediening voor hul doping vs na hul doping met HG.
- Wonder jy soms: Waar is die krag? Hoe gaan ek groter vrymoedigheid kry? Vrees vir mense oorkom?
- “Ek het nie die gawes nodig nie, ek mis dit nie” – jy settle vir 2e beste.
Hand 2:37 Wat moet ons doen broeders? (Hoe kan ek die doping kry?)
Hand 2:38
- Bekeer jou – word wedergebore – HG doop jou in Jesus.
- Laat jou doop – die water doop van n gelowige is baie baie belangrik – n Dissipel doop jou in water.
- En jy sal die gawe van die HG ontvang – Jesus sal jou doop met die HG.
- Luk 11:13 – Vra die Vader (vra wat kom uit n intense begeerte) – vriend wat aanhou klop in die middel van die nag.
- Dit moet jou intense begeerte wees om Hom te verheerlik.
- Nie vir jou eie naam nie.
- 1 Joh 5:14 – God verhoor ons as ons iets vra volgens Sy wil – Is HG Sy wil vir ons? JA
- Volgens Mark 11:24 – Alles wat julle in gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang en julle sal dit verkry.
***(Hand 2 en Hand 4) – Petrus se doping en vulling – meer as een keer
Wat kan ek verwag? Hoe sal ek weet?
Meeste van die Handelinge voorbeelde: Spreek in tale het gepaard gegaan met die doping van die Heilige Gees.
- Hierdie is wel maar een van n paar gawes wat ons van lees in 1 Kor 12. (nie tyd vir detail)
Friedel, solank ek nie val nie, nie histeries begin lag nie, niks snaaks gebeur (manifestasie)nie…
- Handelinge 2 – buitestanders het gedink hulle was dronk. (gelag? geval?)
- Begeer / verafsku nie die manifestasie nie – begeer die aanraking van God (jy gaan nie n duiwel kry as jy vir Heilige Gees vra nie)
Jy sal weet – meeste bybelse gevalle het een of ander bonatuurlike gepaardgaande voorval.
GEBED: My wil in ruil vir U wil, Ek gee nie om wat gebeur nie, ek weet ek is in Veilige Hande. Al wat ek soek is meer van U –> Doop my met U Gees –> Begin van die begeerte…