Boodskap/Preek oor: Identiteit

My identiteit – deel 1
Identiteit: die unieke manier hoe ons onsself definieer / hoe jy definieer wie jy is.
Die kern probleem
Om te begin om ons nuwe identiteit in Christus beter te verstaan, moet ons teruggaan na die begin toe om die kern probleem wat ons het, beter te verstaan.
• My probleem is my optrede, my gedrag – ek jok, steel, manupileer, begeer, egbreek ens.
• Hierdie is slegs simptome van ons kern probleem.

Rom 5:12 (Afr53) – “Verder nog dit: Deur een mens het die sonde in die wêreld gekom en deur die sonde die dood, en so het die dood tot al die mense deurgedring, omdat almal gesondig het.

Ons dieper probleem is nie sonde nie, dit is die dood.
• Adam het gesondig en die mensdom het geestelik gesterf, so sonde het dood gebring.
• Maar vir almal op aarde vandag: die mens word geestelik dood gebore en daarom sondig hy. (Die kern probleem: die mens sondig want hy is geestelik dood)
Die Oplossing:

n te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.”
• Jesus het gekom om lewe te bring waar dood geheers het –> Die enigste antwoord!

Die verandering – “oorgebring”
(sketse??)
Kol 1:13 (Afr53) – Hy wat ons verlos het uit die mag van duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van Sy liefde.
• Ons is verlos, nie deur eie poging nie. Deur Jesus Christus alleen.
• Toe ons verlos is, is ons oorgebring van die koninkryk van duisternis na die koninkryk van die Seun.
• Ek en jy kon onsself nie oorbring van die een koninkryk na die ander nie.
o Ons is uit Adam uitgehaal en in Jesus Christus geplaas.
o LET WEL: Redding / wedergeboorte is nie net vergifnis nie.
o 1. Ons is vergewe, 2. Ons is lewendig gemaak, 3. Ons ligging het verander, 4. ons natuur het verander, 5. ons identiteit het verander.
 (Herhaal almal saam)

Rom 6:3-6 (NLV) – lees saam almal.
• In ‘n geestelike konteks:
o Jesus het nie net vir ons sonde gesterf nie, ons het saam met Jesus gesterf.
o Jesus is nie net vir ons begrawe nie, ons is saam met Hom begrawe.
o Jesus is nie net vir ons opgewek nie, ons is saam met Hom opgewek.
o Met ware wedergeboorte, het MASSIEWE veranderinge plaasgevind.

Die ou, sondige self
Het jy een (‘n ou, sondige self), of het jy een gehad?
Wat sê Rom 6:6 (NLV)?
Dit praat van ‘n ou, sondige self wat saam met Jesus gekruisig is.
• Die ou, sondige self (anders gestel, jou ou natuur) is dood vir God, maar lewendig vir sonde.
• Na wedergeboorte is ons dood vir sonde maar lewendig vir God – met ‘n nuwe natuur!!
• Ons is nie 2 mense met 2 geestelike harte of 2 geestelike nature nie. Dis of die een of die ander.
o Ons het nie ‘n goeie hart en ‘n slegte hart nie / ‘n goeie self en slegte self nie.
o Ons ou self is aan ‘n kruis vasgenael en het gesterf.
o Ons is opgewek en is ‘n nuwe skepping — Halleluja!

Oorgebring met ‘n nuwe identiteit:
• Ek is nou ‘n seun van God / ‘n dogter van God – ‘n erfgenaam van al sy beloftes.
• Hierdie is jou nuwe identiteit en word nie meer bepaal deur aardse gebeure nie.

* Ek is ‘n nuwe skepping * nuwe natuur * nuwe hart * lewendige gees * nuwe begeertes
Hoekom sukkel ek dan steeds met sonde?
Hoekom gee ek soms steeds in tot versoekings?
1. Die vlees
• Die vlees is nie ons hart of ons geestelike natuur nie.
• Die vlees is nie jou ou self nie. Jou ou self (natuur) is dood, onthou.
• Daar is nie ‘n ou self en ‘n nuwe self in ons nie. Dis of die een of die ander.
• Wat is die vlees?: Ons bly in ‘n vleispaleis – met ou denkpatrone, ‘n wil, emosies, gedragspatrone, “coping” meganismes, ons bedryfstelsel –> MOET VERNUWE WORD??

Die nuwe ek, met ‘n nuwe natuur, bly in ‘n vleispaleis met ‘n sekere geprogrammeerde bedryfstelsel wat her-geprogrammeer moet word.

My stryd teen versoekings is nie ek wat sleg is nie!! (ek het ‘n nuwe hart, maar nie ‘n nuwe brein nie)

Rom 12:2 moet nie aan hierdie wêreld gelykvormig word nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed (be transformed by renewing your mind)
• In Christus is ek nuut gemaak met ‘n nuwe identiteit.
• Ou denkpatrone kom ons pad langs –> God se Gees en God se waarheid kap nuwe pad!!!
2. Die sonde

Sonde is in die wêreld. Vir die persoon wat wedergebore is:
• Sonde is nie jy nie.
• Sonde is ‘n mag wat tot jou kom, wat jou wil oorheers. Ons lewe in ‘n gevalle wêreld.
Gen 4:7 – … die sonde lê en loer voor die deur en sy begeerte is na jou, maar jy moet daaroor heers.

Verstaan Paulus beter: Rom 7:15 en 17 – Lees.

Sondige gedagtes kom nie uit jou nuwe natuur nie. Dis uit jou vlees se ou denkpatrone en weens die mag van sonde wat in die wêreld is.

Hoe heers ons?
• Jou eerste gedagte kan sondig wees.
• Maar wat is die 2e gedagte? –> Kan jy die eerste erken as sonde, en dan iets anders kies?

• Ek is in hemelse plekke saam Hom, met Sy Gees binne my en Hy nooi my uit na ‘n verhoudingspad waar Hy my help om hierdie denkpatrone te verander.
• En so begin ons oorwinning kry oor sonde.
Opsomming: –> Die openbaring hiervan is die fondasie van ‘n lewe leef met meer betekenis.

Nuwe identiteit
As jy wedergebore is, is sonde nie jou identiteit nie / nie jou “core” nie.
• Sonde is in jou, maar Sonde is nie jy nie –> Dis ‘n groot verskil.

Ek is:
• ‘n kind van God. Ek het ‘n goeie pa.
• Ek is vergewe.
• Ek is nuut gemaak, met ‘n nuwe hart, met ‘n nuwe identiteit.
• Ek is geregverdig.
• Ek is oorgebring uit duisternis uit, en in Jesus geplaas / geplant.
• Ek sit in hemelse plekke saam Jesus.
• En ek wil sondig… (nee jy wil nie)

NEE: sonde wil sondig. Dis ‘n groot verskil.

Ons kan nie die verskoning gebruik: Die duiwel het my dit laat doen nie.
• Ons het ‘n verantwoordelikheid om te heers. Saam Heilige Gees.
• Maar moenie in fetus posisie intrek en die leuen glo dat jy sleg is nie.
• Jou pa kyk nie meer so na jou nie.