Boodskap/Preek oor: Is daar vrug in jou lewe? Deel 2.

Is daar vrug in jou lewe? (deel 2)
Laasweek:
• Wanneer ons in Christus is, daar ‘n Wynboer se hand op ons lewe is om vrug uit ons lewe voort te bring.
• Die dra van vrug is nie opsioneel nie – Joh 15:16
• Die Wynboer reageer anders teenoor lote afhangend van of ons in Jesus is of nie in Jesus is nie.
• Wanneer ons nie vrug dra nie, sal die Wynboer oorgaan tot aksie om vrug uit ons voort te bring.
• As jy Deel 1 gemis het, gaan kry dit op Youtube. Dis ‘n belangrike fondasie vir vandag se Woord.

LEES: Joh 15:1-8 (Afr53)

As ‘n Loot nie vrug dra nie. (die balk in jou eie oog…)
Sonde is ‘n hoof rede dat ‘n loot wat in Christus is, nie vrug dra nie (ongehoorsaamheid is sonde):
• **Hoeveel keer gaan jy met jou seun praat oor sy kamer opruim, en hy doen dit nie. Later gaan dit nie meer oor die kamer alleen nie, dit gaan ook oor die feit dat hy nie na jou luister nie.
• Hoe reageer die Wynboer as sonde vrug verhinder? Die Here dissiplineer ons.

Deu 8:5 (Afr83) – Jy moet diep in jou hart weet: soos ‘n man dissipline by sy seun kweek, so het die Here jou God jou dissipline geleer.

NT: Heb 12:5-8 (Afr83) – … My seun, ag die tugtiging van die Here nie gering nie en beswyk nie as jy deur Hom bestraf word nie; want die Here tugtig Hom wat Hy liefhet en kasty elke seun wat Hy aanneem. As julle tugtiging verdra, behandel God julle as seuns; want watter seun is daar wat die vader nie tugtig nie? Maar as julle sonder tugtiging is, wat almal deelagtig geword het, dan is julle onegte kinders en nie seuns nie.

As ‘n seun / dogter gaan volhard in sondige gewoontes, sal dit vrug in hul lewe verhinder.
• ‘n Liefdevolle Vader gaan intreë om Sy kind te tugtig.
• Dis nie lekker om die woord “Tug” te hoor nie. Maar dis ‘n probleem as ons nie getug word nie.
• Dit beteken ons is nie kinders nie. Ons is nie in die wynstok nie. As jy in die wynstok is en nie vrug dra nie (Jy is ‘n kind in die huis – Jou Vader se tug is goed vir jou)

Heb 12 leer ons: Liefdevolle dissipline is ‘n nodige deel van elke gelowige se lewe.
• Maar in tye van dissipline is ons teleurgesteld omdat ons Christelike wandel nie is wat ons verwag het dit moet wees nie, want dis seer en moeilik.
• Ons verstaan dalk nie eers dat dit moontlik tugtiging kan wees nie, Wat nog te sê dat jy geliefd voel nie. (die Here tugtig Hom wat Hy liefhet en kasty elke seun wat Hy aanneem).
• Sidenote: Jer 31:28-29 maak dit duidelik. Iemand se geliefde moeder het nie gesterf omdat hulle sonde gedoen het en haar afsterwe hulle kinders se tugtiging is nie.
o Jou seun is nie stout en dan vat jy jou dogter se selfoon vir ‘n week weg nie.

Is ek nou in ‘n tyd van tugtiging?
• As jy nou terugkyk op jou lewe, is daar sondige gewoontes, wat jy weet nie daar hoort nie?
• Vir jare loop mense met onvergewensgesindheid, bitterheid, Heilige Gees wat kom bewustheid skep van iets wat nie in hulle lewe hoort nie, maar ons luister nie altyd na Hom nie.
• Ons wil nie luister nie en rek ons tye van dissipline onnodig uit.