Seuns van Issaskar (1 Kron 12:32)– wat die tekens van die tye verstaan…
As die vervangingsteologie waar is:
- Verduidelik Rom 11.
- Verduidelik vir my 18 Maart 1948 – Israel wat weer ‘n nasie word na 2000 jaar.
Ons het gesels oor die vyeboom (wat Israel verteenwoordig) en profeties hoe daardie vyeboom uitgesterf het en weer in 1948 begin bot het toe Israel na feitlik 2000 jaar weer ‘n nasie begin word het.
- ‘n Massiewe profetiese vervulling – God versamel die Jode vanuit die nasies na hul eie land.
- Jesus het gesê: Hierdie generasie sal nie uitsterf voor alles gebeur nie.
Ek wil vandag hoofsaaklik tyd spandeer met Psa 83 en Ese 38, Dan 10-12
- 2500-2800 jaar oue profetiese woorde wat in ons generasie uitspeel.
- WANT: Jes 46:9-10 (Afr83) – Ek is God, daar is niemand soos Ek nie. Ek kondig vantevore aan wat later sal kom, lank tevore al wat nog nie gebeur het nie.
- Speel dit wat die Here 2600-2800 jaar gelede gesê het nou af, in ons tyd?
Huidige gebeure: Psa 83 – Profetiese skrewe van Asaf
‘n Psa van Asaf – 2 Kro 29:30 vertel vir ons dat Asaf ‘n siener / profeet was.
(Lees Psa 83 Afr83 – Vers 1-9 en 14-17)
Dit praat hier van ‘n groepering van nasies wat ‘n verdrag gesluit het (teen God) en verklaar: “Kom ons vee Israel van die aarde af, sodat die naam van Israel nie meer onthou word nie.”
- Edom (Suidwes Jordanië), die Ismaeliete (Arabiese nasies), Moab (Jordanië), Hagar (Ma van Ishmael – dus ook Arabiese nasies), Gebal (Lebanon omgewing), Ammon (Noorde van Jordanië en areas van Sirië), Filistea (area van Gaza), Tirus (Stad in Lebanon), Assirië (Sirië/Iran/Turkye), nageslag van Lot (Moabiete/Ammoniete – Jordanië).
- In ons tyd vandag hoor ons hierdie dreigemente van nasies: “Ons sal Israel uitwis”.
- Amos 9:14-15 en Jeremia 31 à Israel sal nie ophou om ‘n nasie te wees nie.
- Die woord van God teen die word van die konings van die aarde.
Huidige gebeure: Ese 38 – lees die hoofstuk dele
- Ese 36 en 37 profesie het reeds tot vervulling gekom (Israel versprei oor al die nasies van die aarde en dan die vallei van droë bene wat lewendig word).
- Nadat die droë bene weer lewe, kom Esegiël 38 se woorde:
Lees vers 1-6
Dit praat van ‘n leier wat “Gog” genoem word – van die land Magog, die prins van Ros, Meseg & Tubal.
- Die prins se aangesig is weggedraai van Israel af, maar die Here sit ‘n haak in sy mond om hom terug te draai en te forseer in die stryd met Israel in (vers 4 – in Afr83).
- Die areas gekoppel met Persoon Gog is Rusland (lees vers 15 – “uithoeke van noorde”).
- Rusland se direkte probleem is nie met Israel nie, maar Rusland se maatjies stamp vandag koppe met Israel.
- Is Rusland se huidige teenwoordigheid in Sirië en al hoe nader aan die Noord grens van Israel die begin van Ese 38 oorlog? Ons weet nie, maar verhoudinge is nou in plek.
Ese 38:7 (Afr53) – Hou jou reg, maak jou klaar, jy en al jou menigtes wat by jou vergader het en wees vir hulle ‘n leidsman.
- Gog, die prins van Magog wil nie, maar die Here forseer en beveel hom om sy maatjies Persië, Ethiopië en Libië te lei in die aanval teen Israel.
Wanneer??? Het Ese 38 êrens in die verlede gebeur, of moet dit nog afspeel???
Ese 38:8 (Afr53) – Na baie dae, sal jy bevel ontvang; aan die einde van jare sal jy ‘n land intrek wat van die swaard weer reggekom het, wat versamel is uit baie volke, op die berge van Israel wat gedurigdeur as puinhoop daar gelê het – ja, dit is uit die volke uitgebring en hulle woon almal in veiligheid.
- Wanneer is hierdie mense? Het dit al gebeur? Of iets wat gaan gebeur na 1948.
- Na baie dae, aan die einde van die jare, wanneer Israel weer in hul land is
Gog sal sê (vers 11): “I am going to invade this land of unwalled villages”
- Hedendaagse Israel se dorpe het nie mure nie. Ou dae se Israeliese dorpe het mure om gehad.
- Het dit al gebeur of is ons nog oppad daarheen?
Wat is Magog en maatjies se lot?
Ese 38:18-23 (lees) – Wat die Here gaan doen as Israel ingeval word.
- Hy gaan Sy Naam verheerlik voor die oë van baie nasies.
- Ese 39:12 sê dit gaan vir Israel 7 maande neem om Gog se weermag te begrawe en land te reinig.
Nog ‘n rolspeler in Esegiël 38:5 –> Paran / Persië
- Wie is Persië? –> in 1935 het ‘n naamsverandering plaasgevind: IRAN
- Vir die oorlog om plaas te vind moet Persië / Iran en Israel vyande wees.
- Weet julle dat Iran en Israel in 1948 vriende was met mekaar. Naas Turkye was Iran die 2e Muslim land wat Israel in 1948 erken het as ‘n nasie.
- In 1979 was daar ‘n Rewolusie in Iran – Die Ayatolah het die Koning / Shah vervang en oornag het die radikale islamitiese uitkyk vyandig teenoor Israel geraak.
Vir dekades is Israel en Iran soos 2 hoërskool seuns wat mekaar dreig
Op 14 April hierdie maand val Iran vir die 1e keer ooit Israel aan na Israel vir 2000 jaar nie bestaan nie.
- Is vandag se gebeur vervulling van God se profetiese woorde vriende? JAAAAAAA
- Dis nog nie die Esegiel 38 oorlog nie, maar dit is oppad.
Ese 38 noem hierdie nasies wat in vehouding gaan staan en Israel gaan inval. Kan julle sien dat die verhoudings in plek is en dat die eerste skoot gevuur is? (onthou vers 8, na baie dae…)
Iran verwys na hul muur van vuur teen Israel.
Iran se leiers verwys na hul muur van vuur rondom Israel.
Sag 2:5 (NKJV) – For I, says the Lord, will be a wall of fire around her (Jerusalem) and I will be the glory in her midst.
***Jonathan Kahn help my om hierdie misterie te verstaan:
Huidige gebeure: Daniel 10 en 12
Hemelse wese (Jesus) verskyn aan Daniël en sê: Sy gebed is van dag 1 verhoor, maar daar was ‘n stryd in die hemele teen…. (wie) die Prins van Persië (‘n demoniese wese wat oor Iran heers)
- Dan 10:14 (Afr53) – Ek het gekom om vir jou inligting te gee oor wat jou volk aan die einde van die dae te beurt sal val, want die gesig sien nog op die verre toekoms.
- Dan 11 praat die Wese oorlog en van konings van Persië, koning van die Noorde, koning van die Suide en van bondvennootskappe.
- En van ‘n koning wat gaan opstaan en homsel groter ag as al doe gode – Antichris (meer volg week)
Woorde gespreek aan Daniël en Esegiël speel in hierdie generasie af.
Hoeveel tyd het ons oor vriende?
Psa 2:2-4 (Afr20) – Die konings van die aarde neem stelling in en die heersers span saam teen die Here en sy gesalfde: Kom ons breek hulle boeie stukkend, kom ons gooi hulle bande af! Hy wat in die hemel sit, lag; My Heer dryf die spot met hulle.
Afsluiting:
- Die woord van die Here is Ja en Amen.
- Leef gereed.