Preek/ Boodskap oor: Israel, Die uurglas vir die wêreld Deel 1

Die tekens van die tye – tyd is besig om uit te loop. Israel gebeure is ons uurglas om dop te hou.

Die seuns van Issaskar: 1 Kron 12:32 (Afr53) – mense wat die tekens van die tye verstaan het en geweet het wat Israel te doen staan…

  • “understanding the times” – hulle het geweet en verstaan waarmee die Here besig was.
  • En kon vir die nasie Israel help om ooreenkomstig op te treë.
  • Om nie net met fisiese oë nie, maar met geestelike oë na die wêreldgebeure te kyk.
  • Ons het seuns van Issaskar nodig in ons tyd vandag!!
  • Weet ons waarmee God besig is in die wêreld en wat ons as die kerk moet doen in hierdie tyd?

Israel en die kerk in 2024

Vervangingsteologie (supersessionism) – LCF is NIE so ‘n gemeente nie!

  • Leer dat die Kerk vir Israel vervang het in God se plan vir die wêreld. Die Jode is nie meer God se uitverkore volk nie.
  • God het nie meer ‘n spesifieke plan vir Israel in die toekoms nie.

Was Abba se plan alleenlik om ‘n bloedlyn te hê waardeur Sy Seun Jesus na hierdie wêreld kon kom en na Jesus se dood en opstaan was hy klaar met Israel en straf hulle tot vandag toe omdat hulle sy Seun gekruisig het?

  • Dis die siening van baie Christene
  • Rom 1:16 (Afr53) – … eerste vir die Jood en ook vir die Griek.

Rom 11:1 (Afr53) – Ek vra dan: Het God miskien Sy volk verstoot? Nee, stellig nie. Want ek is ook n Israeliet uit die nageslag van Abraham, van die stam van Benjamin.

Lees Rom 11 tot vers 31  (‘n hele NT hoofstuk om die kerk te leer om nie Israel te verwerp nie)

  • Ek vra julle dan: Het God miskien Sy volk verstoot? Wat sê Paulus vir ons?

Die kerk is as wilde-olyf tak ingeënt in die mak olyf stam en wortels. Dis nie dit takke wat die onderstam dra nie, maar die onderstam en wortels (Israel) wat die takke dra en voed.

Tydelik word Israel jaloers gemaak omdat Abba ook liefdesbriewe aan ander nasies skryf, maar die tyd gaan kom wat Israel as nasie haar Messias gaan erken en gered gaan word, maar nie voor hulle deur die ergste verdrukking sal gaan wat nog ooit bestaan het nie.

Israel word ‘n nasie op 14 Mei 1948 – ‘n Groot uurglas gebeurtenis

Jes 66:8-10 (CJB) – Is a country born in one day? Is a nation brought forth all at once?

Voor 1948 was daar geen Israel op ‘n wêreld kaart nie

  • Na 70 NC met val van Jerusalem is die tempel vernietig en die Jode vlug oor die wêreld en vestig hulle in ander nasies.
  • Vir 2000jr groet Joodse families mekaar totsiens met profetiese woorde “vlgnde jaar in Jerusalem”.
  • Profeties hou hulle vas aan:
    • Eseg 36:24 (Afr53) – En Ek sal julle uit die nasies gaan haal en julle uit al die lande bymekaar laat kom en Ek sal julle in jul land bring.
    • Eseg 37:3 – Mensekind, kan hierdie bene lewendig word?
      • Vers 11: Mensekind, hierdie bene is die hele huis van Israel?

Die wonderwerk van Israel wat as nasie uit die dood uit opstaan.

  • Massiewe vervulling van Bybelse profesie in ons tyd.
  • Dit opsigself is ‘n weerspreking van die vervangingsteologie – God het belowe dat Hy Israel uit die nasies sal haal en na hulle eie land terugbring. God is nie klaar met Israel nie.

Mnr die President en ANC regering. Wanneer jy aan Israel vat, druk jy jou vinger in God se oog. (Sag 2:8)

En daar gaan nagevolge wees vir julle. (**** SLEGTE DINGE GEBEUR IN OORLOG, maar as ek kant kies…)

***** SIEN TABEL VAN NASIES, KONINKRYKE WAT ISRAEL WOU VERNIETIG. WAAR IS HULLE VANDAG?

Deur die hand van Yahweh het die droë beendere weer begin leef en het ‘n nasie en taal fisies uit die dood uit opgestaan. Vir die generasie van my ouers was hierdie ‘n massiewe profetiese gebeurtenis.

Die vyeboom

In Mat 21 en Mar 11 vervloek Jesus ‘n vyeboom wat geen vrugte dra nie.

  • Ons verwys hierna as “die krag van woorde” asook “die belangrikheid as gelowige om vrug te dra”.
  • Die vyeboom in skrif verteenwoordig ook Israel as nasie en in die geval hul geestelike kondisie.
    • Profeties: Die vyeboom wat sterf verteenwoordig ook die oordeel wat Israel binnekort sou tref en die nasie wat na 70 nC vir 2000 jaar nie sou bestaan nie (uitsterf).

In Mat 24 vra Jesus se dissipels: “Wat is die tekens van U koms en die voleinding van die wêreld?”

  • Jesus noem ‘n klomp dinge. En onder andere:
    • Mat24:32-33 (Afr53) – En leer van die vyeboom hierdie gelykenis: Wanneer sy tak al sag word en sy blare uitbot, weet julle dat die somer naby is. So weet julle ook, wanneer julle hierdie dinge sien, dat dit naby is, voor die deur.
    • Luk 21:32 (Afr53) voeg by: “Ek verseker julle, hierdie geslag sal sekerlik nie uitsterf voordat alles gebeur nie.”

Profeties: Die vyeboom het uitgesterf, maar die vyeboom het weer gebot in 1948.

Wie is “hierdie geslag”? Is dit die hoorders van die gelykenis van die vyeboom? – kan nie wees nie.

Hierdie geslag verwys eerder na die geslag wat die vyeboom sien bot het. Die geslag wat lewe in 1948.

  • Dit is al 76 jaar gelede.
  • Dit is dieselfde geslag wat al die ander tekens van Mat 24 ook in hulle tyd sien en beleef.
  • HOEKOM BELANGRIK? – Elke woord wat God vir gesê het kan jy aan vashou!!!
  • Ek vra julle: Hoe naby is die wegraping van die kerk?
    • Hou jou oog op die gebeure rondom Israel.

Jy vra dalk: Friedel wat is die wegraping? Ek dog dan Jesus kom terug op die wolke?

  • Meer daaroor in deel 2 van ons reeks: Israel – die uurglas vir die wêreld.

Hoekom praat ek hieroor?

Ek het die reeks begin met 1 Kron 12:32 (Afr53) – mense wat die tekens van die tye verstaan het en geweet het wat Israel te doen staan…

  • Soos die seuns van Issaskar is dit vir ons baie baie belangrik om die tye waarin ons leef te verstaan.
  • Ons het die regte brille op ons oë nodig wanneer ons nuus kyk of hoor van gebeure in die wêreld en veral rondom die Midde-Ooste en Israel.

Dis ‘n tyd om geanker te wees in Jesus Christus en nie lou te wees nie – al die tekens vir die wegraping is in ons samelewing.

  • Is ek en jy gereed? (“Ek het julle vooraf gewaarsku…”