Rentmeesterskap: die bestuur van eiendom wat aan iemand anders behoort.
- ‘n Eienaar word ‘n goeie rentmeester as hy weet sy goed is nie syne nie – sien om na ander se goed.
Hoekom is rentmeesterskap ‘n waarde?
- Want ons begeerte is dat elke vennoot van LCF ‘n diep openbaring sal hê dat alles wat hulle het, behoort aan die Here à En dat hulle slegs bestuur wat aan God behoort – alles van jou lewe.
** Wanneer ek vandag oor die beginsel van rentmeesterskap praat is die doel hieragter dat jy dit moet verstaan sodat jy die bonatuurlike seën van die Here in alle areas van jou lewe sal beleef.
- En nie net omdat ek jou wil aanmoedig om te saai in LCF nie à Bonatuurlike seën, die uitkoms.
‘n Geseënde lewe is gebou op die fondasies van:
- Goeie rentmeesterskap
- Vrygewigheid
Vrygewigheid is maar 1 aspek van rentmeesterskap.
- Jy kan vrygewig wees, maar nie ‘n goeie rentmeester wees nie.
- Jy kan ‘n goeie rentmeester wees, maar nie vrygewig nie.
- Wanneer die 2 saam sterk vloei, dek dit die tafel vir God se bonatuurlike voorsiening in ons lewe.
Ek en jy is NIE die eienaar nie – belangrik om te weet
Psa 50:12 – As Ek honger word, sou Ek jou nie sê nie, want die wêreld en die volheid daarvan is Myne.
- Die Here sê hier dat alles in hierdie wêreld syne is – ons voertuie is gemaak van staal wat kom van ystererts wat uit die Here se aarde kom.
- Ons huise is gebou van rou materiale soos klip en hout wat uit die Here se aarde kom.
- Ons het Sy goed gebruik om die goed te maak wat ons “claim” aan ons behoort.
6 jaar nadat ons ingetrek het, staan ek nog soms verstom dat ‘n gemeente van ons grootte ‘n gebou soos hierdie amper amper kontant kon bou.
- Het die Here my en jou se geld gebruik om hierdie gebou mee te bou?
- Of het Hy Sy geld gebruik?
Hoe ons daarna kyk in BAIE belangrik – en ‘n toets of ons met meer vertrou kan word.
Talente word uitgedeel
Mat 25:14-29 (lees die gedeelte in Afr83)
- Met die Koninkryk van die hemel gaan dit soos met… (10 meisies, dan talente) (vers 1)
- Jesus wat hier praat – Dink julle Jesus weet wat die koninkryk van die hemel is en waarmee om dit te vergelyk?
- ‘n Man wat na ‘n ver land reis – Jesus wat die hemel verlaat en aarde toe kom.
- Wat sy diensknegte roep – dit is ek en jy
- Dit wat aan HOM behoort aan hulle oorlaat – let wel, dit wat Syne is. (vers 14, Sy besittings)
- Hy gee talente aan hulle oor (Afr53 want Afr83 praat van goue muntstukke, dus geld).
- Hierdie talente is nie vermoëns nie. Dis ‘n som geld.
- Die gedeelte gaan oor om goeie rentmeester van jou finansies te wees.
- Jesus vertel ‘n gelykenis om geld te bestuur.
- Aan verskillende knegte is verskillende bedrae geld gegee, volgens hulle vermoë om dit te kan hanteer en goeie rentmeester te wees. (5 talente, 2 talente en een talent.)
- Die een met een talent het sy Heer se GELD gaan begrawe (Afr53) – nie vermoëns nie.
- Die Heer het terug gekom en rekenskap gevra – Ek hoop almal weet dat ons Heer gaan terugkom en rekenskap gaan vra van ons bestuur van dit wat Hy aan ons oorgelaat het.
- “Mooi so, goeie en getroue dienskneg” – ken julle hierdie woorde. Die enigste keer wat dit in die Bybel gebruik word is by die gelykenis in Mat 25
- En dit het te doen oor hoe die dienskneg met geld omgegaan het. Nie vermoëns nie.
- Die een met een talent “ek het U talent in die grond weggesteek – ten minste het hy geweet wie se geld dit is (nie syne nie maar sy Heer s’n)
- Die Heer antwoord “Daarom moes jy My geld in die Bank gesit het…”
- Weereens, die gelykenis gaan oor geld… Die meester se geld wat aan ons gegee word… En hoe ons met Sy geld omgaan.
- Nie oor vermoë nie.
- Die Here sê: gee meer aan die wat meer het, want hy is ‘n goeie rentmeester daarvan.
- Aan ‘n slegte rentmeester, word weg gevat wat hy gegee is.
Waarde van ‘n talent
Goeie rentmeesterskap van ons finansies is baie belangrik!!
Talent silwer en goud
- Talent silwer is 1000 Denarie
- ‘n Talent goud is 10 keer meer as ‘n talent silwer.
- Een Denarius is ‘n dagloon
Die man met 1 talent (goue muntstukke) – 33 jaar se dagloon.
2 talente – 66 jaar se dagloon – Hy hoef nooit weer te werk nie. (want hy het groter vermoë gehad om goed daarmee te werk).
5 talente – 160 jaar se dagloon. (party is 1 talent mense, ander is 2 en 5 talent mense)
Elkeen is gegee volgens hulle vermoë: om niks daarmee te doen nie, is nie ‘n opsie in God se oë nie.
‘n Talent in die grond begrawe is wanbestuur van jou finansies.
- Goeie rentmeester volgens die gedeelte was nie om net status quo te handhaaf nie, maar om te vermeerder. àGetrouheid is gekoppel aan vermeerdering.
- Ek en jy is die Here se bank. Hy deponeer in ons sodat Sy koninkryk bevorder kan word.
Is ek en jy ‘n goeie rentmeester?
Luk 12:16-21 – die ryk dwaas
- My oes, My skure, My graan, My ander goed.
“So gaan dit met iemand wat vir homself skatte vergader en nie ryk is in God nie.”
Die Here het hom nie aangespreek omdat hy ryk was of groter wou bou nie, maar omdat hy vir homself gelewe het en alles op homself wou spandeer.
Afsluiting:
Die kerk is nie ‘n plek waar mens oor geld moet praat nie – maar 16 van 39 gelykenisse gaan oor geld en besittings?
Wil die Here Jesus ons besittings hê, of wil Hy ons harte hê?
- Dit hang af of dit wat ek het myne is of Syne is. Waar my skat is sal my hart wees.
- Dit is hoekom Rentmeesterskap ‘n waarde is: ons elkeen het die openbaring nodig.
Die Here seën ons sodat ons ‘n seën kan wees (Abraham).