Vanoggend wil ek met julle gesels oor een van ons 12 waardes: Gebed
Here, leer ons hoe om te bid:
Luk 11:1-4 (Afr53) Onse Vader gebed – Sê almal saam (meer oor die gedeelte later)
- Dis nie moeilik om te moet motiveer hoekom ons Gebed as een van ons waardes het nie.
- Gebed moet vir ‘n gelowige moet soos asemhaal wees. Makliker om te doen as om nie te doen nie.
Gebed is kommunikasie met God: Dit is moeilik om verhouding met enige iemand te bou, as jy nie met daardie persoon kommunikeer nie. Gebed is ‘n liefdestaal.
Gebed verklaar afhanklikheid: Ons aanbid, ons vra raad, ons vra vir hulp, ons vra rigting – ons wil nie die lewe alleen aanpak nie. (wat help dit ons praat net met mense en nooit met God nie?)
Gebed is kragtig: Gebed dek die tafel vir die bonatuurlike krag van God om in aksie te kom.
Gebed transformeer ons: Om te aanbid, verander my. Beantwoording op gebed, verander my. God se teenwoordigheid, verander my.
Gebed versterk ons: Het ek nodig om uit te brei hierop?
Gebed is vennootskap met God: Ons vat hande met ‘n Bonatuurlike God vir die uitvoering van Sy wil.
Ek kan vir nog baie lank aangaan.
Tipes gebed:
- Petisie
- A petition is defined as a formal written request made to an authority or organized body (such as a court). It is also defined as a written request or call for change signed by many people in support of a shared cause or concern, or an earnest request in general.
- Bid tot God om ‘n behoefte te vervul. Vra God om te help met ‘n saak.
- As individue alleen of ‘n groep (asof ons almal die petisie onderteken)
- Intersessie
- Wanneer jy uitroep tot God namens iemand anders. Jy staan in die gaping vir iets anders.
- Bv: ‘n Vriend met ‘n dodelike siekte (intersessie vir genesing), jou ongeredde buurman ken nie die Here nie en stel nie belang om van Jesus by jou te hoor nie (intersessie vir sy redding), ons land RSA het weg gedraai van Jesus af en is in ‘n verkiesingsjaar (intersessie vir herlewing en oprig van Goddelike leiers).
- Intersessie is om God se wil vas te gryp en weier om te laat gaan tot dit tot vervulling kom.
- Danksegging / dankbaarheid
- Is om vir God dankie te sê dat Hy jou Voorsiener is. Die fokus hier is nie op dit wat jy nie het nie, maar dit wat jy wel het en vanuit die diepte van jou siel weet jy dat Hy dit vir jou gee en jy reageer met dankbaarheid.
- Skep intieme oomblikke tussen jou en Hom.
- Aanbidding
- Wanneer jy aanbid, is die fokus op die Persoon van God en wie Hy is.
- Jy vra nie vir iets nie. Die openbaring van Sy eienskappe in jou hart vloei uit deurdat die woorde van jou mond verklaar wie Hy is en wat Hy vir jou beteken.
- “U nabyheid is vir my lewende water. As ek U nabyheid beleef, dan lewe ek. U is so goed Here, saam met die engele lig ek my hande op na U en kom verklaar ek my liefde vir U.”
- Net soos dankbaarheid, skep dit intieme oomblikke tussen jou en Hom.
- Belydenis
- Weet julle dat dit soms nodig is om jou sonde te erken en na die Here toe te draai vir vergifnis?
- As jy oortree het, bely jou sonde deur opreg berou te hê daaroor. Ware berou lei tot ware vergifnis.
- Oorgawe
- Om jouself en alles wat jy het oor te gee aan Jesus, elke dag. Gebruik my soos U wil.
- Ek gee myself, my tyd, my dag take aan U, vir die eer van U Naam vandag.
- Seën
- Dood en lewe is in die mag van die tong. Woorde van seën is om lewe oor iemand of ‘n situasie te spreek en God se bonatuurlike guns vry te stel.
- Geestelike oorlogvoering
- Jy oorwin nie die bose deur net met mense te praat nie. Gebed vernietig bose vestings.
- Dit is nodig om die gees aan te spreek agter ‘n fisiese situasie.
- Vas en bid
- In sekere gevalle is vas saam gebed nodig. Jy ontneem jou vlees van dit wat jou vlees versterk en draai na gebed, wat jou geestelik versterk sodat jou geestelike sintuie sterker word en jou vleeslike sintuie swakker.
- Dis goed vir elke gelowige om te oefen om sterker te word met die beginsel.
Tipes sigbaar binne die Onse Vader gebed
Die Onse Vader is meer ‘n voorbeeld van wat in gebed teenwoordig moet wees as wat die gebed self die enigste gebed is wat ons moet bid omdat Jesus dit gegee het toe gevra is: ‘Leer ons bid’.
- Aanbidding: Die begin en einde van die Ons Vader – fokus op God en verklaring wie Hy is vir jou.
- Petisie: Gee ons vandag ons daaglikse brood – gebed om ‘n behoefte aan te spreek.
- Belydenis: Vergewe ons ons sonde, nie in versoeking kom
- Oorgawe: U Naam, U Koninkryk, U wil in my lewe – nie my eie nie. Wat vir U belangrik is bo my eie.
- Intersessie: Vir hierdie wêreld wanneer ons bid: soos in die hemel, so ook op die aarde.
- Geestelike oorlogvoering: Om God aan te gryp en bose geeste aan te vat. (Verlos ons van bose).
**Jesus leer ons: Wanneer ons bid, moet nie net vashaak by petisie nie. Gebed is baie meer as dit.
Raak kragtig in alle fasette van gebed.
Hierdie jaar op ons 2024 kalender (DV):
- Gebed noodlyn oomblik: na afloop van elke Sondag diens.
- 4 aande van gebed deur die jaar (ons berei ‘n tafel vir die Here se bonatuurlike) – Vanaand die 1ste
- 21 dae vas en gebed wat oploop na Pinkster Sondag
- 31 Oktober (Halloween) – Aand van gebed en seën
- 2024 is ‘n verkiesing jaar in RSA – deel van ons weeklikse gebed.
- Wees wakker vir iemand wat gebed nodig het.
Hoekom is gebed ‘n waarde by LCF?
- By LCF strewe ons daarna dat elke vennoot ‘n vurige bidder sal wees. Ons gebede maak ‘n verskil.
- LCF is in vennootskap met God deur gebed.
- Wat wil ons bereik?: Transformasie in vennote se lewens en ons omgewing – Soos in die hemel, net so ook op die aarde.
Net na die skrif van die Ons Vader gebed:
Luk 11:9-13