Preek/Boodskap oor: Gesonde Dissipels Uit Ons

Skriftuurlike fondasie: Mat 28:19 (Afr53) – Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.

Dis ‘n goeie plek om by te begin as jy die vraag vra: Wat is die Here Jesus se wil vir Sy bruid / Sy liggaam?

  • Maak dissipels
  • Doop dissipels
  • Leer dissipels (om Jesus se bevele te onderhou.)

Die woorde “gesond”, “dissipels” en “uit ons”

Die feit dat “gesonde dissipels” saam gebruik word impliseer ons sekerlik dat ons te doen kry met “siek dissipels”?

  • Friedel, sê jy vir my ek is siek?
  • Kom ek herinner jou waar my en jou se pad begin het. Ons was nie net siek nie, ons was dood.
  • Om geestelik dood te wees is nog ‘n stappie erger as om geestelik siek te wees.
  • ‘n Beter woord is eintlik is om verwond of seer te wees.
    • Almal is verwond of seer – a.g.v. hierdie gevalle wêreld waarin ons leef.
    • Hierdie verwonding gee vir ons ‘n ongesonde uitkyk / beeld t.o.v. God.
    • Ongesonde uitkyk bring skeiding in een of ander vorm. Jesus wil skeiding verwyder.
    • In Mat 9:12-23 vergelyk Jesus Homself met ‘n geneesheer wat vir siek mense gekom het.
    • LCF wil ‘n bediening wees wat mense en die Geneesheer bymekaarbring.

Definisie van ‘n dissipel: A pupil or follower of a teacher. A true disciple is not just a student or a learner, but a follower that applies what they have learned.

  • Die feit dat enige mens kerk toe kom, maak nie van hulle ‘n dissipel nie.
  • Jy luister na die Meester, kyk na wat Hy doen en doen wat Hy doen en sê. (wandel in Sy voetspore)
  • LCF wil kerkgaande mense begelei om gesonder te word en om ware dissipels van Jesus te wees.
  • Dis die interne werk “in ons” à Die gesond word proses van ‘n dissipel wat hierheen kom.

(ekstern) Uit ons: Visser van mense

Mat 4:19 (Afr20) – Hy sê vir hulle: “Volg my en Ek sal julle vissers van mense maak.”

  • As ek Hom sou volg, sal ek ‘n visserman van mense word.

Maar Jesus vra ons: gaan soek hulle en bring hulle na My toe. Ek is die Geneesheer. Ek maak eerstens lewendig en daarna gesond.

  • Conroy na die verhoog – “hoe het die inskakel by LCF jou lewe verander”? (oriënteer)

Die samewerking tussen vennote en LCF gemeente (vennootskap)

Hoe is hierdie ‘n plek waar Mat 28:19 uitgeleef word en tot vervulling kom?

  • Joh 1:38-39 – Rabbi, waar gaan U tuis? Hy sê toe vir hulle: ‘Kom kyk’. (dit was die begin van dissipelskap)
  • Ek en jy het ‘n storie van God genade en waarheid in ons lewe. Daardie storie moet gehoor word.
  • Jy ken dalk nie die Bybel soos jy kan nie, maar jy het ‘n storie / getuienis.
    • Vertel jou storie en nooi mense om God self te kom beleef: ‘Kom kyk’.
    • Hier by LCF wil ons mense begelei deur prediking, programme, omgee, verhoudings sodat Jesus Christus eerste word omdat ons mense en ‘n bediening is van genade en waarheid.
    • Dis hoe ons vennote is in die Koninkryk van God hier op aarde.
    • Ons móét meer mense dissipel.
  • Oefening: vis stok.
  • Dis nie altyd eenvoudig om vis te vang nie. Die teleurstelling of vreugde kan groot wees, want elke vis bly nie aan die hoek nie.
  • Jesus: ‘You go and catch them, I will clean them’.
  • Sê vir ander mense: “Kom kyk”.

(Zeandre: kampvuur op skerm) – Friedel vra hiervoor.

Ingeskakel wees by die gemeente aktiwiteite is deel van gesond word – jy kry blootstelling aan die Geneesheer.

  • Hoe? Konneksie op Sondae en dien op ‘n span (1 af Sondag) en ten minste een weeksgeleentheid.
  • “Live stream is goed, maar dis soos Kampvuur op die skerm” – Lorraine se woorde
  • Wanneer ons saam is verlang ons na maksimum impak (binne die kerk en binne elkeen van ons)

Impak binne moet lei na impak buite – UIT ONS

“Gaan dan heen” – is ‘n weg beweeg van waar jy is om iemand te vind wat nie ‘n dissipel is nie en uit te reik met die doel dat hulle ‘n dissipel word.

  • Uit ons à vanuit ons (LCF) beweeg gesonder dissipels wat in die wêreld beweeg op ‘n missie.
  • Gesonde dissipels (die prosesse hier by LCF, binne die gebou) UIT ONS (die impak na buite).

Die video wat julle gekyk het net voor die boodskap begin het was snitte van 2023 uitreike.

  • Wat het julle harte ervaar toe julle daarna kyk en die woorde hoor “Jesus is coming soon”?

Sout & Lig wees in die wêreld

Are we a church ready and waiting for Him?

2 Kor 5:10 (Afr53) – Ons moet immers almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang volgens wat hy in sy aardse lewe gedoen het, of dit nou goed was of kwaad.

Om goeie vrug te dra is belangrik | Om aksie by woorde te sit is belangrik.

  • Ons gaan nie net beoordeel word vir die sleg nie, ons gaan beloon word vir die goeie.
  • Ons wil ‘n sout & lig gemeente wees. Nie net in 2023 nie, maar jaarliks vorentoe.
  • Die Meester moet ons besig vind met Sy dinge as Hy kom.

Tyd Kapsule oefening: In die lig van dit wat jy gehoor het die laaste 3 weke, wat is die praktiese stappe wat nodig is in jou lewe om jou om ‘n groter manier te belyn met “Jesus Christus in  ons, Genade & waarheid deur ons, Gesonde dissipels uit ons”