Ek wil vanoggend begin deur gedeeltelik met julle te gesels oor visie. Konteks oor die proses. Hoekom ‘n visiestelling verandering?
Ek deel vanoggend met julle die resultate van ‘n proses wat omtrent 14 maande gelede begin het en daarna met ons ouderlinge gedeel is voordat dit vandag offisieel gekommunikeer word.
Oefening: 3 mense na die verhoog om ons bestaande visiestelling te gee (1 jr, 3 jr en 5 jr+ vennote).
Vir ‘n klomp jaar was die volgende visiestelling ‘n rigting wyser binne LCF gewees: “Being a healthy and vibrant gathering of believers that impacts our families, our community and the nations”.
- Ons het gesels oor ons ervaring van kerk wees, of ons gelukkig is met wat ons sien en beleef en oor die “meer” van Sy teenwoordigheid wat ons in ons midde begeer.
- Ons het met ‘n skoon bladsy gaan sit en vir Heilige Gees gevra om ons te lei.
- Ons het begin by die vraag: Wat is God se visie vir die kerk? Kan die skrif ons help?
- En ons het begin skryf. En vanuit: Wat is God se visie vir die kerk, het dinge begin vloei.
- Saam dit is 12 waardes geformuleer waaroor ons later meer sal sê.
Ons het vir jare lank goed gehardloop met ons vorige visie.
- Ons kon sien vanoggend dat ons mense nie duidelik is daaroor nie.
- Kon ons hierdie ou visie skerper maak, God se visie en ons begeertes raakvat en dit maklik maak om te verstaan, onthou en mee te hardloop?
Oefening: herhaal 3 keer agter my aan. (sluit daarna almal hul oë en sonder my noem ons nuwe visie)
- As die vraag ooit sou opkom oor wat is LCF Gemeente se visie, sal julle dit kan noem?
- Ons almal moet dit ken en hiermee kan hardloop.
Wat is ‘n visiestelling en die belangrikheid daarvan?
‘n Visiestelling / of visie is iets wat jou rigting gee in die NOU en in die TOEKOMS.
- Dis ‘n verklaring van dit waarna jy strewe om te wees vorentoe en wat jy nodig het om vandag te doen sodat jy in die toekoms kan wees dit wat jou visiestelling verklaar jy wil wees.
- Dit help as dit kort en kragtig is, iets wat uitvoerbaar is. Iets wat gesnap kan word, onthou kan word en waarmee mense kan hardloop.
Hab 2:2 (ESV) – Adonai answered me; He said: ‘Write down the vision clearly on tablets, so that even a runner can read it’.
- Die skrif gedeelte praat van die duidelik maak / sigbaar maak van die Here se visie sodat selfs in die hardloop iemand dit kan lees en verder daarmee kan hardloop.
- Dit is iets wat kern is aan die agterkant van alles wat jy aanpak omdat jy die vraag vra: is hierdie ding wat ons aanpak in lyn met ons visie? Gaan die ding wat ons aanpak ons help te wees wie ons wil wees, om uit te kom waar ons graag wil uitkom?
- JA – kom ons doen dit. NEE – kom ons dink of hierdie regtig nou nodig is.
Eerste deel van die visie: Jesus Christus in ons (ons skriftuurlike fondasie)
Sommige mense mag vir ons sê: Wag ‘n bietjie, teologies is dit eintlik Heilige Gees in ons.
- Ons skriftuurlike fondasie:
- Gal 2:20 (Afr53) “Ek is met Christus gekruisig, en ek leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het”. (kragtig!)
- Kol 1:27 (Afr83) “God het besluit om aan julle bekend te maak hoe seënryk en heerlik hierdie geheimenis vir die nasies is. Die inhoud daarvan is: Christus is in julle, Hy is julle hoop op die heerlikheid. (my enigste hoop op heerlikheid eendag: Christus in my)
- Rom 8:9-10 (Afr83) “Julle word egter nie deur julle sondige natuur beheers nie, maar deur die Gees, want die Gees van God woon in julle. As iemand die Gees van Christus nie het nie, behoort hy nie aan Christus nie. Omdat Christus in julle is, gee die Gees aan julle die lewe op grond van God se vryspraak…
- Die Gees van Jesus binne die wedergebore gelowige is die bewys dat jy aan Jesus behoort.
- Heilige Gees is die Gees van Jesus Christus.
- As die Gees van Jesus Christus in jou woon, is dit dieselfde as: Jesus Christus in jou.
- Joh 14:20 “Op daardie dag sal julle weet: Ek is in My Vader, en julle in My en Ek in julle.”
Jesus Christus (eerste)
Ons visie begin met Jesus Christus, want Abba se visie begin met Jesus Christus.
- Maar Friedel, Jesus Christus is aan die kern van alle Christelike kerke oor die wêreld.
- Eks nie meer so seker nie. Kerk oor die wêreld heen gaan oor baie ander dinge (nie die ware Jesus).
- “Jesus Christus in ons” help ons by LCF om by die hoof boodskap te bly: “Ken jy Jesus Christus intiem en woon Sy Heilige Gees in jou?”
- Begelei ons siele om gewortel en geanker te bly in Jesus Christus?
Ope 21:6-7 – Verder het Hy vir my gesê: “Dit is afgehandel. Ek is die Alfa en die Omega, die begin en die einde. Dié wat dors is, sal Ek laat drink uit die fontein van lewegewende water – verniet!”
- Tyd: Hy was reeds daar toe alles begin het, en sal daar wees as alles eindig.
- Vir my en jou: Is Hy Alfa? Is Hy eerste?
- Miskien kan ons dieper gaan as die vraag: ‘Ken jy Jesus?’. Kan ek vra: ‘Is Jesus Eerste in jou lewe?’
- Gebed: Kom wys ons Heilige Gees. Is ander dinge eerste?
- Eerste: Gal 2:20 “… nie meer ek wat leef nie, maar Christus wat in my leef…”
- Hy is asemrowend.
- Asemrowend wag vir ons om in 2024 en verder te ontdek hóé asemrowend Hy is.
IN ONS (ons verwys na…)
Watter prosesse is intern, binne in jou aan die gang?
- “Die wat dors is (Ope 21:7)”. Is jy dors? Ons almal dors na iets.
Jesus Christus is die gewer van lewende water. Vir wie gee Hy dit? “Aan die wat dors is, sal Ek laat drink”
- Jesus het lewende water om te gee vir die wat dors is.
- Jou liggaam leef van water, jou siel leef van God.
- Dis verniet.
- Lewende water is bevredigend. à Jou siel is gemaak om deur Jesus bevredig te word.
- Waarmee bevredig jy jou siel?