Preek/ Boodskap oor: Van Roeping tot Afsondering

EFESIËRS 2:10 AFR83God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het”.

3 tipes mense:

– Die wat weet en leef dit

– Die wat nie weet nie en leef dit nie

– Die wat weet, maar leef dit nie

Al gewonder hoekom sommige mense net orals waar hulle gaan deur God gebruik word, en ander probeer so hard maar sonder sukses?

Miskien weet jy wat God se roeping vir jou is, maar jy weet nie waar om te begin nie, of jy “wag” vir die regte tyd of geleentheid? So jy sit en wag geduldig vir God om deure vir jou te begin oopmaak – dag in en uit, week, maande, jaar in en jaar uit sit jy en kyk hoe God ander mense rondom jou kragtig gebruik maar nie vir jou nie?

Q: Wat het God dan teen my? Hoekom besluit Hy om my nie te gebruik in Sy koninkryk nie? Raak frustreerd met God en blammeer Hom.

MAAR – Hy is nie die probleem nie – Hy is die antwoord.

Probleem – Ons wag vir daardie een oomblik wat God jou lewe gaan omdraai en jy van daar af vorentoe kragtig deur Hom gebruik gaan word en suksesvol sal wees in jou roeping.

Die Christen se roeping en verkiesing

2 Petrus 1:3,4 Sy Goddelike krag het ons alles (sleutels) geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien. Dit kom deurdat ons Hom ken wat ons geroep het deur sy heerlikheid en mag. 4Deur dit te doen, het Hy ons die kosbaarste en allergrootste gawes geskenk wat Hy belowe het. Daardeur kan julle die verderf ontvlug wat deur begeerlikheid in die wêreld werksaam is, en deel kry aan die Goddelike natuur. 

DEFINIEËR ROEPING? (Nie verwar met “beroep” nie) Geestelike Roeping of Skeppingsdoel

Eenvoudig – die wil van God vir jou lewe. Dit is die werk wat God vir ons het om te doen terwyl ons hier op aarde is.

– Elke wedergebore Christen het ‘n roeping op hulle lewe, maar daars ‘n paar faktore wat invloed het op of jy in daardie roeping gaan stap of nie.

  1. Herken die roeping. 2. Aanvaar die roeping.

DIE UITDAGING – Die tyd TUSSEN vandat God ons geroep het, tot die dag wat God ons AFSONDER vir daardie roeping kan kort of lank wees.

DEFINIEËR AFSONDERING?

Het te doen met grense. God kan ons afsonder “van” iets, asook afsonder “vir” iets.

– Hoekom vat ons soms goed weg van ons kinders?(Ons wil dit wat ons kinders beinvloed probeer reguleer)

– Hoekom kies ouers soms om hulle kinders moeilike goed te laat doen?(Ons weet dat dit hulle karakter gaan vorm en om hulle voor te berei vir dit wat hulle in die toekoms gaan moet hanteer.)

– Die hartseer ding is dat sommiges onder ons doen nooit die moeite om die gawes wat God vir hulle gegee het te ontwikkel nie. Vra nie vir God wt is daardie “alles” in 2 Petrus 1:3-4 nie. Dus herken, aanvaar hulle nooit die roeping nie en word nooit afgesonder daarvoor nie.

– Wat dit nog erger maak is dat ons dink ons wag vir Hom, terwyl Hy eintlik wag vir ons. Hy het ‘n plan vir jou lewe gehad nog voor die grondlegging van die aarde. Efesiërs 1:3-5 Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is. 4So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees. 5In sy liefde het Hy ons, volgens sy genadige beskikking, toe ook al daarvoor bestem om deur Jesus Christus sy kinders te wees

* Dawid se roeping was bekend gemaak toe Samuel hom as koning gesalf het maar dit was na baie jare se getroue diens aan koning Saul wat hy koning geword het. Ten spyte daarvan dat Saul vir Dawid wou doodmaak het Dawid die volgende teenoor Saul bewys: GETROUHEID (Toewyding, Diensbaarheid, Nederigheid, Sagmoedigheid, Leerbare gees) 15jr later het Dawid eers koning geword

* Elisa – Ryk jongman met baie beeste. Elijah gooi sy mantel oor Elisa en toe volg Elisa hom vir 10 jaar. Elijah – Passievol – Emosioneel op en af. (Roep vuur uit die hemel uit voor die Baal profete, volgende vlug hy weg van Jesebel en sê vir God hy wens hy was eerder dood) Was seker moeilik vir Elisa om Elijah te bly eer, te dien, toegewyd, Betroubaar te bly. Elisa bewys: GETROUHEID  (Toewyding, Diensbaarheid, Nederigheid, Sagmoedigheid, Leerbare gees)

(Lees meer in 1 Konings 19)

* Paulus – Paulus het sy roeping ontvang op die pad na Damascus, maar dit was eers 14 Jaar later, wat sy afsondering in Antioch plaasvind.

Q: Wat het in daardie 14 jaar gebeur? Gaan Arabïe toe. Terug na Damascus, vinnig in Jerusalem en terug na Damascus. Paulus moes in Arabië sy openbaring van God ontvang voordat God hom laat begin het met sy bediening. (Arabïe – Dieselfde plek waar Moses ook sy openbaring gekry het). Paulus het nie ‘n naam vir homself probeer maak nie, hy het net getrou gedoen wat sy hand vind om te doen – en sy reputasie het hom vooruit gegaan. Paulus het gesê: “If the Lord does not promote you, you are not promoted”. Paulus het geweet dat hy nie hoef te beweeg na die plekke waar sukses is(Jerusalem), om self suksesvol te wees nie. God het sukses na Paulus toe gebring soos wat hy GETROUHEID demonstreer het. (Lees dit in Hand 9:15,16).

* Timoteus – die opvolger van Paulus. Paulus besluit om vir Timoteus aan te wys as sy opvolger opgrond van sy: Toewyding(Commitment), Betroubaarheid(Dependability)

Paulus leer vir Timoteus om te soek vir getroue mense om te leer hoe om die werk van God te doen. Hy vra hom nie om gekwalifiseerde mense te soek nie. Niks verkeerd met kwalifikasie nie!

– Enige iemand kan leer vir ‘n kwalifikasie, maar jy kan nie ‘n sertifikaat of graad in getrouheid verwerf nie. Dis iets wat iemand moet kies. Timoteus demonstreer: GETROUHEID.

– Q: Wat was die sleutel wat vir Dawid, Elisa, Paulus, Timoteus gekry het vanaf geroep to afgesonder? GETROUHEID.

– Q: As die beginsel van getrouheid die sleutel was, wat gelei het tot die afsondering van hierdie mense, sal dit steeds geld vir my en jou?

(Ope 19:11) Die Ruiter op die wit perd

11Toe het ek gesien die hemel is oop. Daar was ‘n wit perd. Sy Ruiter word die Getroue en die Betroubare genoem.

Roepining is ‘n geskenk van God. Ons kan nie werk daarvoor, of dit verdien nie.

MAAR – God sal ons nie vat vanaf Roeping tot Afsondering, voordat Hy nie voel dat ons karakter gereed is nie. Ons moet eers voorberei word om dit wat Hy vir ons beplan te kan hanteer.

* Dawid, Elisa, Timoteus was onder iemand aangestel – Onder wie het God jou aangestel?

– Wat sien hulle as hulle na jou kyk? Getrouheid? Wat van die ander sleutels wat ons vat van Roeping tot by Afsondering?

Toewyding, Diensbaarheid, Nederigheid, Sagmoedigheid, Leerbare gees

*Gary Clark – (25jr oud) Werk aan jou leier se visie tot die dag wat hy jou vra om aan jou eie visie te werk. (Ek was 38 jr oud toe daardie sien uitspeel in my lewe)

*Bob Yandian – The sooner you learn to submit under an imperfect leader, the sooner you will be seperated for your calling.

Jesaja 40:31-31

30Selfs jongmanne word moeg en raak afgemat, selfs manne in hulle fleur struikel en val, 31maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie.