A true story is told about a small town that had historically been “dry”, but then a local businessman decided to build a pub. A group of Christians from a local church were concerned and planned an all-night prayer meeting to ask God to intervene. It just so happened that shortly thereafter lightning struck the bar and it burned to the ground. The owner of the bar sued the church, claiming that the prayers of the congregation were responsible, but the church hired a lawyer to argue in court that they were not responsible. The presiding judge, after his initial review of the case, stated that “no matter how this case comes out, one thing is clear. We are sitting with a pub owner who believes in prayer and a group of Christians who do not.”
Radikaal betekenis: Anders as gewoon of tradisioneel. Gaan tot die uiterste.
Sinoniem: Extreme, Fanaties
Jak 5:16b (Afr53) – Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag.
- Hierdie is ‘n baie radikale skrif rondom gebed.
- En dalk soos baie ander “radikale” verse, gelowiges lees en sê: ‘Uhm, ek is nie so seker nie.’
Terug in tyd: 2023 begin ons met – ‘n Huis van gebed
Daar is ‘n deel 1-4 op Youtube, indien jy dit gemis het.
- In deel 3 van die reeks het ek met julle gepraat oor om te bid vir God se agenda in die wêreld.
- Ken julle die aardse 3-eenheid? “Me, myself and I”.
- Ek het genoem dat meeste gelowiges getrou is as dit kom by gebede vir “me, myself and I”.
- Ek het julle gevra om aan te hou bid vir jou eie sake en lewe, MAAR om God se agende naamlik die arbeiders en die oes en die eer van Sy Naam in ons omgewing, land en wêreld deel te maak van julle gebede.
- Daardeur is ons vennote in die koninkryk.
- Vennote en vriende van LCF, hoe het dit in 2023 gegaan met jou vennootskap verhouding met God rakende Sy koninkryk hier op aarde?
- Ons het 4 gebedsaande gehad en ook op Halloween, ‘n aand van gebed en seën.
- Ek het verwys na gebedsaande in 2022 waar miskien 10 mense max opgedaag het.
- Die jaar het ek 40-80 mense sien opdaag om te bid à Dit is massive!!!
As van daardie 40-80 mense vanoggend hier sit wil ek vir jou vra: As die Here vir ons 2024 gee, sal jy asb aanhou?
- Sal jy asb aanhou om op te daag?
- Sal jy asb aanhou bly glo in Jak 5:16 – dat jou vurige gebed groot krag dra?
- Sal jy asb aanhou om te vertrou dat God is wie Hy sê Hy is?
- Sal jy asb aanhou vertrou? Sal jy asb aanhou om te bid vir jou eie belange en God se agenda?
Vir die van julle wat glad nie by een gebedsaand of by die aand van seën was nie wil ek vra:
- Waar is jy? (iemand wat noem dat hulle nie in die aand kan ry nie… goeie redes)
Jes 62:6-7 (CJB) I have posted watchmen on your walls Jerusalem; they will never fall silent, neither by day nor by night. You who call on Adonai, give yourselves no rest; and give Him no rest till He restores Jerusalem and makes it a praise on earth.
(stel ‘n bateregister op – watter skatte maak jy in die hemel vir jou bymekaar) – help dit as jy nie opdaag?
Met ons sout en lig uitreike in die dorp sien ek in mense se reaksies 2 tipes mense:
- Die optimis – die wat dankie sê en uit hul reaksie wys dat dit wat ons doen ‘n verskil maak.
- Die pessimis – hang by die ruit uit en skree: “Dit help nie. Hulle gaan weer mors”.
Ek het die jaar gesien dat hier gelowiges is in die gemeente wat glo dat om op te daag ‘n verskil maak.
- Of jy by ‘n kinderhuis met baie behoefte help, potholes regmaak, rommel optel of bid.
Wat is Radikale gebed en vertroue?
Radikale gebed is om aan te hou bid. Radikale vertroue is om aan te hou vertrou.
- In die gesig van moeilike omstandighede.
Job 13:15 (KJV) Though He slay me, yet I will trust in Him. (baie, baie radikale ding om te sê)
- Wat beteken dit? – selfs as die slegste moontlike aardse uitkoms met my gebeur, sal ek steeds bly hoop in die Here, sal ek Hom steeds dien en vertrou.
Daar is goddeloosheid in die wêreld en vir al lank agteruitgang in ons gemeenskap en land.
- Wat gaan jy doen? Gaan jy aanhou bid en vertrou?
- Of mors ons ons tyd en daarom gaan jy nie opdaag nie?
“Grit” – het jy dit?
- Aanhoudende langtermyn volharding.
- Vasberadenheid gedemonstreer oor tyd.
- People with grit, don’t quit.
- Mense met “grit” verwag dat vordering moeilik sal wees, maar glo tot in hul wese dat hulle enige struikelblok in hul pad kan oorkom.
Hoe ontwikkel jy “grit”?
- Wanneer dinge nie dadelik uitwerk soos wat jy moet nie.
- Onthou, ek noem hierdie vandag in die konteks van “radikale gebed en vertroue”. – om aan te hou
Ons kyk na radikale vers: Jak 5:16b (Afr53) – Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag.
Wanneer begin gelowiges soms spoed verloor?
- Wanneer ons soos Paulus 3 keer of 33 keer die Here vra dat iets moet verander en dit nie verander nie.
2 Kor 12:7-10 (Afr20) – Daarom, om te keer dat ek opgeblase word en sodat ek nie hoogmoedig word nie, is daar vir my ‘n doring in my vlees gegee, ‘n engel van Satan om my met die vuis te slaan. Hieroor het ek die Here drie maal gesmeek dat dit van my moet wyk. Maar Hy het vir my gesê “My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring.” Daarom sal ek my eerder op my swakhede beroem, sodat Christus se krag my kan beskut.
- Wanneer dit nie voel of die vurige gebed groot krag het nie.
- Wat wil die Here vir ons leer?
Vir dalk 300 van 400 jaar wat Israel in Egipte was, was hulle slawe. Dis meer as een generasie.
- En eendag daag die Here by Moses op en sê: Hulle gebed het tot my gekom, gaan lei hulle uit.
Waar lê daardie dag vir my en jou se situasie? – ons weet nie, maar gaan ons aanhou tot dan?
Vir ons gemeenskap? Vir ons land?
Here ontwikkel “grit” in ons om aan te hou tot Jes 60:1-3 deurbreek in ons situasie!!