Preek/ Boodskap oor: Gewortel

PSALMS 92:13-16 NLV

Maar regverdiges sal blom soos n palmboom, en welig groei soos n seder van die Libanon. Geplant in die Here se huis, groei hulle weelderig in die voorhowe van ons God. Al is hulle oud, sal hulle steeds vrugte dra; hulle is vars en lewenskragtig.

JEREMIA 17:7-AFR83

“7Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel, die mens vir wie die Here ‘n veilige vesting is; 8so iemand is soos ‘n boom wat: by water geplant is en sy wortels na die stroom toe uitstoot; nie die hitte voel as dit kom nie, en altyd groen blare het; ‘n droë jaar raak hom nie, en hy hou nie op om vrugte te dra nie.”

Wat is die boodskap wat God hier wil oordra?

Maak seker jy bly verbind/gekoppel aan die bron van lewe.

Hoekom? Want HY het vir ons elkeen ‘n skeppingsdoel!

Timoteus praat daarvan in 2 Tim 1:9

Hy(God) het ons verlos en geroep met ‘n heilige roeping ……”

(Heilige roeping het te doen met God se Koninkryks doeleindes)

Jesus praat met Petrus in MAT 16:18

18 En Ek sê vir jou, jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my kerk bou……”

Dit is die enigste ding wat Jesus gesê het HY sal bou. (tempel oprig)

Met wat wil jy jouself mee besig hou, vir die res van jou lewe?

Jesus – Ek sal my kerk bou.   

Ek neem aan kerk is belangrik vir Jesus.

Jesus se voorbeeld was om sy lewe toe te wy aan die bou van iets om vir ons agter te los wanneer hy hemel toe gaan (kerk) Hoekom? Hy wil hê ons moet sy voorbeeld volg en onsself saai in sy kerk

Hoe leef ons hierdie “heilige roeping” uit?

Deur om onsself te plant in die plaaslike kerk.

Die sleutel is om te saai. Jouself te saai.

  1. Is ek geplant of nie? (JEREMIA 17:8 AFR83)

8so iemand is soos ‘n boom wat by water geplant is en sy wortels na die stroom toe uitstoot; nie die hitte voel as dit kom nie, en altyd groen blare het; ‘n droë jaar raak hom nie, en hy hou nie op om vrugte te dra nie.

Hoekom naby water? Wat doen die water?

– Boom wat by die water geplant is, ontvang gereelde “voeding”. Hierdie is ‘n prentjie van iemand wat in ‘n kerk geplant is.

– (Nourishment) = gereelde “input” van die woord van GOD wat jou lewe opbou.

– Paulus leer vir Timoteus om in gewoonte te kom om gereelde goeie leering en bybelonderig te ontvang. (2 Tim 1:13)

– As jy nie iewers geplant is nie, hoe gaan jy dan groei?

Hoe plant ek myself?

– Maak ‘n besluit om jouself te plant in grond waar jy kan groei. Dis nie goed genoeg om jouself te plant in enige kerk nie – jy moet in die regte kerk geplant wees – as ‘n boom op die verkeerde plek geplant is, word sy potensiaal om te groei en om vrug te dra beperk.

(Hierdie besluit moet saam met HG gemaak word)

  1. Waarheen gaan my wortels? (JEREMIA 17:8 AFR83)

8so iemand is soos ‘n boom wat by water geplant is en sy wortels na die stroom toe uitstoot; nie die hitte voel as dit kom nie, en altyd groen blare het; ‘n droë jaar raak hom nie, en hy hou nie op om vrugte te dra nie.

Wat is die doel van ‘n plant se wortels?

Maak dit saak hoe diep en wyd hierdie wortels gaan?

Wat verteenwoordig die(water) stroom van lewe? Woord van God en Heilige Gees.

Tyd maak vs Spasie maak?

Om spasie te maak vir woord van God VS Spasie te maak vir woord van God. (tyd is soos hang die wortels net in die water. Spasie vereis dat goed weg gestoot moet word om by die water uit te kom)

– Word nie maklik geskud nie, val nie maklik om nie, nie maklik ontwortel nie.

Hoe lyk iemand wat geplant is met diep wortels? Aktief betrokke, Neem deel, committed, bly in kontak, gevestig, hulle bydrae kom nie uit verpligting uit nie, maar vanuit ‘n gees van blydskap oor die voorreg wat dit is om God se doel vir jou lewe te kan uitleef.

  1. Kan ek die HITTE weerstaan? (JEREMIA 17:8 AFR83)

8so iemand is soos ‘n boom wat by water geplant is en sy wortels na die stroom toe uitstoot; nie die hitte voel as dit kom nie, en altyd groen blare het; ‘n droë jaar raak hom nie, en hy hou nie op om vrugte te dra nie.

Wat gebeur met ons mense wanneer ons in hitte kom?

– Soek meer water

– Begin sweet (Dit wat binne-in ons is, kom uit)

‘n Boom met diep wortels skik nie as daar hitte kom nie. Hy blom nogsteeds en dra steeds vrug (want hy bly verbind aan die lewensbron)

Bybel belowe nie dat alles in die maklik gaan wees nie, maar dit belowe dat HY ons sal verlos van al daardie moeilike dinge. (He will make a way)

  1. Word ek oorheers deur my omstandighede? (JEREMIA 17:8 AFR83)

8so iemand is soos ‘n boom wat by water geplant is en sy wortels na die stroom toe uitstoot; nie die hitte voel as dit kom nie, en altyd groen blare het; ‘n droë jaar raak hom nie, en hy hou nie op om vrugte te dra nie.

– Ongeag die omstandighede, ‘n persoon wat geplant en gewortel is weet die beste ding om te doen is om God steeds eerste te stel.

– Moeilike omstandighede is deel van die lewe op aarde en ek en jy kan toelaat dat ons onder kry, of eerder gebruik om ons sterker maak.

– Paulus skryf aan Fillipense “ek het geleer om te lewe met baie en met min”

– Prediker leer ons daar is ‘n spesifieke seisoen vir alles.

– Ps 30 sê “Gisteraand was daar nog trane, en vanmôre lag ek al weer”.

– Kan jy dink aan ‘n tyd in jou verlede wat dinge regtig moeilik gegaan het, maar jy sterker uit daardie seisoen uitgekom het?

  1. Lewe ek ‘n vrugtevolle en vrygewige lewe?(JEREMIA 17:7-8 AFR83)

8so iemand is soos ‘n boom wat by water geplant is en sy wortels na die stroom toe uitstoot; nie die hitte voel as dit kom nie, en altyd groen blare het; ‘n droë jaar raak hom nie, en hy hou nie op om vrugte te dra nie.

Waarvoor is bome nuttig? Hoekom het ons hulle nodig?

Suurstof, Skaduwee, Vrugte

Gesonde bome dra vrug. Daardie vrug is bedoel om ander rondom jou te seën.

– Waarvoor is ek nuttig? Net een manier om uit te vind – plant jouself!

(Soos wat jy groei sal jy God elke dag beter te leer ken en jy sal begin om ander te leer om dieselfde te doen)

Vraag:

As iemand die vrug van jou lewe proe – Proe hy lekker, is dit gesonde vrug?

Ons almal het ‘n roeping op ons lewe, maar nie almal leef daardie roeping uit nie.

(meeste van die tyd kom roeping nie in een slag nie)

Maak vandag ‘n besluit om jouself te plant in die regte grond. Om te blom, en om vrug te dra deur ‘n verskil te maak in die lewens van iemand anders as jyself.

Maar hoe gaan jy dit doen as jy nie langs die water geplant is nie?

Vra jouself die 5 vrae af.

Laaste gedagtes:

– Die kwaliteit van jou lewe word bepaal deur die kondisie van jou hart.

– Die impak wat jou lewe het word bepaal deur wat jy geleer het en wat jy as belangrik ag.

– Ons kan nie bybelse resultate verwag as ons nie die bybelse beginsels as belangrik ag nie.

– Ons moet sekere besluite maak wat ons gaan posisioneer om vrug te dra wat soos wat God dit oorspronklik bedoel het.