Hoe begin/groei ‘n verhouding?
Wanneer ‘n ou ‘n meisie ontmoet, en hy wil haar beter leer ken, maak hy ‘n
afspraak met haar. Hy neem haar uit vir koffie/ete en hulle gesels met mekaar,
deel hulle ervarings en uiteindelik gaan die platoniese geselsies oor in dieper
gesprekke oor planne en drome.
Soos die verhouding ontwikkel dink ons meer gereeld aan hulle. Ons vind dat
ons gedagtes deur die dag na hulle draai en dikwels na hulle uitreik, selfs
terwyl ons slaap.
Hoe gebeur dit alles? Deur heen-en-weer kommunikasie.
Sonder om aanvanklik ‘n tyd en plek vas te maak of af te spreek, kom goeie
voornemens gewoonlik tot niks nie.
Tyd en Plek
Ons lewens gebeur in ‘n spesifieke tyd en op ‘n spesifieke plek. Net soos ‘n
afspraak met ‘n ou of meisie, is dit presies dieselfde met ons gebedslewe en
verhouding met God. Ons moet dit vasmaak op ‘n plek en vir ‘n spesifieke tyd.
Die Bybel is vol van God se passievolle begeerte na die mens. God wil selfs
meer tot ons nader as wat ons begeer om tot Hom te nader!
God het vir Dawid vertel van Sy gedagtes teenoor hom/ons. Dawid vertel van
die onmeetlike gedagtes wat God vir elkeen van ons het:
Hoe wonderlik is u gedagtes vir my, o God, hoe magtig hulle almal!
As ek hulle sou wou opnoem – hulle is meer as wat daar sand is…
Psalm 139: 17-18
Hy smag /hunker (Yearns) eintlik na ons (sien Jakobus 4:5). Die woord
hunker/yearns beteken om “hewig te verlang na”. Dit was Sy diepste
hartsbegeerte sedert die begin van tyd. Nadat Adam gesondig het, was God
se eerste woorde nie woorde van oordeel nie; eerder, “Adam, waar is jy?”
“Waarom kruip jy vir My weg?” Kan jy God se ernstige verlange na intimiteit vir
ons hoor?
Nader tot God en Hy sal tot julle nader.
Jakobus 4:8
God hunker na ‘n verhouding met ons. MAAR Hy gaan Homself nie op ons
afdwing nie. Ons moet die eerste stap na Hom toe neem en Hy sal ons met
oop arms ontvang. Die diepte van ons verhouding met Hom word deur ons
bepaal. Groei in ons vriendskap/verhouding met Hom vereis daaglikse gebed.
My Covid ondervinding…
In ‘n verhouding is OM tyd saam te spandeer, te gesels, te kuier, net om in
stilte in mekaar se teenwoordigheid te wees, om mekaar lief te hê, die
boustene van daardie verhouding en intimiteit.
EN gebed is die beoefening van hierdie boustene – dis die dinge wat
verhouding en intimiteit met God ook bou. Gebed (enige vorm van gebed)
bring ons nader aan God, en dit alles gebeur op ‘n sekere tyd en op ‘n sekere
plek.
Wanneer ons bid moet ons bid met ‘n verwagting.Ons moet glo dat God tot
ons sal nader, staan op Sy beloftes. Hy is die heeltyd in afwagting om hierdie
gebed van ons te verhoor.
So, hoekom bid ons nie? Hoekom bid ons nie meer nie?
Ek het al soveel keer gesien dat as ek by die kinderkerk kinders vra om te bid,
dat hulle wegskram of tussen die krake in die vloerteëls wil wegsink. Die vrae
wat dan by my opkom is, “Is hulle net skaam?”, “Weet hulle nie wat om te sê
nie?” of “Weet hulle nie waar om te begin nie?”
MAAR dit gebeur nie net met kinders nie. Hoekom bid ons as grootmense nie
meer nie, is ons redes/verskonings dieselfde of is daar dalk nog een, “Ons is
te besig.”
Bewaar jou honger vir God se teenwoordigheid
Besig is nie ‘n goed genoeg rede om nie by daaglikse gebed uit te kom nie.
Martin Luther het gesê, “Ek het vandag soveel om te doen dat ek drie ure in
gebed sal moet spandeer om dit alles gedoen te kan kry.”
Daar is soveel goeters deesdae wat ons “besig” hou, televisie, sosiale media,
werk, buitemuurse aktiwiteite, en ons hou net aan om ons dae voller te maak.
Suid-Afrikaners spandeer gemiddeld 4 uur en 15 minute per dag voor die tv,
en ek is ook skuldig. Die gemiddelde Suid-Afrikaner bestee elke jaar ongeveer
52 925 minute op sosiale media, dis ‘n yslike 36 dae, 18 uur en 5 minute, dis
ongeveer 2 en ‘n half uur per dag. Net daar het ons klaar amper 7 ure ‘n dag
oop.
Die enigste manier waarop ons ‘n honger na God kan skep en behou, is om
ons siele te beskerm deur te kies waarmee ons dit vul.
As jy genoeg geëet het, is selfs heuning nie meer lekker nie;
as jy honger is, smaak selfs ‘n bitter ding soet.
Spreuke 27:7
Heuning – Die Hebreërs sou hulle kinders heuning gee elke keer as hulle ‘n
skrif vir hulle gesê of geleer het – omdat hulle wou hê hulle kinders moes die
soetheid van God se Woord en teenwoordigheid verstaan.
As jou siel gevul is met sorge, plesier, die liefde vir rykdom, of die begeertes
van hierdie wêreld, sal jy versadig wees en eintlik die soet heuning van God
se gemeenskap verag/verafsku. Moet nie jou lewe so vol maak met dit wat in
die wêreld om jou aangaan dat jy nie meer plek in jou lewe vir God het nie.
Selfs om té besig te wees met die dinge van God kan jou te besig hou vir God
self.
Mense wat in hulle harte besluit het om ‘n verhouding met God te ontwikkel,
sal noodwendig gedryf word na gebed. Hoe meer jy bid hoe sterker jou
verhouding met God, en hoe sterker jou verhouding hoe meer gaan jy bid. IN
die Bybel was die bekendste en belangrikste geestelike mense, mans en
vroue van gebed.
Wat maak hulle so besonders:
Ons moet weet tot wie ons bid, of te wel ons moet weet voor Wie ons staan
as ons bid –
Ons moet God leer ken:
Hoe doen ons dit – Ons bid die “God-sightings” in die Bybel, die Teofanieë.
(Openbaring 4). Teofanieë is skrifgedeeltes wat ons ‘n blik/prentjie gee van
Wie God (Vader, Seun en Gees) is en hoe dit lyk waar Hy is.
Sy karakter – wat Hy van homself openbaar
Waar Hy bly (fisies) – Hoe lyk die hemel
Hoe Hy lyk – sodat ons Hom nie af bring na ons vlak van verstaan nie
Wat Sy wil – as ons Sy Woord bid, bid ons in Sy wil
Wat Jesus oor Homself openbaar
Wat Jesus oor Heilige Gees openbaar
Wat Heilige Gees vir ons en in ons doen.
Ons moet bid soos Jesus:
Ons treffendste voorbeeld van gebed is egter Jesus self. Is dit nie ongelooflik
dat die volmaakte God-mens skynbaar meer as enigiemand anders gebid het
nie. Jesus is gedurig besig om te bid en Hy sê vir ons om ook aanhoudend te
bid (Lukas 18:1).
Waarom het Jesus so baie gebid? Het Hy iets geweet wat ons nie weet nie?
Hy het verstaan dat geestelike gesag, selfs sy eie, die gevolg is van gebed,
omdat gebed die meganisme is wat ‘n verhouding met God bewerkstellig. Hy
het verstaan dat Hy meer woorde, meer krag en meer gesag kon ontvang om
die Vader se wil te doen as Hy wel gebid het.
Dié wat die naaste aan Jesus was, het agtergekom dat daar iets anders was
aan die manier waarop Hy gebid het; daarom het hulle vir Hom gevra om hulle
te leer hoe om te bid:
“Here, leer ons om te bid, net soos Johannes sy dissipels geleer het”
(Lukas 11:1).
Jesus het sonder huiwering aan die versoek voldoen. In wese het Hy vir die
dissipels gesê om aan te hou bid en om nooit moedeloos te word nie (Lukas
18:1); om waaksaam te wees en te bid sodat hulle nie in die versoeking kom
nie (Matt 26:41).
God gee jou/ons ook die opdrag om na die stilste vertrek in jou huis te gaan
om te bid, sodat die Vader wat jou daar in jou alleenheid sien, jou kan beloon
(Matt 6:6).
Om die waarheid te sê, behoort elkeen van ons tot hierdie besef te kom dat
Jesus, (asook Moses, Daniel, Dawid, Elia, Johannes die Doper en die res –
die geestelike atlete) eintlik aanhoudend gebid het, en op grond daarvan meer
mag en gesag as enigiemand anders gehad het.
As ons hierdie geestelike atlete bestudeer, ontdek ons dat hulle oral en op
elke moontlike tyd die Bybel gebid het. Hierdie Godvresende mans en vroue
het vir duisende jare die voorbeeld nagevolg om elke dag die Bybel – hardop –
vir God te bid!
Hierdie vertrekpunt was nog altyd dieselfde gewees, vir Jode en Christene –
bid die Bybel hardop.
Daar kan selfs gesê word dat die hedendaagse evangeliese/ charismatiese
Christendom die eerste geslag van God se kinders in meer as 3000 jaar is wat
nie reg bid nie!
Wanneer ons Jesus se gebedslewe van nader beskou, ontdek ons ‘n paar
interessante patrone.
Ons weet dat Jesus ‘n Jood was, en
As Jood is Hy grootgemaak volgens Joodse gebruike (Lukas 2:22, 42;
4:16).
Dus, Jesus se model van gebed was Joodse gebed. Wat die meeste
mense vandag nie weet/besef nie, is dat die Joodse gebruike vir gebed baie
goed omskryf was in Jesus se tyd. Dit het sy oorsprong in die eerste boeke
van die Ou Testament gehad en was gebaseer op ‘n baie letterlike
begrip/interpretasie van die Skrif. Die eerste groot gebod oor gebed word in
die belangrikste van al die Joodse gebooie, die Shema, aangetref.
Luister, Israel! Die Here ons God is die enigste Here. Jy moet die Here jou
God liefhê met jou hele hart, met jou hele siel en met al jou krag. Jy moet
jouself heelhartig verbind aan die gebooie wat ek vandag vir jou gee. Skerp
hierdie woorde by jou kinders in en praat met hulle daaroor by die huis en
wanneer jy op pad is, wanneer jy gaan lê en wanneer jy opstaan. Bind dit aan
jou hande vas as ‘n herinnering en dra dit op jou voorkop. Skryf dit op die
deurkosyne van jou huis en teen jou stadspoorte.
Deuteronomium 6:4-9
Hoe het Jesus die Shema gebruik…
Wat kan ons vandag uit Jesus se gebedslewe en die Shema leer:
Ons moet onsself leer Hoe om te bid
Ek weet dit klink nou baie snaaks, hoe kan ons onsself leer hoe om te bid
Jesus het immers tog vir ons ‘n Helper gestuur. As jy nie weet waar om te
begin nie, begin met hierdie eenvoudige gebed:
Heilige Gees, maak asseblief my oë en my hart oop. Kom breek asseblief die
Woord vir my oop en leer my.
In Johannes 14:26 belowe Jesus dat die Vader die Heilige Gees sal stuur en
dat Hy ons sal leer en herinner aan alles wat Jesus gesê het.
Dit klink baie maklik, MAAR dit verg harde werk. Jesus en die Jode van die
Bybel het gewerk aan diè ding wat gebed genoem word.
As jy by die Westelike muur in Jerusalem staan sal jy ‘n klomp Jode vandag
nog sien heen-en-weer swaai, vooroor buig, wat hulle koppe knik, met hul
krulle “speel” en ons kan dalk net dink dit is snaaks, maar dis eintlik ‘n les in
doelbewuste gedrag. Hulle gebruik vandag nog die Tahlit en tefillin as hulle
bid. Hulle gaan nie net deur godsdienstige rituele of dagdroom sommer net
nie, nee, hulle is ten volle betrokke, ingetrek in gebed in – hart, kop en
liggaam, of te wel gees, siel en vlees.
Jesus het tog self gesê:
‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met
jou hele verstand.’
Matt 22:37
Hulle neem ‘n doelbewuste besluit om met die Almagtige God te ontmoet.
Hoe kan ons dit vandag doen?
As jy gaan bid, moet nie terugsit op ‘n gemaklike stoel of op jou bed lê en stil
(in jou gedagtes) bid nie. Jou gedagtes gaan begin afdwaal, jy gaan begin
dagdroom of aan die slaap raak.
Sit op die punt van jou stoel, loop rond, bid hardop, konsentreer. Betrek al jou
sintuie, en bid Skrif (mediteer dit).
This Book of the Law shall not depart from your mouth, but you shall read
[and meditate on] it day and night, so that you may be careful to do
[everything] in accordance with all that is written in it; for then you will make
your way prosperous, and then you will be successful.
Joshua 1:8
Mediteer (Meditate)
Wat beteken die woord mediteer?
Die Hebreeuse word vir mediteer is Hagah. Strong’s definieer hagah as “to
imagine, meditate, mourn, mutter, roar, speak, study, talk, utter.”
To Speak (Praat):
Wat die regverdige praat (hagah), is wysheid, wat hy sê, stem ooreen met die
reg. (Ps 37:30)
To Study (Oorweeg):
Die hart van ‘n regverdige oorweeg (hagah) hoe om te antwoord, maar die
mond van goddeloses stort booshede uit. (Spr 15:28) – Studies (KJV);
Ponders (NASB); dink ná/bepeins (AFR53).
To Talk (Vertel):
Heeldag vertel (hagah) ek van u geregtigheid. Dié wat my kwaad wou
aandoen, is nou self beskaam en verneder. (PS 71:24) – sal my tong … prys
(AFR53); Praat (AFR83); Prewel (AFR20)
To Utter (Spreek):
my lippe spreek (hagah) geen onreg nie, en my tong verkondig geen bedrog
nie! – Sê (AFR83, NLV);
Dus om oor God se Woord te mediteer soos in Joshua 1:8,MOET ons dit
hardop doen – bepeins dit dag en nag (AFR53); Oordink dit dag en nag
(AFR83); Jy moet dit dag en nag mymerend prewel (AFR20).
Deur Skrif hardop te bid, bou jy ook jou gebedswoordeskat op en as jy dan so
sou bid, bid jy direk volgens God se wil.
So,
Begin doodgewoon net deur ‘n skrifgedeelte biddend hardop te herhaal totdat
jy “voel” dit val in jou hart (gees) in. Jy sal verbaas wees hoe die Here (Heilige
Gees) sy teenwoordigheid aan jou gaan openbaar., m.a.w. Heilige Gees help
jou om dit te memoriseer.
Smith Wiggleworth het gesê, “I begin in the flesh, and I end in the Spirit.”
Ons moet ons kinders leer Hoe om te bid
Net soos groot mense moet leer om te bid, net so moet kinders ook leer om te
bid. As ouers nie hulle kinders leer om te bid nie sal die kinders selfs nog
minder as hulle ouers bid. Dit is baie hartseer dat ouers dink dat hulle kinders
in ‘n vakuum kan leer. Ondervinding het ons geleer dat kinders nie deur
osmose iets leer nie – behalwe as hulle leer om net so min soos hulle ouers te
bid.
Volgens die Talmoed (naas die Tanag die belangrikste boek in Judaïsme) is
Joodse seuns die Shema geleer sodra hulle kon praat en dit spesifiseer ook
verder dat die pa die seun moet leer. So ons kan met redelike sekerheid
aanneem dat Josef so ook dan vir Jesus die Shema geleer het.
Hulle moet geleer word hoe om te bid. Die Shema sê “Skerp hierdie woorde
by jou kinders in en praat met hulle daaroor…”
Ons kan nie as ouers gedrag van ons kinders verwag, as ons dit nie self doen
nie. Die gesegde sê, “Kinders doen wat hulle, hulle ouers sien doen, nie wat
hulle ouers vir hulle sê om te doen nie. Dit is ons as ouers se God-gegewe plig
om ons kinders te leer om verhouding te hê, of “vriende” te wees met God.
DAAROM, tensy ons self leer hoe en dan ons kinders leer hoe, sal hulle nie
leer nie. Gevolglik, sal hulle nie bid nie.
DIT gaan harde werk verg.