Preek/ Boodskap oor: Huweliksmaand Deel 3

Inleiding en re-cap:

Uit 2 vorige 2 boodskappe:

Friedel: (Bid saam)

Huweliksmaat is my helper en nie my vyand nie.

Die derde persoon se rol in die huwelik.

Lerie: (Verbond) Covenant not contract

Dit is God se wil met huwelik is EENHEID.

Eenheid / een wees = nie net liggaam/fisies nie, ook siel en gees. Eenheid in siels area en gees area.

Teenoorgestelde van eenheid is verdeeldheid. Vyand wil on-eeheid bring.

Inhoud:

Wanneer is daar on-eenheid in huwelik?

Wat bring on-eenheid? Frustrasie

Frustrasie bring verdeeldheid.

Wat volg uit frustrasie?

Konflik

Konflik (gesonde kommunikasie) is NORMAAL en NODIG  –

waarvoor? om eenheid te herstel.

Een manier om “vir eenheid te veg is om reg te kommunikeer

Kom ons kyk eers: Wat sê die Bybel oor Kommunikasie?

Nogal verbasend baie! Lyk my dit kan dalk belangrik wees?

Good communication in marriage makes partners listen to each other better. In James 1:19-20, this is stated, 19 Understand this, my beloved brothers and sisters. Let everyone be quick to hear [be a careful, thoughtful listener], slow to speak [a speaker of carefully chosen words and], slow to anger [patient, reflective, forgiving]; 20 for the [resentful, deep-seated] anger of man does not produce the righteousness of God [that standard of behavior which He requires from us].

Maar wat doen ons?

Die meeste mense vermy ’n konfrontasie.

Jy bewaar liewers die vrede, probeer dit wegredeneer of leef met die situasie saam.

Net solank daar nie ’n bakleiery is nie.

Meningsverskille is heeltemal normaal en sal gebeur.

Dis net ’n kwessie van tyd.

Twis is deel van die alledaagse lewe.

Dit is onvermydelik dat jy die een of ander tyd met iemand sal koppe stamp.

Veral in die huwelik waar die vyand baklei vir oneenheid.

Maar konflik moet hanteer word − maar op die regte manier.

Hoe hanteer jy konflik?

  • Dis nie om net op eiers te loop rondom sekere onderwerpe nie.
  • Friedel noem die alltime favourite Stilstuipe
  • Muur bou. Hoekom bou ons mure om ons hart? (om te beskerm… omdat ons al almal seer gekry het).
  • 90/10 beginsel – jy druk op’n kneus plek – Triggers?

Eph 5:31-33 AMP

31 “For this reason a man will leave his father and mother and be united to his wife, and the two will become one flesh.”[c] 32 This is a profound mystery—but I am talking about Christ and the church. 33 However, each one of you also must love his wife as he loves himself, and the wife must respect her husband

Geheim – Konflik en Kommunikasie geheim is…

Jy kan deel wees van jou maat se gesond word en groei.

  • emosionele gesond word van wonde
  • groei in karakter

Dit gebeur eenvoudig uit hoe julle met mekaar praat in frustrasie tye.

Deel van gesonde kommunikasie en konflik hanteer is:

  • Luister om te verstaan en nie verdedig nie. (brei uit)
  • So leer jy meer van jou maat en van jouself.
  • Dit lei tot Gesond word en Groei
  • Saam met verstaan kom ’n groot stuk Medelye en lei tot Vergifnis

Simba se seer en sy groei.

  • Sekondere woede emosie wat gesetel is is primêre emosies van skaamheid/shame agv leuns van “Scar”, verwerping, idetiteit en destiny wat gesteel is, wil nie verantwoordelikheit opneem nie. Daar is ’n onvervulde behoete aan ’n “absent Father” wat hom erkenning gee en aanspoor.

Nala se seer en haar groei.

  • Sekondere woede emosie wat gesetel is is primêre emosies van teleurstelling, verwerping, moedeloosheid en frustrasie. Daar is ’n onvervulde behoefte aan sekuritet.

Konflik ontstaan dikwels as gevolg van ‘n onderliggende emosionele ontevredenheid wat binne die konteks van die verhouding gevoel word.

Onvervulde behoeftes en hoe hou dit verband met Kommunikasie?

Weet jy wat jou maat se behoeftes is? PRAAT julle daaroor? Of maak jy aannames?

Praat julle dalk verby mekaar?

Verstaan jule mekaar dalk mis? en mis mekaar se liefde vir mekaar.

– 5 Liefdes Tale (hoe jy liefde ervaar)

Dalk is daar Frustrasie agv miskommunikasie of geen kommunikasie.

Uiterlik word frustrasie uitgedruk deur:

Wat hoor ons baie?

  • kritiek
  • ontevredenheid
  • woede!

Woede dui daarop dat iets aandag nodig het, maar dit is gewoonlik ‘n sekondêre emosie wat voortspruit uit primêre emosies:

  • vrees
  • verwerping
  • eensaamheid
  • onvergenoegdheid

Om woede toe te laat om jou aksies te dryf in plaas daarvan om te kies hoe om jou behoeftes en gevoelens uit te druk, kan die spasie tussen julle beskadig.

Hoe om ‘n brawe gesprek met jou gade te voer:

  • dit vat ’n “intensionele dialoog”

Wat is die mees uitdagende gesprekke wat jy met jou huweliksmaat kan hê?

Voorbeelde:

  • geld
  • ouerskap/kinders
  • huishouding/wie doen wat
  • Wat om te doen met ‘n moeilike kind?
  • Wat om te doen oor die moeilike omstandigheid rondom ‘n familielid?
  • Hoe om ontevredenheid op te los met jou seksuele verhouding,
  • Dalk wie of hoe julle besluite neem?

’n Intensionele dialoog help ‘n paartjie om die:

  • wortel van die emosionele seer te vind
  • behoefte te bepaal
  • genesing
  • groei/gedragsverandering)

DIALOOGPROSES: SPIEËLING, VALIDERING EN EMPATIE

Slot:

So met behulp van die 3rde persoon Heilige Gees in ’n veilige omgeweig waar ’n intesionele gestruktueerde dialoog plaas vind help ons mekaar gesond word en groei on karakter en ons huwelik word weer een.

Ons word Gesond en Groei met diep konnneksie en eenheid.

WAARHEDE:

  1. Dit waaroor ‘n egpaar ook al die huiwerigste is om te praat, waarskynlik is wat hulle die nodigste moet bespreek.
  2. Selfs ‘n lomp poging om dinge deur te praat is beter as om ‘n probleem te ignoreer en te hoop dit sal net weggaan.
  3. In ‘n gesonde verhouding, as een van julle ‘n probleem het, het julle albei ’n probleem.
  4. Jou huweliksmaat is NIE jou vyand nie maar jou helper, as daar ‘n probleem is; wil jy jou gade betrek om die probleem saam aan te spreek.
  5. Jy mag dalk aanneem dat liefde jou teen konflik sal beskerm, maar nadat die wittebrood verby is, ontdek die meeste paartjies dat hulle steeds twee afsonderlike individue is met verskillende geskiedenisse, gewoontes en voorkeure.
  6. Hoe jy selfs geringe konflikte benader, gee ‘n toon aan vir jou verhouding en bepaal of jy ‘n veilige ruimte skep waarin julle albei kan floreer en groei.

Slot:

Hoe praat jy met jou man of vrou?

Hoe baklei jy?

Hoe klink die gesprek as julle verskil?

Bevorder dit eenheid of verdeeldheid?

Kom ons fokus op hoe ons met ons huweliksmaat praat en leer/oefen om regtig te luister om te verstaan!

Amen