– Het jy geweet dat jy beheer het oor meeste van die uitkomste in jou lewe.
– Daar is sekere goed waaroor ons nie beheer het en ons sal later daaraan raak daar.
– In hierdie seisoen van gebed en vasting is dit nog meer belangrik dat ons hierdie verstaan
Bevestigings uit die Woord
1.Klop en dit sal oopgemaak word – Matt 7:7
2.Bid en jy sal ontvang – Mark 11:24
3.Soek en jy sal vind – Matt 7:7
4.Vra, en dit sal gegee word – Jak 4:2
5.Nader tot God en Hy sal tot jou nader – Jak 4:8
6.Verneder jouself en jy sal opgelig word – Jak 4:10
7.Wat jy Saai, sal jy maai – Gal 6:7
8.Geregtigheid lei tot vrede – Jes 32:17
3 Voorbeelde uit die Woord
- Gelykenis van die saaier
“En nog ander het op goeie grond geval, en dit het opbrengs gelewer – party honderd-, ander sestig- en ander dertigvoudig.”
Matteus 13:8 AFR20
0/30/60/100
Jy bepaal die toestand van die grond.
Hoe deel jy met jou verlede (Veral dit waaroor jy nie beheer gehad het nie)
Hoe honger is jy vir die Woord
Hoe belangrik is die vrug vir jou
- Gelykenis van die talente
“Vat dan die talent by hom en gee dit vir die een wat die tien talent het. Want aan elkeen wat het, sal gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar wie nie het nie, van hom sal ook wat hy het, weggeneem word.”
Matteus 25:28-29 AFR20
0/4/11
Jy bepaal jou gesindheid, strategie en jou vermoëns
2.1.Gesindheid is n keuse
2.2.Strategie is beplanning
2.3.Vermoeëns is opleiding en beoefening
- Glorie tot Glorie
“En ons almal, terwyl ons met ontsluierde gesig die heerlikheid van die Here aanskou, soos in ‘n spieël, word na dieselfde beeld verander, van heerlikheid tot heerlikheid, soos afkomstig van die Here, die Gees.”
2 Korinthiërs 3:18 AFR20
Solank ons “aanskou”
Geestelike insette
Omgang met God
Areas waar jy jou uitset kan bepaal deur wat jy insit
- Jou Gees
“Oefen jouself om godvresend te leef; want liggaamlike oefening is wel in ‘n geringe mate nuttig, maar godvresendheid is nuttig in alle opsigte. Dit hou belofte in vir die huidige én die toekomstige lewe.”
1 Timoteus 4:7-8 AFR20
- Gebed
- Geestelike Taal
- Woord
- Vas
- Dissiplines
- Jou hart
“Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe.”
SPREUKE 4:23 AFR 20
- Wat jy in jou hart insit, en toelaat bepaal wat uitkom in jou lewe
- Jou dagboek
“Let daarom sorgvuldig op hoe julle leef – nie as onverstandiges nie, maar as wyses. Koop die tyd uit, omdat die dae vol boosheid is.”
Efesiërs 5:15-16 AFR20
- Jy word wat jy dagboek (Bill Hybels) (Simplify)
- Die vermoë om nee te sê
- Begin deur gebed en Woord te dagboek
- Omhels korporatiewe en meelewe geleenthede
- Jou Gesondheid
“Maar ek dissiplineer my liggaam en maak dit diensbaar, sodat ek nie, terwyl ek vir ander gepreek het, dalk self gediskwalifiseer word nie.”
1 Korinthiërs 9:27 AFR20
- Eet
- Oefen
- Organe
- Jou denke
“Julle moenie aan hierdie wêreld gelykvormig wees nie, maar verander word deur die vernuwing van julle denke, sodat julle goed kan onderskei wat die goeie en aanneemlike en volmaakte wil van God is.”
Romeine 12:2 AFR20
- wat jy kyk en luister bepaal wat jy dink
- Jou verhoudinge
“Laat julle nie mislei nie: “Slegte geselskap bederf goeie sedes.” Wees nugter in julle denke, soos dit hoort, en moenie sondig nie“
1 Korinthiërs 15:33-34 AFR20
- Jy word soos hulle Met wie jy jou omring
- Aan wie jy jouself meet (goed of sleg)
- Hoe jy ander behandel bepaal hoe jy behandel word
- Jou Lewenslus
“Wat julle ook al doen, werk met geesdrif, soos vir die Here, en nie soos vir mense nie,”
Kolossense 3:23 AFR20
- Vermoe om jou energie (lewenslus) te vermeerder
- Deur besig te wees met jou sterkpunte en belangstellings
- Deur die lae energie areas te bestuur en te minimiseer
- Jou ewigheidsplan
“Stry die goeie stryd van die geloof; gryp die ewige lewe aan, waartoe jy geroep is en waarvan jy die goeie belydenis voor baie getuies afgelê het.”
1 Timoteus 6:12 AFR20
- Jou verhouding met God
- Waar jy ewigheid deurbring
- Wat jy agterlaat
3 Notas
- Jy bepaal (meesal) wat jy toelaat in jou lewe.
- Wat jy insit is wat jy uitkry
- Dis nie noodwendig kwantiteit nie maar wel kwaliteit. Sit jy die regte goed in die regte hoeveelhede in?
- Om 8 ure ‘n dag te oefen vir 1 week lank is nie noodwendig die antwoord nie
- Dit gaan oor ‘n leefstyl
- Begin met die einde in sig, maw wat is die vrug, uitkomste en doelwitte wat ek wil bereik?
Begin dan die regte dinge insit om die regte dinge te kan uitkry.
Where do I want to be and then retracting the way from there backwards at what I need to do and take with.
Kellman Baxter
- (Geduld is n groot probleem van ons tyd)
- Ons leef in ‘n wereld van onmidelikke bevrediging
- Boere verstaan die Geduld proses van saai tot maai
- Kies jou redes:
In alle situasie kan Jy redes vind hoekom iets nie kan werk nie,
maar ook hoekom dit kan werk.
Beide stelle redes is altyd teenwoordig.
Jy kies na watter redes jy kyk en bepaal die uitkoms dan daarvolgens.
- Dit beteken nie jy moet alles aanvat nie maar wel wat jy moet insit om jou gekose uitsette te kry.
Jou Ongevraagde areas
Die vermoe om te deel met dit waaroor jy nie beheer het nie
- Gesindheid
- Perspektief (groter prentjie)
- Fokus (Waaroor het ek beheer)
- Geloof
- Vertroue
- Aanvaarding
Ten Slotte
“Maar wie op die Here wag, herwin hulle krag; hulle kry nuwe vere soos arende. Hulle hardloop, maar raak nie afgemat nie, hulle loop, maar word nie moeg nie.”
Jesaja 40:31 AFR20