Preek/ Boodskap oor: Staan Op!

Inleiding:

Vandag wil ek gesels oor die tema

STAAN OP

Verlede naweek het ons Paasfees gevier.

Ou Testament is n skaduwee van Jesus oor Paasfees en die 3 Feeste van Nisan (Maart / April) gaan oor

– Reiniging

-Verlossing

-Opstanding (Vernuwing)

“Die Here het vir Moses gesê: “Gaan, trek hiervandaan op, jy en die volk wat jy uit Egipteland laat optrek het, na die land wat Ek met ‘n eed beloof het aan Abraham, Isak en Jakob, deur te sê, ‘Aan jou nageslag sal Ek dit gee.’ Ek sal ‘n engel voor jou uit stuur, en Ek sal die Kanaäniete, die •Amoriete, die Hetiete, die Feresiete, die Hewiete en die Jebusiete verdryf. Trek op, Israel, na ‘n land wat oorloop van melk en heuning.”

‭‭Eksodus‬ ‭33‬:‭1‬-‭3‬ ‭AFR20‬‬

Gedagtes

  1. April beteken om te bot en was die begin van die agri nuwe jaar (en feeste siklus) in die Ou Testament (Noordelike Halfrond)
  • April is n seisoen van reiniging en vernuwing –

       (Lente / Bot)

  • Jesus is die eerstevrug van die opstanding.

      Vader het Jesus gesaai met die oog op n groot oes

van mense wat opstaan uit die dood –

(Verlossing / salvation)

“Julle grootpratery is nie mooi nie. Weet julle dan nie dat ‘n klein bietjie suurdeeg die hele mengsel deursuur nie? Verwyder die ou suurdeeg, sodat julle nuwe deeg kan wees, soos julle inderdaad ongesuurde brood is. Want ook ons Pasgalam, Christus, is geslag. Laat ons daarom feesvier, nie met ou suurdeeg, die suurdeeg van kwaad en boosheid nie, maar met die ongesuurde brood van opregtheid en waarheid.”

‭‭1 Korinthiërs‬ ‭5‬:‭6‬-‭8‬ ‭AFR20‬‬

“Maar nou, Christus ís opgewek uit die dood – die eersteling van die ontslapenes. Want aangesien die dood deur ‘n mens gekom het, kom die opstanding van dooies ook deur ‘n mens. Want soos almal deur Adam sterf, so sal almal in Christus lewend gemaak word;”

‭‭1 Korinthiërs‬ ‭15‬:‭20‬-‭22‬ ‭AFR20‬‬

“Maar Jesus antwoord hulle: “Die uur het gekom dat die Seun van die Mens verheerlik moet word. Amen, amen, Ek sê vir julle: As ‘n koringkorrel nie in die grond val en sterf nie, bly dit net een enkele korrel; maar as dit sterf, dra dit baie vrug.”

‭‭Johannes‬ ‭12‬:‭23‬-‭24‬ ‭AFR20‬‬

Die oproep Staan op is dus nie net in die ewigheid nie, maar reeds nou en hier waar ons as dissipels op aarde leef

“immers, alles wat sigbaar word, is lig. Daarom word gesê: Word wakker, jy wat slaap, en staan op uit die dood en Christus sal sy lig oor jou laat skyn. Let daarom sorgvuldig op hoe julle leef – nie as onverstandiges nie, maar as wyses. Koop die tyd uit, omdat die dae vol boosheid is. Ef 5:14 AFR20

  • Ons word soms moeg en moedeloos
  • Seisoene soos April wil ons aanmoedig om weer te vernuwe
  • Vader se talent is om woestyne en wildernisse te vernuwe

“Stop dwelling on past events and brooding over times gone by; I am doing something new; it’s springing up — can’t you see it? I am making a road in the desert, rivers in the wasteland.”

‭‭Is‬ ‭43‬:‭18‬-‭19‬ ‭CJB‬‬

1.Bid ‘n biki meer

“En wat julle in my Naam vra, sal Ek doen, sodat die Vader deur die Seun verheerlik mag word. As julle My iets in my Naam vra, sal Ek dit doen.””

‭‭Johannes‬ ‭14‬:‭13‬-‭14‬ ‭AFR20‬‬

Jy word wat jy dagboek – Bill Hybels

Jy word waarop jy fokus en waaraan jy tyd spandeer

  1. Glo ‘n biki meer

“Therefore the Lord God says this, “Listen carefully, I am laying in Zion a Stone, a tested Stone, A precious Cornerstone for the [secure] foundation, firmly placed. He who believes [who trusts in, relies on, and adheres to that Stone] will not be disturbed or give way [in sudden panic].”

‭‭Isaiah‬ ‭28‬:‭16‬ ‭AMP‬‬

Maak ‘n keuse om aktief hierdie 7 dinge meer aandag aan te gee

  1. Rus ‘n biki meer

“Want so sê die Here Here, die Heilige van Israel: In terugkeer en rus lê julle heil, in stil wees en vertroue bestaan julle krag;

‭‭JESAJA‬ ‭30‬:‭15‬ ‭AFR53‬‬

  1. Oefen ‘n biki meer

“Vermy goddelose en dwase mites. Oefen jouself om godvresend te leef; want liggaamlike oefening is wel in ‘n geringe mate nuttig, maar godvresendheid is nuttig in alle opsigte. Dit hou belofte in vir die huidige én die toekomstige lewe.”

‭‭1 Timoteus‬ ‭4‬:‭7‬-‭8‬ ‭AFR20‬‬

  1. Droom ‘n biki meer

““Staan op, laat jou lig skyn! Ja, jou lig het gekom, en die heerlikheid van die Here skyn oor jou. Ja, kyk, donkerte bedek die aarde, en diepe duisternis die volke; maar oor jou skyn die Here, en oor jou word sy heerlikheid sigbaar.”

‭‭Jesaja‬ ‭60‬:‭1‬-‭2‬ ‭AFR20‬‬

Prediker – as jy net na die weer kyk gaan jy nooit saai nie

  1. Waag ‘n biki meer

“As die Gees van Hom wat Jesus uit die dood opgewek het in julle woon, sal Hy wat Christus uit die dood opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.”

‭‭Romeine‬ ‭8‬:‭11‬ ‭AFR20‬‬

-Wees geduldig, saad het tyd nodig om vrug te word

-Leer swem voor jy in die diepkant inspiring

-Pred 11:4

  1. Seen ‘n biki meer

“Draw down“

“Ek sal vir jou die sleutels van die koninkryk van die hemele gee, en wat jy ook al op aarde toesluit, sal in die hemele toegesluit wees, en wat jy ook al op aarde vrylaat, sal in die hemele vrygelaat wees. ””

‭‭Matteus‬ ‭16‬:‭19‬ ‭AFR20‬‬

Kom ons spreek hoe ons dit graag wil hê en nie hoe dit werklik is nie

Num 6:24-27

Plaas God se naam op jou mense

 

Staan Op, Staan Op, Staan Op,

Slaan die spyker op sy kop

Kyk Op, Tree Op, Saal Op

Staan Op, Staan Op, Staan Op,

Slaan die duiwel op sy kop

Verdriet, verbitter en vermoeid – Skop op

Staan Op, Staan Op, Staan Op,

Kry n huppel in jou stap en hop

Vryheid, Vrede, Vreugde, -Klim Op

Staan Op, Staan Op, Staan Op,

Al staan die wêreld op sy kop

Waagmoed, wysheid, durf en daad – Stroom op

Staan Op, Staan Op, Staan Op,

ganse wêreld in die sop – Kyk op

Drome, planne, inspirasie en idees – Klim op

Staan Op, Staan Op, Staan Op,

Glo en bid al moet jy Berg op

Vrees en ongeloof – Gee op

Staan Op, Staan Op, Staan Op,

Seen jou kinders op hul kop

Vernuwing in jou liefde – Sit op

Staan Op, Staan Op, Staan Op,

 

Ten Slote:

Hoekom nie?

Wat is jou redes?

Skryf dit neer?

Kry raad en hulp

Deel daarmee