Inleiding:
Pasga / Fees van ongesuurde brode.
Jaarlikse pelgrimstog en fees vir Jode.
Eksodus 12:13
13Die bloed wat julle aan julle kosyne gesmeer het, sal vir My ’n teken wees dat julle daar bly. As Ek dit sien, sal Ek daardie huis oorslaan. Die ramp wat Ek oor Egipte laat kom, sal julle nie tref nie.
Opgeteken in al 4 evangelies vanuit 4 verskillende perspektiewe
- Matt 21:1–11
- Markus 11:1–1
- Lukas 19:28–44
- Johannes 12:12–19
Titel:
Wie is Jesus? Wie is Jesus vir my? (vir jou?)
Matt 21:10
10Toe Hy Jerusalem binnegaan, was die hele stad in beroering. Hulle het gevra: “Wie is hierdie man?”
Inhoud:
Ons lees van ’n paar groepe mense en ’n paar individue, en wie hulle sê Jesus is.
*Hier is dalk ’n paar lesse of dalk ’n wakeup call (’n waarskuwing) vir ons vanoggend.
- Die engel Gabriel
Lukas 1:28-33
28Gabriël het aan haar verskyn en gesê: “Ek groet jou, geseënde vrou! Die Here is met jou!
29Verward en ontsteld het Maria gewonder wat die engel se begroeting kon beteken. 30“Moenie bang wees nie, Maria,” het die engel gesê, “want God het besluit om jou te seën! 31Jy sal swanger word en ’n seun hê en jy moet Hom Jesus noem. 32Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word. En die Here God sal Hom die troon van sy voorvader Dawid gee. 33Hy sal vir ewig oor Israel regeer; en sy koningsheerskappy sal nooit eindig nie!”
- Wat sê Jesus eers
Bly stil en moenie vertel nie.
- Nadat Jesus aan sy dissipels bevestig het dat hy wel die Messias is, het Jesus hulle opdrag gegee om dit vir niemand te vertel nie. (Matthew 16:20; Mark 8:29-30; Luke 9:20-21)
- Jesus het ‘n melaatse genees en vir hom gesê om vir niemand te sê dat dit hy was wat dit gedoen het nie. Die man het egter nie aan hierdie versoek voldoen nie. (Mark 1:40-44;Matthew 8:1-4; Luke 5:12-15)
- Jesus het vir demone gesê om nie oor hom te praat en vir ander te vertel wie hy is nie.(Mark 1:34, 3:11-12)
Dit was nog nie tyd nie.
- Wat sê Sagaria?
Sagaria 9:9-11
Sion se koning kom
9Wees baie bly, dogter van Sion!
Juig hardop,
dogter van Jerusalem!
Kyk, jou koning kom na jou toe.
Hy is regverdig
en ’n oorwinnaar,
maar tog is hy nederig.
Hy ry op ’n donkie,
die vul van ’n donkie.
10Die strydwaens van Efraim
sal Ek vernietig,
en ook die oorlogsperde
in Jerusalem.
Al die wapens vir oorlog
sal Ek vernietig.
Jou koning sal vir die nasies
vrede bring.
Sy ryk sal strek van see tot see,
van die Eufraatrivier af
tot aan die uithoeke van die aarde.
- Wat sê mense: asook Petrus:
Mattheus 16:13-17
13Toe Jesus in die omgewing van Sesarea-Filippi kom, vra Hy sy dissipels: “Wie dink die mense is Ek, die Seun van die Mens?”
14“Wel,” antwoord hulle, “party sê U is Johannes die Doper, ander weer Elia, nog ander Jeremia, of een van die ander profete.”
15Hy sê toe vir hulle: “En wat van julle, wie sê julle is Ek?”
16Simon Petrus het geantwoord: “U is die Messias, die Seun van die lewende God.”
17Jesus het hom geantwoord: “Gelukkig is jy, Simon seun van Jona, want my hemelse Vader het dit aan jou bekendgemaak. Hierdie wete het jy nie van enige mens ontvang nie.
- Skare uit Betanië? (agter Hom)
Hulle sien Lasarus uit die dood uit opgewek en ander wonders. Dissipels en vriende en getuies van o.a. Lasarus se opwekking uit die dood.
- Mense in die prosesie na Jerusalem (voor Hom)
- Hierdie groep is daar vir die fees en sien die optog oor die Olyfberg kom.
- Hulle sien die prosesie en is honger en desperaat vir ’n redder uit die Romeinse verdrukking.
- Hulle ken die skrif en sien ’n verlosser op ’n donkie nes dit geprofeteer was.
- Hulle raak opgesweep en deel van die prosessie en intog na Jerusalem.
- Hulle sien Jesus as die koning wat hulle uit die Romeinse ryk se mag gaan verlos en vrede bring.
- Hulle waai en gooi palm takke en klere voor Jesus uit (en op die donkie) om op te loop.
- Tak en Talliet.
- Skrifgeleerdes en fariseers en geestelike leiers van die tyd:
Hulle hoor hoe die skare “hande uitruk” – Sê dat Hy sy volgelinge moet stil maak, Jesus sê dan sal die klippe dit uitroep.
- Hulle is daar om Jesus dop te hou en te probeer uitvang. Jesus krap in hulle slaai en is baie uitgesproke en krities oor hoe hulle dinge doen.
- Hulle is bekommerd dat as die Romeinse ryk hoor van ’n “Joodse Koning” gaan hulle dinge warmer maak in Jerusalem. Probleme veroorsaak.
Wat sê Jesus later in die week:
- Wat sê Jesus in verhoor voor Joodse raad?
Markus 14:61-65 Leunaar en Godslasteraar.
Die hoofpriester vra toe nog ’n keer vir Hom: “Is jy die Messias, die Seun van die lofwaardige God?” 62Jesus se antwoord was: “Ja, Ek is,
en julle sal vir My, die Seun van die Mens,
sien sit aan die regterhand van God,
die Magtige, en hoe Ek terugkom met die wolke
van die hemel.”
63Toe skeur die hoofpriester sy klere uit verontwaardiging en sê: “Watter ander getuies het ons nog nodig? 64Julle het sy godslastering gehoor! Wat is julle bevinding?”
Hulle het eenparig verklaar: “Hy is skuldig. Hy verdien die doodstraf.”
- Wat sê Jesus voor Pontius Pilatus?
Joh 18:33-37
33Pilatus het toe weer in die hoofkwartier ingegaan, Jesus geroep en vir Hom gesê: “Is jy die Koning van die Jode?”
34Jesus het daarop reageer: “Sê u dit uit u eie, of het ander dit oor My aan u vertel?”
35“Ek is mos nie ’n Jood nie!” het Pilatus geantwoord. “Jou volk en jou priesterhoofde het jou aan my uitgelewer. Wat het jy regtig verkeerd gedoen?”
36Jesus het geantwoord: “My koningskap is nie van hierdie wêreld nie. As my heerskappy van hierdie wêreld was, sou my onderdane hard geveg het sodat Ek nie aan die Joodse owerhede uitgelewer word nie. Maar nou is my heerskappy nie van hier nie.”
37“Is jy dan tog wel ’n koning?” vra Pilatus.
“U sê dit, dat Ek ’n koning is,” antwoord Jesus. “Hiervoor is Ek gebore en hiervoor het Ek na die wêreld toe gekom, met die doel om vir die waarheid getuienis af te lê. Elkeen wat lief is vir die waarheid, luister na my stem.”
- Wat sê die soldate en mense wat verby die kruis op Golgota stap?
Lukas 23:35-37
35Die volk het net daar gestaan en toekyk. En die leiers het aangehou om Hom te bespot met dié woorde: “Ander het hy gered. Laat hy homself red as hy die Messias, die uitverkorene van God is!”
36Ook die soldate het vorentoe beweeg en Jesus gespot. Hulle het vir Hom asynwyn aangebied 37en gesê: “As jy die Koning van die Jode is, red jouself.”
- Wat sê die misdadiger langs Jesus?
Lukas 23:38-42
38Daar was ook ’n kennisgewing bokant Jesus se kop: “Hierdie man is die Koning van die Jode.” (Pontius Pilatus laat dit opsit)
39Een van die misdadigers wat daar gehang is, het Jesus aanhou beledig deur te sê: “Is jy dan nie die Messias nie? Red jouself en ook vir ons!”
40Die ander een het hom egter bestraf en gesê: “Het jy óók nie respek vir God nie, alhoewel jy dieselfde straf as hierdie man ondergaan! 41Ons het dit terdeë verdien, want ons verdien die straf vir wat ons gedoen het. Maar hierdie man het niks verkeerds gedoen nie.” 42Hy het verder gesê: “Jesus, onthou my asseblief wanneer U in u koninkryk kom.”
- Wat sê die offisier en die soldate wat Jesus aan die kruis bewaak het, het dit alles sien gebeur en hulle sê:
Mattheus 27:54
54Die Romeinse offisier oor honderd en die ander soldate wat Jesus bewaak het, het baie beangs geword toe hulle die aardbewing en die ander gebeurtenisse sien, en hulle het gesê: “Hierdie man was werklikwaar die Seun van God!”
Wat sê jy? Wat leef jy?
Slot:
Die skare op daardie Sondag sing en verklaar almal saam dat Jesus koning is … maar toe hulle in Jerusalem kom is dit “bussines as normal “en hulle gaan aan met hulle “lewe” (onveranderd).
4 Dae later skreeu hulle “kruisig Hom” omdat Hy nie die Jesus (koning) was wat hulle wou hê nie.
Lukas 19: 41
Jesus huil… woord huil hier beteken “hartverskeurend” nie net ’n traan nie.
Jesus huil… oor verkeerde prentjie en verwagtinge in harte daardie dag maar ook vandag.
Nie net oor die vernietiging van Jerusalem as stad en die sterwe van mans vrouens en kinders nie….. maar oor die GROOT MISVERSTAND.
Hulle mis die punt en rede waarvoor Jesus regtig gekom het en gedoen het wat Hy gedoen het.
Hulle verwagting van wie Jesus is is verwronge:
- Beter gaan in die land
- Omstandighede te verander vir die beter
- Beter finansies en ekonomie en besigheid
- Beter verhoudings, werk en gesondheid
- Hulle volg Hom vir Sy wondererke
…. i.p.v. om Hom te soek vir ’n persoonlike verhouding met Vader Jesus en HG.
Harde woorde:
‘n Mens kan verstaan dat die ongelowige wêreld nie Jesus se Koningskap en heerskappy aanvaar nie. En tog gebeur dit dat ook gelowiges dit doen…
Ons bely dat Jesus Koning van ons lewe is, dat ons aan Hom behoort en dat ons onder sy heerskappy lewe…
Maar is dit wat in die praktyk van elke dag gebeur?…
Getuig ons lewens daarvan dat Jesus Koning van ons lewe is, dat ons Sy wil in alles soek en doen? Leef ons uit sy vergifnis deur vir die sonde “nee” te sê, want deur aan te hou sondig spot ons ook maar met die offer wat Hy gebring het aan die kruis…
Is Jesus The Lord of Jou Lord? (daar is ’n verskil).
Is jy ’n Fan of ‘n Follower?
Jesus het vandag nog baie “fans”
- check net in
- beleef
- geniet
- ervaar
- selfs worship
maar as dit klaar is check hy weer uit en die lewe gaan onveranderd voort.
“Follower”/ware dissipel
- het ware verhouding
- is konstant in kontak
- lewe met ’n konstante bewustheid van Jesus se koningskap en liefde en waarheid
- het ’n ewigheids perspektief
- is vol van Heilige Gees wat hulle lei en transformeer in God se ewige koninngkryk
Jesus gaan Jerusalem as koning op ’n donkie in maar gaan eendag as koning op ’n wit perd terug kom vir Sy bruid.
UItnodiging en Noodlyn:
- Moenie die besliste tyd van God se genade besoek aan jou mis nie.
- Miskien moet die koning van konings in jou hart in kom vanoggend
- Miskien moet ons ons misverstaan bely en Hom opnuut in nooi
- Miskien wil jy net opreg verklaar dat Hy die ware Koning van jou lewe is (vir die regte redes)
- Moenie kommende Vrydag se Paasdiens misloop of misverstaan nie!