Ons het die jaar begin met die gelykenis in Luk 18: Om ons aan te moedig om aan te hou bid sonder om moedeloos te word.
- As huise van gebed is ons nie te sleg hiermee as dit kom by ons eie lewens nie, maar…
Ek het die vraag gevra: Wat van die Here se agenda vir die wêreld?
- Hoe aktief is ek en jy in ons persoonlike hoedanigheid ‘n huis van gebed as dit kom by die Here se agenda vir die wêreld?
- Hoe aktief is ons as ‘n gemeente as dit kom by God se agenda vir die wêreld?
Mat 9:37-38 (Afr83) – Hy sê toe vir Sy dissipels: “Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir die oes.”
- Ek het in deel 1 gesê dat in ons persoonlike hoedanigheid, as ‘n huis van gebed, ons op hierdie manier in Vennootskap met Heilige Gees is.
- Ons MOET bid vir die oes – Die oes is Sy agenda!
- Kom ons gaan vanoggend verder…
Ek gaan nie vandag vir jou preek nie. Ek roep jou op tot gehoorsaamheid aan die Here se groter missie.
- Toets die woord of dit te lig bevind word en of dit naby aan die Here se hart is.
Bid vir iets anders
Petrus en Johannes verskyn voor die Joodse raad oor die genesing van ‘n verlamde man by die tempel (Handelinge 4).
- Hulle word belet om verder oor Jesus te praat.
- Ons is in ‘n samelewing en onder ‘n regeringstelsel wat ons ook wil belet om oor Jesus te praat.
- Hoe reageer Petrus en Johannes?
- Hulle bid: Han 4:29-30 (Afr53)“En nou, Here, let op hulle dreigemente en gee aan u diensknegte om met alle vrymoedigheid u woord te spreek, deurdat U u hand uitstrek tot genesing, en tekens en wonders deur die Naam van U heilige kind Jesus plaasvind.”
- Hou op praat oor Jesus! Reageer hulle: Ekskuus, ons sal nie weer nie?
- NEE! Hulle bid vir die Here om hulle te help om groter vrymoedigheid te hê om aan te hou vertel van Jesus. (en bid vir nog meer wonders en tekens)
- Wie bid ooit so hieroor? Groter vrymoedigheid om nie op te hou om Jesus te deel nie?
- Mense wil dalk nie hoor nie. Maar Here help ons om nie op te hou nie en met net nog meer vrymoedigheid te deel oor Jesus.
- Het jy nie vrymoedigheid nie? Begin bid daaroor, huis van gebed.
-
-
- Wanneer jy bid oor iets, raak dit deel van jou dag se verwysingsraamwerk en ‘n bewustheid rakende die geleenthede voor hand raak groter.
-
Ek het genoem dat ons ‘n visie voor julle wil hou die jaar wat groter is as net ek en jy.
- Wat is die krag van ‘n woord en ‘n keuse?
- Moenie dink dat hierdie ‘n oproep is vir jou om op jou eie alleen aan te pak nie, want dit is nie.
- Die oplossing lê in vennootskap.
- Hier is die uitdaging: Ons (LCF – ek en jy) moet meer siele dissipel. – (DIE OES)
- ‘n Oproep en ‘n skriftuurlike plan.
Ons saam, Vennote in visvang
Mat 16:13-18 (Afr53) – lees dit.
Kerk: samekoms van mense wat gebind is deur die feit dat hulle ooreenstem dat Jesus die Christus is, die Seun van God.
- Jesus verklaar: “Dit sal groei en groei en niks gaan dit stop nie”.
Op daardie stadium was hulle ‘n klein groepie. Vandag is 1/3 van die wêreld mense wat steeds bou op hierdie verklaring dat Jesus die Christus is.
- Tot almal die boodskap gehoor het sal die kerk bly voortbestaan.
- Satan probeer dit stop en daar is baie struikelblokke vir die kerk maar soos Jesus gesê het bestaan die kerk steeds en groei dit voort
Die kerk is in vennootskap met die Here Jesus tot hierdie missie. En ek en jy as lewende boustene is ook in vennootskap met die kerk van die Here Jesus.
Bou ons saam aan Sy kerk? Friedel HOE?
Natuurlik werk ons saam hier binne. Maar hoe kan ons ‘n stap verder gaan om deel te wees van ‘n groter mossie?
- Nooi iemand kerk toe.
Hoe gemaklik is jy om iemand hierheen te nooi? Ek kon onthou hoe die gemeente was waarin ek grootgeword het en ek sou nooit iemand na ons eie gemeente genooi het nie.
Kerk moet ‘n plek wees van Sy teenwoordigheid, omgee vir mekaar, plek waar genesing en geestelike groei plaasvind.
- Is hierdie so ‘n plek?
- Word lewens hier verander?
- Is ons besig om omgewings te skep waar siele vir Jesus kan ontmoet en beter leer ken?
- Hoe oortuig is jy hiervan?
- Dan kan die samekomste nie ‘n “best kept secret” bly nie.
Hoekom dink jy dat jy dit alleen moet doen daar buite?
- Jesus belowe waar 2 of meer mense in Sy naam vergader, is Hy in hulle midde (sien skrif):
Waar die liggaam van Jesus vergader belowe Hy Sy teenwoordigheid.
- Nooi iemand na hierdie geleentheid…
- Friedel, ek sien jou… jy wil net hierdie kerk groei.
Jy hoef nie die Hele Bybel en al die antwoorde tot die moeilike lewensvrae te ken nie. (wees ‘n visser)
Kom kyk / kom sien…
Joh 1:39-40 “Meester, waar bly U? Hy sê: Kom kyk”
Joh 4:29 – Vrou by put: “Kom kyk ‘n man wat my alles van my vertel het…”
Joh 1:46-47 – Filippus aan Natanael: “Ons het die Messias gevind, kom kyk…”
Nooi iemand uit: en sê vir daardie persoon “Kom saam my kerk toe. Kom kyk vir jouself.”
- Deel wat Jesus vir jou doen.
- Vergeet van die moeilike teologiese vrae. Maar ek weet God is goed.
- Nooi iemand hierheen. Hier gebeur dinge, hier is die omgewing waar ons ruimte skep vir Heilige Gees, hier is preke en kursusse, hier is spanne en deel word, hier is hopelik omgee en liefde.
- Hoekom nie iemand uitnooi om dit self te kom beleef en self te kies nie?
- Hier ontmoet Heilige Gees mense en werk ook self met hulle.
Op die manier is ons vennote in die visvang van siele.
Draai na die persoon langs jou toe en sê: Kom kyk!!
- Sien. Jy kan dit doen.
Asb, vat hande met ons en vat hande met Jesus en kom ons almal bou saam aan sy kerk.
- Jesus gaan sy kerk bou met of sonder my en jou.
- Ek sal eendag voor Hom wil staan met my lewe as geskiedenis dat ek saam met Hom gewerk het.
Ek som op: Huise van gebed:
- Bid vir die oes, vir arbeiders.
- Bid vir ‘n groter vrymoedigheid om Jesus te deel en uit te reik.
- Treë in vennootskap in en nooi iemand met: Kom kyk!