\
Vir die laaste 2 weke was ek uitstedig saam met Lérie (en sy is nogsteeds), so dis die eerste keer sedert ek na ons tydperk van vas en gebed in die opbou na Pinkster, hier by die kerk is.
Wat was die impak van hierdie tydperk?
- Ek het in die tyd geluister na van ons vennote se verhale op Inspirasie Stasie.
- Ek het in die 3 weke vas en gebed tydperk met van julle te doen gekry.
…En een ding is ek seker: Die geestelike temperatuur van individue het gestyg.
- Ons lees van geestelike temperatuur in Openbaring: koud, lou, warm.
- Hier is dissipels by LCF wie se geestelike temperatuur warmer en warmer word.
- En ek glo saam met dit, die algehele geestelike temperatuur van hierdie gemeente.
Maar as dissipel is dit belangrik om op koers te bly en om nie koud of lou te wees nie. So as dissipels by LCF se intimiteit met Die Meester verdiep a.g.v. ‘n tydperk van vas en gebed, dan is dit ‘n wen.
- Ons is beslis nie klaar met die onderwerp van vas nie en ons is beslis nie klaar met die onderwerpe waaroor ons gevas en gebid het nie.
In die aan beweeg na die 21 dae vas en gebed tydperk was die vraag in my hart: Wat is volgende?
- Daarom gaan ons vergader vanoggend rondom die onderwerp: Wie het houvas?
Wie het houvas oor jou lewe? Anders gestel: Vir wie maak jy plek?
- Houvas = invloed, greep, mag, vatplek gee
Dis ten volle in my mag om iemand houvas te gee oor my lewe of nie. As iemand houvas het (greep, mag, vatplek, invloed) oor my lewe, is dit omdat ek dit toelaat.
- Daar is iets soos goeie houvas / invloed / greep / mag / vatplek gee à maar ook slegte houvas.
Wie kan houvas hê oor my en jou se lewe?
- Die Here (die goeie houvas)
- Ander mense (goed en sleg)
- Satan (die houvas wat ons wil vermy)
Wie het houvas oor jou lewe?
- Hopelik Die Here en ander mense in ‘n goeie konteks.
- Hopelik nie mense in ‘n slegte konteks en beslis nie satan nie.
“Houvas” raak ‘n negatiewe tipe greep wanneer die gesonde grense waarbinne verhouding werk, oorskry word.
Gee vir satan geen houvas nie
Efe 4:26-27 (NLV) – Moenie sondig as jy kwaad word nie. Moenie tot die aand toe kwaad bly, en die duiwel só ‘n houvas gee nie.
- (Afr53) – geen aan die duiwel geen plek nie / (Afr83) – moenie die duiwel vatkans gee nie.
- (CJB) – nor give place to the devil / (NIV) – do not give the devil a foothold.
Wanneer jy kwaad word en kwaad bly – gee jy vir satan houvas, plek, vatkans, ‘n voet in die deur.
Wanneer daar enige Bybelse riglyn is wat die Here vir ons neerlê en ons buite daardie grense beweeg, wat gebeur?
- Ons gee jy vir satan houvas, plek, vatkans, ‘n voet in die deur.
- Hy is die vader van die leuen en ‘n mense moordenaar van die begin af.
- Hy beplan die vernietiging van jou huwelik, jou kinders en jou lewe. Nie net nou nie maar vir ewig.
- Daarom moedig Paulus ons aan: gee aan hom geen houvas
Vriende, daar is ‘n geestelike verdrukking wat ons mag ervaar bloot omdat ons God se kinders is en nie omdat ons iets verkeerd gedoen het nie.
- Dis nie waarvan ek praat hier nie.
- Ek praat hier van buite die veilige grense beweeg wat God se woord vir ons stel – dit gee houvas.
- In konteks van Ef4:26-27 – kom tot versoening, en die voet verdwyn in die deur en die deur gaan toe (net so is daar gesonde grense vir baie ander geestelike onderwerpe).
Heilige Gees – openbaar in harte vandag waar ons plek gee vir satan…
Gee vir God meer houvas
Gaan vir my na Handelinge 2:
- Die agtergrond van ons skrifgedeelte is Handelinge 2 – die uitstorting van die Heilige Gees.
HANDELINGE 2:37-42 (NLV) – ‘Petrus se woorde het hulle diep geraak. Hulle het toe vir Petrus en die ander apostels gevra: “Geagte volksgenote, wat moet ons doen?” Petrus antwoord hulle: “Kom tot inkeer en maak reg met God. Laat julle in die Naam van Jesus Christus doop sodat julle sondes vergewe kan word, en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang. Hierdie belofte is bedoel vir julle en julle kinders, en selfs vir die nie-Jode – almal wat die Here ons God sal nader roep.” Petrus het nog lank aanhou getuig en ’n ernstige beroep op sy hoorders gedoen: “Laat julle red uit hierdie afgedwaalde geslag!” Dié wat Petrus se boodskap aanvaar het, is gedoop en hulle het lede van die kerk geword. Hulle was so 3 000.
Hierdie is die agtergrond om te kom by ons 2e fokus skrif van vanoggend in Hand 2:42:
Hand 2:42 (DB) – ‘Van toe af het hierdie nuwe gelowiges gereeld bymekaargekom om te hoor wat die apostels leer. Hulle het nou in ’n splinternuwe verhouding met God en met mekaar gestaan. Hulle het ook gereeld saamgeëet en saam gebid. ‘
**Hoe het die Handelinge gemeente ruimte gemaak vir God in hul persoonlike lewe en gemeenskap?**
- Hulle het hulle volledig gewy aan die leer van die apostels (heelhartig),
- aan die versorging van mekaar, aan die gemeenskaplike maaltye,
- en aan gebede.’
Dit is wat na Pinkster afgespeel het in die Handelinge tyd. LCF, ek vra ook vir julle:
- Wy julle aan die leer van die apostels.
- Aan die versorging en omgee van mekaar en aan fellowship rondom ‘n maaltyd.
- En aan gebed. (jy het dalk meer gebid terwyl jy gevas het – moenie ophou nie)
Omgeegroepe
Ons is besig met die verandering van ons omgeegroep strategie en vorming van nuwe omgee groepe.
- Bestaande groepe word ontbind (tensy julle as groep kies om jul groep te behou)
- Vorm nuwe groepe van reeds bestaande goeie verhoudinge.
- Kom bymekaar met jou vriende en vorm ‘n omgeegroep – ons laat julle jul groep kies.
- Kies ‘n leier en laat weet ons.
- Bestaande leiers, dis nou die tyd om jou groep te kies.
- Soek en skep geleentheid om die lewe saam te doen.
- Soek en skep geleentheid vir fellowship en sluit fellowship altyd af met saam bid.
Help ons in die aan beweeg om ons gemeenskap van gelowiges by LCF te versterk en daardeur vir Heilige Gees die ruimte te gee dat Sy houvas op ons persoonlike lewens en in ons gemeente versterk want ons:
- Volhard in die woord – bemoedig mekaar
- Gee om vir mekaar en doen die lewe saam as gelowiges (en moedig mekaar aan om te volhard) – Hand 2:44 hulle het gereeld bymekaargekom
- Ons spandeer saam tyd in gebed.
Julle inkoop en samewerking is baie baie nodig – Hoe gaan jy die uitdagings oorkom??
Tyd van meditasie