Kla 4:9 (NLV) – “Hulle wat doodgemaak is in die oorlog, is beter daaraan toe as hulle wat moet doodgaan van honger.”
Hoeveel keer kan jy onthou dat jy in ‘n erediens gesit het en ‘n boodskap gehoor het oor “Vas”?
- Vir baie gelowiges is vas dalk ‘n eeue oue praktyk wat die volk Israel in die OT tye gedoen het?
Mat 6:16-18 (Afr53) – ‘En wanneer julle vas, moenie lang gesigte trek soos die geveinsdes nie; want hulle mismaak hul gesigte, sodat dit deur die mense gesien kan word dat hulle vas. Voorwaar Ek sê vir julle, hulle het hul loon weg. Maar jy, as jy vas, salf jou hoof en was jou gesig, sodat jy nie die mense laat sien dat jy vas nie, maar jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.’
Ons lees in Mat 6 Jesus se woorde:
- Wanneer jy gee… (v2) / Wanneer jy bid… (v5) / Wanneer jy vas… (v16)
M.a.w. gee, bid en vas is vir ‘n dissipel nie ‘n geval van “of ons dit moet doen of nie” maar “wanneer jy dit doen”.
- So Jesus leer ons in Mat 6: Wanneer jy gee, bid en vas, hier is ‘n paar riglyne.
- Gee en bid is hopelik deel van meeste van julle se lewe.
- Gereelde “Vas” is heel moontlik nie deel van meeste van julle se lewe nie (as ek moet raai).
Ghrelin – Die Honger hormoon
- Ghrelin is jou liggaam se honger hormoon.
- Jy hoef nie jou alarm te stel om jou liggaam te herinner om honger te word nie, want Ghrelin is soos ‘n Gremlin wat jou elke 2-3 ure gaan kom aanval en jou liggaam se boodskap aan jou is “voed my”.
- Ghrelin aktiveer jou liggaamlike honger.
- Ghrelin mag jou grootste vyand raak in die volgende 21 dae – MAAR ook jou grootste vriend:
- Jy gaan dalk tye kry wat jy vir jouself dink: Jy is mal, hoekom doen jy dit?
- Dis presies daardie tyd wat jy moet fokus, ‘n appel moet eet of ‘n glas water moet drink en jouself vir 5 minute in die toilet moet gaan toesluit en intree in gebed.
- Jou honger hormoon is jou herinnering om na God toe te draai in vertrou vir die dinge waaroor jy bid.
- Om te vas is om te honger na God of vir ‘n Goddelike deurbraak.
Hoekom vas as Bybelse beginsel?
Ons vas nie om die Here te manipuleer asof Hy ons daarna iets verskuldig is of omdat ons deur werke God se guns probeer kry nie.
- tsom – Hebreeus vir vas – “not to eat”
- nesteia – Grieks vir vas – “no food”
Punt 1 (hoekom vas). Deur te vas, draai ons fokus weg van kos af, weg van dit wat die vlees sterk maak en ons draai na God toe in gebed vir geestelike versterking.
- Vir die versterking van ons geestelike sintuie.
Vas moet gepaardgaan saam met gebed en God se Woord.
- Anders is jy net op ‘n dieet of ‘n eetstaking. Ons vas nie vir die 21 dae om gewig te verloor nie.
Punt 2. Vas en gebed is ‘n wapen:
- Mar 9:28-29 (NKJV) – And when He had come into the house, His disciples asked Him privately, “Why could we not cast it out?” So He said to them, “This kind can come out by nothing but prayer and fasting.
- ‘n Sekere geestelike stryd wat die intensiteit van vas en gebed benodig.
Hoekom ons as ‘n gemeente vas in die 21 dae
Ons vas vir ‘n groter geestelike “ghrelin” / honger vir God en Sy agenda.
- Persoonlik vir jouself – dat ons geestelike honger so aktief sal wees soos ons fisiese honger.
- Korporatief vir ‘n dieper Heilige Gees werking in ons gemeente.
- Die impak na buite: redding van siele in ons gemeenskap. (ons het ‘n verantwoordelikheid)
- Jou eie sake: Wat is dit wat persoonlik vir jou tans ook ‘n uitdaging in jou lewe is (alhoewel die 3 punte hierbo ons primêre rede is).
Ons vas vir meer van God, maar wanneer ons vas en bid gee ons eintlik vir Hom meer van onsself.
In ‘n tydperk waar selfs gelowiges terugtrek en die weg van die wêreld najaag wil ons verklaar:
- Ons begeerte is vir meer van U Here. Werk dieper in my eie lewe.
- Werk dieper in ons gemeente.
- Werk dieper in ons gemeenskap in die Vaaldriehoek.
- Soos in die Hemel, net so ook op die aarde.
- Ek wil ‘n persoon wees wat met U wandel sodat hemel en aarde ontmoet daar waar ek beweeg, soos U deur my werk.
Meer van Heilige Gees se vrug. Meer van Heilige Gees se gawes en krag. Dit is ons begeerte tydens dié vas.
Vir die volgende 21 dae
Foto met al die inligting en gebeure op vir die 21 dae.
- Wat gaan jy vas? – ek glo jy het dit al uitgesorteer voor vandag.
- Gebed: Elke dag (Daniel het 3 X per dag gebid – bid gereeld) – jou fisiese honger gaan jou herinner
- Gebedsuur op 2 Maandae 16 Mei en 23 Mei om 18h00 tot 19h00
- Aanbiddingsdiens: Pinkster Sondag (ons oggend diens) – einde van vas, met aanbidding.
- 21 dae Dagstukkies – video en op Youversion
- Kultiveer 21 dae se tyd spandeer met die Here
- https://my.bible.com/af/reading-plans/17820-21-day-fasting-devotional-from-jentezen-franklin
- https://jentezenfranklin.org/fasting
Rabbi, eet…
Joh 4:34 (Afr53) – Jesus sê vir hulle: My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het en om sy werk te volbring.
- Die Vaaldriehoek het sulke gelowiges nodig (kyk na kamera – ander gemeenskappe).
Op die kantlyn of in die wedloop?
Een van die wonderlike ervaringe van die Comrades maraton is die ondersteuning van mense wat van die kant van die pad af jou aanmoedig.
- 50km reeds afgelê: “Keep going Friedel, only 40km to go”…
- Daar is ‘n ongelooflike atmosfeer op sekere punte waar massas ondersteuners staan.
- Daardie ondersteuners langs die pad sal huis toe gaan na Comrades dag en sê: Wow, wat ‘n dag!”
- Maar kom ons wees eerlik met mekaar, die toeskouers het geen idee nie.
- Jy moet in die wedloop wees om die ware ervaring van Comrades te kry.
- Die wegspring, die roete, die eindstreep, die medalje.
- Vir die toeskouers is dit ‘n baie lekker dag. Vir die atlete, ‘n ervaring wat moeilik is om in woorde om te sit.
- Die punt: Dis beter om in die wedloop wees as om langs die kantlyn te sit.
Ek wil vir jou vra of jy vir die volgende 21 dae op die kantlyn gaan sit en of jy in die wedloop gaan wees?
- Moenie ‘n toeskouer wees van dit wat Heilige Gees gaan doen nie.
- Wees deel van dit wat Hy doen.