Preek/ Boodskap oor: Die Passasier

2 Weke terug was Paasnaweek – ‘n herdenking van God se storie van verlossing.

  • Ons beweeg nou aan na Hemelvaart en Pinkster.
  • Vir eers is die dieper meditasie van die kruisiging en opstanding iets van die verlede.

Getuig jy:? Ek is gered en ek is ‘n kind van God a.g.v.  my reaksie tot Paasnaweek se verhaal.

  • Vandag wil ek met jou gesels.

Vandag se tema: Die Passasier

  • Is jy die bestuurder of die passasier van jou lewe?
  • Is Heilige Gees die bestuurder of die passasier?

Aan die anderkant van die gebed wat jy gebid het waarin jy Hom gevra het om jou siel te red, hoe lyk jou lewe nadat jy deur die kruis beweeg het?

Wie bestuur en wie is die passasier? – dis ‘n diep en ernstige vraag.

Heilige Gees en Jesus die passasier

Dis baie lekker om Heilige Gees as passasier in my lewe te hê as ek iets nodig het:

  • Here, ek het ‘n gesondheidsprobleem, help my asb.
  • Dis moeilik by die werk, ek wil graag hê dit moet verander.
  • Ek voel angstig en ek wil U vrede wat alle verstand te bowe gaan hê.
  • Ek is hartseer, gee my hoop.
  • MAAR as ek nie in sulke situasies is nie, is my eie agenda die enigste ding op die tafel vir die dag van ek my oë oopmaak in die oggend tot ek weer gaan slaap in die aand.

Ek wil in beheer wees van my lewe en in krisis tye na my linkerkant kyk en sê: Heilige Gees, nou het ek U nodig.

Maar die lewe van beheer opgee en opneem van ‘van nou af gaan ek doen wat U sê’ is iets anders.

Paulus die passasier

Paulus se woorde in Gal 2:20 bring my tans tot stilstand in my hart en gedagtes:

Gal 2:20 (Afr53)Ek is met Christus gekruisig, en ek leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.

Hierdie is Paulus se verklaring van sy lewe aan die anderkant van sy redding (+- die jaar 48 AD).

  • En ek staar na hierdie skrif en wonder: Here, is hierdie woorde van Paulus ook waar vir my lewe?’.

Wat sê Paulus hier?

  • Toe die Here Jesus se kruisiging die dag vir hom redding bring, toe Paulus besef Jesus Christus is vir hom gekruisig en hy dit aangryp tot redding, is nie net Jesus gekruisig nie, maar Paulus ook.
  • Ek herhaal: Dat die kruis is nie net vir Paulus ‘n herinnering van die Here Jesus se kruisiging nie, maar ook sy eie.
  • Ons sien ‘n kruis simbool en dit herinner ons aan God se genade. Christus is kruis toe sodat ek nie kruis toe hoef te gaan nie.
  • En dit is reg, maar dis nie die volle betekenis nie.
  • Goed, ons beweeg aan van Paasnaweek af. Maar verstaan ons werklik wat daar gebeur het as ons sê Paasnaweek se verhaal het vir my redding gebring?
  • Dit beteken dus ook: ‘Ek is met Christus gekruisig, en ek leef nie meer nie maar Christus leef in my’.
    • Wat beteken dit? Hoe lyk hierdie lewe? Paulus gaan aan en verduidelik verder:
  • ‘En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God’
    • Ek leef nie meer nie, Christus leef in en deur my.
    • ‘n Paradoks – ek is dood, maar ek lewe. En die lewe wat ek lewe is nou Syne.
  • Paulus se lewe is nou Christus se lewe en nie meer Paulus se lewe nie.
  • Wie se lewe is my en jou lewe?

Is daar ‘n manier wat ons dalk die woorde van Paulus verkeerd verstaan? Paulus gaan voort…

Fil 1:21 (Afr53) – want om te lewe is vir my Christus, en om te sterwe is vir my wins.

  • ‘want om te lewe is vir my Christus’ – wat beteken dit?
  • Jesus Christus aan die kern van Paulus se lewe
  • Paulus op reis: a.g.v. God se agenda. Paulus in die tronk: weens God se agenda en steeds gefokus op God se agenda. Paulus ‘n tentmaker: om aan lewensonderhoud te voorsien terwyl hy God se agenda uitvoer.

Gal 6:14 (Afr53) – Maar wat my betref, mag ek nooit roem nie, behalwe in die kruis van onse Here Jesus Christus, deur wie die wêreld vir my gekruisig is en ek vir die wêreld.

  • Paulus verstaan die kruis dieper as net ‘ek glo dat Jesus vir my gesterf het’
  • En daarom was Paulus die passasier terwyl God bestuur het.

Ons maak die belydenis van redding weens Jesus se kruisdood en dat ek daarom ‘n kind van God is:

  • Maar ek lewe vir my agenda hoofsaaklik – met Jesus as passasier
  • Sy agenda ‘n prioriteit oor my agenda – ek die passasier

Wat is Sy agenda vir my?

Wat is Sy agenda vir my / Sy plan vir my / Sy wil vir my?

  • Die grootste vraag is nie wat moet ek word nie.
  • Ingenieur, Onderwyser, Dokter, Sakeman / vrou?? – kan die Here leiding gee tot die besluit? JA
    • Is dit al op Sy agenda vir my? – is dit hoe ek die passasier word?
  • NEE – Hoe kan “gaan maak ‘n dissipel, leer ‘n dissipel en doop ‘n dissipel” uitspeel in my beroepskeuse?

Hoe laat ek Hom bestuur?

Lerie lees Emma Stark se profesie storie:

  • One day I was clutching what were soon to be the newest additions to my collection of red high heels and I was walking to the checkout line to pay for them. As I did so, God said to me … go prophesy over that young girl at the cash register.
  • At that very moment, a divinely orchestrated series of events began to occur: the line suddenly disappeared, and all the checkout operators except one, nstantly shut their registers and left the payment area.
  • God had completely set things up to the point that the only people anywhere around were me and the young girls He had told me to prophesy to.
  • I set the shoes down on the counter in front of her and said: ‘Hi, I’m Emma. I am a prophet who hears from God’.
  • The young girl looked stunned. Well, what does He say about me?’
  • ‘God says your are going to be a really good mum’, I replied.
  • She began to weep. Through her tears she blurted out to me that she had just found out that she was pregnant and had told no one, not even her boyfriend and that she had an abortion booked for Thursday.
  • ‘This morning I prayed for the first time ever’ she sobbed. I said to God: ‘God, if You’re even real, would You please tell me what to do about my pregnancy?’
  • As she wiped away her tears, a resolve began to grow on her face. With determination she said: ‘If God says that I’m going to be a really good mum, then I’m going to ask for time away from my till right away now so that I can phone and cancel my abortion.’

God se agenda ‘n prioriteit in my daaglikse agenda. Die situasies is elke dag voor ons.

Lewe in my liggaam is lewe vir Hom…Vir my is die daaglikse lewe Christus…

God bestuur en ek die passasier.

Sy storie is my en jou se opdrag.