- Matt 24 / 25 – Dissipels vra Jesus wanneer die einde sal wees. Jesus praat oor ‘n klomp goed wat oorloe, hongersnood en natuurverskynsels insluit maar kom dan tot ‘n slotsom dat niemand weet nie maar juis daarom moet ons gereed maak vir sy onverwagte koms. (24:44)
- Jesus begin dan 4 gelykenisse te vertel oor hoe ons moet regmaak vir sy koms (24:45-51 $ Matt25)
HOE OM JESUS TE VERWAG:
1. Verantwoordelikheid opneem
2. Geestelike Vitaliteit
3. Kreatiwiteit in geleenthede
4. Vrygewigheid
FOKUS VAN ONS BOODSKAP VANDAG:
5+5=11
Kreatiwiteit in geleenthede
Zag 1:18-21
18Ek het weer ‘n gesig gesien. Daar was vier horings, 19en ek het vir die engel wat vir my die gesig moes uitlê, gevra: “Wat beteken dit?”
Hy het vir my gesê: “Dit is die horings wat vir Juda, Israel en Jerusalem verstrooi het.”
20Toe laat die Here my vier ambagsmanne sien, 21en ek vra: “Wat het hulle kom doen?”
Hy het geantwoord: “Daardie horings het die mense van Juda verstrooi en verneder. Die ambagsmanne het gekom om die regeerders van die nasies, die horings wat vir Juda met soveel geweld verstrooi het, die skrik op die lyf te ja en hulle tot ‘n val te bring.”
Matt 25:14-30
14“Verder gaan dit soos met ‘n man wat op reis wou gaan. Hy het sy slawe bymekaargeroep en sy besittings aan hulle toevertrou. 15Vir een het hy vyf goue muntstukke gegee, vir ‘n ander twee, en vir ‘n derde een. Hy het aan elkeen volgens sy bekwaamheid gegee en toe op reis gegaan.16“Die een wat vyf goue muntstukke ontvang het, het dadelik daarmee gaan werk en ‘n wins gemaak van nog vyf. 17So ook die een wat twee gekry het: hy het ‘n wins gemaak van nog twee. 18Maar die slaaf wat een gekry het, het ‘n gat in die grond gaan grawe en sy eienaar se geld daarin weggesteek.19“Na ‘n lang tyd het die eienaar van daardie slawe teruggekom en van hulle rekenskap gevra. 20Die een wat vyf goue muntstukke ontvang het, kom toe en bring die ander vyf saam, en sê: ‘Meneer, vyf goue muntstukke het u aan my toevertrou. Hier is dit met vyf ander wat ek wins gemaak het.’ 21Toe sê sy eienaar vir hom: ‘Mooi so! Jy is ‘n goeie en getroue slaaf. Oor min was jy getrou, oor baie sal ek jou aanstel. Kom in en deel in my vreugde!’22“Toe kom die een met die twee goue muntstukke en sê: ‘Meneer, twee goue muntstukke het u aan my toevertrou. Hier is dit met twee ander wat ek wins gemaak het.’ 23Sy eienaar sê toe vir hom: ‘Mooi so! Jy is ‘n goeie en getroue slaaf. Oor min was jy getrou, oor baie sal ek jou aanstel. Kom in en deel in my vreugde!’24“Toe kom die een wat een goue muntstuk ontvang het, en sê: ‘Meneer, ek ken u en weet dat u ‘n harde man is, wat oes waar u nie gesaai het nie, en pluk waar u nie geplant het nie. 25Omdat ek bang was, het ek u muntstuk in die grond gaan begrawe. Hier het u u geld terug.’ 26Toe sê sy eienaar vir hom: ‘Jy is ‘n slegte en ‘n lui slaaf! Jy het geweet dat ek oes waar ek nie gesaai het nie, en pluk waar ek nie geplant het nie. 27Dan moes jy my geld in die bank gesit het, en ek sou dit by my koms met rente teruggekry het. 28Vat die muntstuk van hom af weg en gee dit aan die een wat die tien het. 29Aan elkeen wat het, sal meer gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar van hom wat nie het nie, sal ook die bietjie wat hy het, weggevat word. 30En gooi die nuttelose slaaf uit in die diepste duisternis daarbuite. Daar sal hulle huil en op hulle tande kners.’ ”
Matt 25:14- 18
14“Verder gaan dit soos met ‘n man wat op reis wou gaan. Hy het sy slawe bymekaargeroep en sy besittings aan hulle toevertrou. 15Vir een het hy vyf goue muntstukke gegee, vir ‘n ander twee, en vir ‘n derde een. Hy het aan elkeen volgens sy bekwaamheid gegee en toe op reis gegaan.16“Die een wat vyf goue muntstukke ontvang het, het dadelik daarmee gaan werk en ‘n wins gemaak van nog vyf. 17So ook die een wat twee gekry het: hy het ‘n wins gemaak van nog twee. 18Maar die slaaf wat een gekry het, het ‘n gat in die grond gaan grawe en sy eienaar se geld daarin weggesteek.
Die meester het hulle vermoens geken op grond van die gesindheid wat hy in hulle gesien het toe dit nie ssak gemaak het nie.
Num 14:1-11 141Daardie nag het die hele volksvergadering aanhoudend gekla. 2Al die Israeliete was in verset teen Moses en Aäron, en die hele vergadering het vir hulle gesê: “As ons maar in Egipte of in hierdie woestyn gesterf het! 3Waarom het die Here ons na hierdie land toe gebring? Net om doodgemaak te word? Ons vrouens en kinders sal krygsgevangenes word. Is dit nie vir ons beter om na Egipte toe terug te gaan nie?”4Hulle het toe vir mekaar gesê: “Kom ons kies ‘n leier en gaan terug Egipte toe!”5Moses en Aäron het toe voor die hele vergadering van Israeliete wat daar saam was, op hulle knieë geval. 6Ook het Josua seun van Nun, en Kaleb seun van Jefunne, manne wat saam die land verken het, hulle klere geskeur, 7en vir die hele vergadering Israeliete gesê: “Die land wat ons gaan verken het, is ‘n buitengewoon goeie land. 8As die Here ons goedgesind is, sal Hy ons na hierdie land toe bring en dit aan ons gee, ‘n land wat oorloop van melk en heuning. 9Julle moet net nie teen die Here in opstand kom nie. Moet ook nie vir die mense van die land bang wees nie, want ons sal hulle maklik verslaan. Hulle gode sal hulle nie kan beskerm nie. Die Here is by ons. Moenie vir hulle bang wees nie!”10Maar die hele vergadering het gedreig om vir Josua en Kaleb met klippe dood te gooi.Toe het die magtige teenwoordigheid van die Here by die tent van ontmoeting vir al die Israeliete sigbaar geword. 11Die Here het vir Moses gesê: “Hoe lank sal hierdie volk my almag bly onderskat? Hoe lank sal hulle weier om op My te vertrou ten spyte van al die wonders wat Ek onder hulle gedoen het?
1 Kron 4:10
Gebed met Durf
0Jabes het die God van Israel aangeroep met die woorde: “Stort u seën oor my uit, vergroot my grondgebied, neem my onder u beskerming en weerhou onheil van my sodat geen smart my tref nie.”
God het laat gebeur wat hy gevra het.
GEBED VIR JOU VANDAG:
Dat Jy geleentheid sal sien, en met durf daaroor sal bid, dat jy dapper sal wees in jou gesindheid om die geleentheid aan te gryp al sluit dit vele uitdagings in; dat jy sal groei in jou vermoe en bekwaamheid, dat jy met deursettings vermoe die uitdagings sal aanvat totdat jy deurbreek in die beloning en dat jy God sal vertrou tot op die plek waar seeninge, beloning volg, en mag Jesus jou so besig vind op Sy wederkoms