In ons huis, as jy ‘n kopseer het, is die eerste vraag wat jy heel moontlik gaan kry: Hoeveel water het jy vandag gedrink? (soms in my geval: wanneer laas het jy koffie gedrink).
Simptome van dehidrasie: Kopseer, lighoofdig, jy is dors, droë mond, lippe en oë, geel urine met ‘n skerp reuk (daar is nog ‘n paar ander simptome).
Volgehoue dehidrasie sal lei tot ‘n mediese noodgeval en kan lei tot die dood.
God het my en jou geskape om nie net op ‘n fisiese liggaamlike vlak te kan dors wees nie, maar ook op ‘n geestelike / siel vlak.
Joh 7:37-39 (Afr53) ‘En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus gestaan en uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink! Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei. En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie. ‘
“As iemand dors het” – nie ‘n fisiese dors na water nie, maar ‘n dieper lewensbegeerte (siel / gees).
Tydens die fees van Sukkot (Tabernakels).
- Die priester het pas die drankoffer uitgegooi op die altaar as ‘n beroep op God om water vir die mense te voorsien, en Jesus, asof hy die gebed net daar beantwoord, sê vir die mense om na Hom te kom vir water – as hulle dors is om by Hom te kom drink.
- Wat ‘n radikale stelling en skok vir die skare. Hy sê Hy is die waters waarvoor hulle God vertrou (en hulle wil hom gryp en doodmaak).
- Jesus is nie net die Voorsiener van fisiese water vir die oes nie, maar ook die waters wat hulle persoonlike dors sou les.
- Heilige Gees – is die strome van lewende water – meer daaroor bietjie later in die jaar.
Ons sien ‘n wonderlike uitnodiging in hierdie skrifgedeelte. Aan wie word die uitnodiging gegee?
“As iemand dors het”
- Na almal. Niemand is uitgesluit nie.
- MAAR – dis vir almal wat wat dors het. Is daar iemand hier wat dors is?
(water drink oefening met iemand in die gemeente) – Is iemand nou dors vir water? (dors geles??)
Hoe lank kan ons liggaam sonder vloeistof uithou?
Sommige artikels sê 3 dae. Studies het al getoon: enigiets tussen 8-21 dae.
- So ons almal weet: Ek moet iets drink of ek gaan dood gaan – Vloeistof is ‘n basiese behoefte.
- En boonop het ons liggaam ‘n ingeboude meganisme wat ons “dors” noem.
- My liggaam se manier om vir my te sê: dis tyd om iets te drink.
- Jy het baie opsies: water, koeldrank, koffie, tee, alkohol – maar jy neem vloeistowwe in.
Hoe lank kan ons gees sonder lewende water uithou?
HIER IS DIE GEVAAR: Vir vir ewig.
(selah – laat dit bietjie insink)
Ons is geskape om te dors na God. En ons ervaar ‘n dors / ‘n begeerte in ons.
- U2 se lied – I still haven’t found what I’m looking for…
- Ons het hier ook baie opsies om die dors te vul: werk, loopbaan, stokperdjies, pret, ons kinders en al hulle dinge – baie maniere.
- .. Dit maak ons vol / dit bring tydelike bevrediging.
Die Bybel bevat ‘n hele boek oor hierdie onderwerp: Prediker – geskryf deur Salomo (iemand wat alles in die lewe gehad het).
- Prediker maak dit duidelik dat Salomo alles beproef het om satisfaksie in die lewe te kry, en vir ‘ tydperk was dit vir hom goed.
- Maar na ‘n verloop van tyd was alles leeg, ‘n gejaag na wind soos hy dit noem.
- Vandag is so baie mense op dieselfde reis as Salomo. Plaas daarvan dat hulle daardie Bybel boek gaan lees om die uitkoms van die leefstyl te vind, moet hulle dit nog self ontdek.
- Duisternis: hou hulle besig met hulle kinders, hou hulle besig met hulle stokperdjies, hou hulle lewe vol… – met enigiets behalwe Jesus.
Ek het ‘n storie gehoor wat kom uit die 1930 groot depressie in Australië waar daar ‘n groot tekort aan die basiese behoeftes soos kos was.
- In sekere areas het hulle ‘n pap gemaak van ‘n sekere plant met feitlik geen voedingswaarde nie.
- Weens geen voedingswaarde (vitamiene, proteïne, koolhidrate ens) het mense met ‘n vol maag dag vir dag al hoe meer uitgehonger.
- Hoe lank kan jy sonder hierdie lewende water bly? – vir altyd
Want PSA 23:3 skryf Dawid: “Hy verkwik my siel”.
- Verkwik: minder moeg, minder honger en dors, om te laaf, verfris, te versterk.
Is hierdie moontlik? Dat jy honger en dors kan bly en op ‘n reistog wees waar jy Hom elke dag nog dieper wil leer ken as wat jy Hom die vorige dag geken het?
Die punt van vandag: Luuksheid vs. basiese behoefte vir oorlewing
- Wat is basiese behoeftes? Kos, water, suurstof, skuiling (ons kan sonder baie dinge, maar nie die 4)
- Is water vir liggaamlike dors ‘n basiese behoefte vir oorlewing? –> Ja
- Is om te dors na Jesus ‘n basiese behoefte vir die mens?
- Ons kan debatteer: dit is heel moontlik nie.
- Maar vir party mense is dit. –> Party mense het dit vir hulle self uitgemaak dat om te dors na Jesus en te drink van Sy lewende water ‘n basiese behoefte is.
Ek het dit vir myself uitgemaak
2 Chr 20:3 – Then Jehosaphat was afraid and set himself (determined, as his vital need), to seek the Lord…
Dan 1:8 (Amp) – But Daniel made up his mind…
Die lewende water (Jesus Christus) – Is Hy ‘n basiese behoefte of ‘n luuksheid?
- Ek het dit vir myself uitgemaak – Dors na Jesus is ‘n basiese behoefte vir my oorlewing.
Gelowiges vandag: Hoe min hulle kan doen vandag en steeds ok wees met God?
Mat 5:6 – Blessed are those who hunger and thirst for righteousness, for they will be filled (fully satisfied).
- Blessed – happy, fortunate to be envied (AMP) when you thirst for righteousness??
- No, how it looks when you are filled is when you are happy & fortunate, when you become envied.
Rabbi en student storie:
‘A young student went to his Rabbi and asked the question, ‘Master, how can I truly find God?’ The Rabbi asked the student to accompany him to the river which ran by the village and invited him to go into the water.
When they got to the middle of the stream, the Rabbi said, ‘Please immerse yourself in the water.’ The student did as he was instructed, whereupon the Rabbi put his hands on the young man’s head and held him under the water! Presently the student began to struggle. The Rabbi held him under still longer. A moment passed and the student was thrashing and beating the water at air with his arms!
Still, the Rabbi held him under the water. Finally, the student was released and shot up from the water, lungs aching and gasping for air. The Rabbi waited for a few moments and then said, ‘When you desire God as truly as you desired to breathe the air you just breathed – then you shall find Him.’
Jesus het gestaan en uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink!
Hoe kan jy honger en dors bly en op ‘n reistog wees waar jy Hom elke dag nog dieper wil leer ken as wat jy Hom die vorige dag geken het?
- Julle weet, julle het al baie boodskappe daaroor gehoor.
- Een ding uitlig wat dalk nie in elke lys is wat jy voor gaan Google nie:…
- Herinner jouself elke dag hoe lief God jou het.
Ek som op:
Is Jesus en die dors na Hom ‘n luuksheid in jou lewe of ‘n basiese behoefte?
Maak dit vir jouself in jou hart uit (as ‘n basiese behoefte) om te doen wat nodig is sodat jy daagliks honger en dors na meer van Hom.