Acts 2:38 (AMP) Petrus se boodskap na die uitstorting van HG, luisteraars se harte is aangeraak en vra wat hulle moet doen?
38 And Peter said to them, “Repent [change your old way of thinking, turn from your sinful ways, accept and follow Jesus as the Messiah] and be baptized, each of you, in the name of Jesus Christ because of the forgiveness of your sins; and you will receive the gift of the Holy Spirit.
Het jy regtig jou rug gedraai op sonde? Weggedraai van jou sondige natuur?
Doop = Simbool van die sondige natuur (ou mens) wat sterf saam met Jesus en die nuwe mens (lewend gemaak deur ons geloof in Jesus Christus) staan op saam met Jesus.
Ons ontvang die belofte/geskenk van die Heilige Gees
Wat was jou motief toe jy tot bekering gekom het?
- Vrees vir die hel. Hemel kaartjie bespreek en nou hoef ek niks verder te doen nie, net “cruise”.
Wat is die bewys van Heilige Gees se werking in ons lewe?
= ’n Sigbare verandering in ons gedagtes en hoe ons lewe en wandel.
Rom8:9 But if anyone does not have the Spirit of Christ, he does not belong to Him [and is not a child of God].
*As ’n drastiese verandering in jou leefwyse nie sigbaar is nie, is ek bekommerd oor die egtheid van jou Bekering!
- Of totale oorgawe aan God en Sy manier (kingdomway) van doen en leef, op grond van volledige reddings werk wat Jesus reeds gedoen het en die werk wat Heilige Gees in ons bly doen?
Sleutel Vers: Laaste woorde is belangrik – Jesus net voor Sy Hemelvaart
Luke 24:44-49 (AMP)
44 Then He said to them, “This is what I told you while I was still with you, everything which has been written about Me in the [a]Law of Moses and the [writings of the] Prophets and the Psalms must be fulfilled.” 45 Then He opened their minds to [help them] understand the Scriptures, 46 and said, “And so it is written, that the Christ (the Messiah, the Anointed) would suffer and rise from the dead on the third day, 47 and that repentance [necessary] for forgiveness of sins would be preached in His name to all the nations, beginning from Jerusalem. 48 You are witnesses of these things. 49 Listen carefully: I am sending the Promise of My Father [the Holy Spirit] upon you; but you are to remain in the city [of Jerusalem] until you are clothed (fully equipped) with power from on high.”
Power for what? Wat se krag en waarvoor?
Om getuies te wees. Ja maar daarmee saam om oorwinning oor sonde te behaal.
Hoekom sukkel mens met die sonde-“loop” kringloop:
Hoeveel keer het jy al dieselfde sonde voor die Here bely, en elke keer voel jy jammer en sê vir Hom jy sal dit nie weer doen nie?
Sondig, spyt, bely, vergifnis ja, sondig, spyt, bely…
Waar is die wegdraai? Woord repentance (bekeer)
Wat is Bekering/repentance?
2 kante = tot Redding en tot Heiligmaking
Definisie: (In die konteks van Heiligmaking)
In die Ou Testament:
die Hebreeuse woord vir bekering is “draai”. Wanneer ‘n mens tot bekering kom, draai hy van sy sondige lewenswyse af na die rigting van gehoorsaamheid aan God.
In die Nuwe Testament:
- Besef van sonde
- Ware/egte berou
- Verander van rigting
Greek word in NT Metanoia = Om jou siening/uitkyk/opinie/parradigma/ “mind” te verander.
*Spyt, hartseer en berou gaan gepaard met (is deel van) bekering, maar is nie ‘n bewys daarvan as daar geen verandering in gedrag is nie.
Repentance is a change in the way I think that leads to change in the way I live.
*Repentance is a decisive change in direction. It’s change of mind that leads to a change in thinking that leads to a change of attitude that leads to a change of feeling that leads to a change in values that leads to a change in the way you live.
Tot bekering kom en Bekeer? en wat van God se genade?
Daar is een element wat altyd met Jesus se bediening gepaard gegaan het. Dit was van toepassing op ‘n kreupel man, die vrou wat op owerspel betrap is, en elke ander persoon wat Jesus se hulp gesoek het. Hulle ontvang liefde maar ook waarheid.
Hulle is met liefde en vergifnis ontvang, maar ook met ‘n opdrag: “gaan en sondig nie meer nie”.
Die proses (Hoe lyk dit?)
Bekering begin met die Heilige Gees se oortuiging van sonde. Op daardie stadium word ons pynlik bewus van ons sonde teen God en voel ons die skuld daarvan. Ons besef dat ons onsself nie kan red nie en dat on ’n verlosser/redder (Jesus) nodig het om vir ons die losprys te betaal. nou behoort ons nie meer aan onsself nie maar aan Hom. Ons staan geregverdig en vlekkeloos voor Vader.
*Maar dit eindig nie daar nie…
Opregte bekering lei tot ‘n verandering van denke, hart, gesindheid en gedrag. In plaas daarvan om daardie sonde te verdra, haat ons dit nou en lewe ons ’n lewe van oorgawe en gehoorsaamheid aan die almagtige God.
-Nie uit skuldgevoel of om verlossing te verdien nie (Jesus het ’n voledige werk gedoen), maar omdat ons God waarlik en innig lief het.
Slot:
Hoe is oorwinning oor sonde moontlik/haalbaar?
1.Ons perspektief oor sonde verander:
-Ons moet ophou verskoning maak vir sonde in ons lewe en dit probeer regverdig.
Ons begin sonde sien soos God sonde sien. God is Heilig en haat sonde.
Wat ons nodig het is ‘n heilige ontevredenheid, ’n haat van sonde in ons lewens.
Wat doen sonde?
- Sonde bring afstand tussen ons en God in ons verhouding met Hom.
- Sonde het gevolge wat ons verniel en seermaak.
2.Ons moet hande vat met Heilige Gees en met behulp van Sy krag bly waarheid en lewe KIES (soos HG dit aan ons openbaar en ons daaraan herinner) in ’n proses (’n stap of wandel) waar ons karakter daagliks meer soos Jesus word.
Uitnodiging:
As jy sukkel om ‘n seker sonde of patroon/gewoonte te oorkom, al het jy dit herhaaldelik bely?
- Watter veranderinge gaan jy maak noudat jy weet wat ware bekering is?
- Sal jy die keuse maak om jou siening en gadagtes rondom dit verander.
- Soms is die probleem dat ons steeds die sonde te veel geniet.
- Watter voordeel trek jy uit jou spesifieke sonde?
- Wat sê God daaroor in Sy Woord? Hoe sien God dit?
- Sal jy jou eie lekker kry en behoeftes ondergeskik stel aan Jesus se wil (aan wie jy nou behoort).
- Hoe sal die vry kom daarvan jou lewe… en jou verhouding… met die Here verbeter?