Preek /Boodskap oor: Kom Uit (Deel 4) – Hemelse en Aardse Realiteite

“You are so heavenly minded that you are no earthly good” – ken julle hierdie gesegde?

  • Mense in hierdie wêreld wat vir jou probeer sê: Jy is te erg oor Jesus en oor die Bybel.
  • Die Here Jesus – mees “heavenly minded” persoon ooit.
    • Was Hy “no earthly good”?
  • Hier is ‘n leuen van satan (smyt dit in die asblik waar dit hoort), wat vir kinders van die Here sê dat jy versigtig moet wees om nie te veel “heavenly minded” te wees nie.

Hierdie leuen bevat ‘n waarheid: die realiteit van 2 koninkryke:

  • Hemels / God
  • Aards
  • Watter realiteit is vir jou die grootse? Watter een dra die meeste gewig in jou lewe?

Dis nie ‘n geval van een dimensie se realiteit wat bestaan en die ander een nie. Albei is waar en eg.

  • En hierdie stelling word ook gebruik waar gelowiges die realiteit van hierdie dimensie afmaak as niks, asof dit nie bestaan nie.
  • NEE, hierdie aarde en sy daaglikse realiteite is eg, maar is die hemelse meer eg?
  • Byvoorbeeld: Hierdie is ‘n “pothole” –> Dan antwoord iemand: Nee dit is nie, jy’s net ongelowig. My geloof sê vir my daar is nie ‘n “pothole” nie. (maar as jy reguit deur sou ry gaan jy met ‘n pap wiel sit).
    • Sulke mense gee plek vir stellings: You are so heavenly minded…
    • ‘n Stelling wat saamloop: Wees net gebalanseerd.

Kom ons kyk of die Bybel ons hiermee kan help:

Kol 3:1-4 (Afr53)‘AS julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus is en aan die regterhand van God sit. Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie. Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God. Wanneer Christus, wat ons lewe is, geopenbaar word, dan sal julle ook saam met Hom in heerlikheid geopenbaar word. ‘

Eerstens: Sien julle deel 1 en 2 van “Kom uit” reeks hier in:

  • Ek is opgewek saam Christus, sterwe daarom…

“As julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo…”

  • Die wat saam Christus opgewek is, soek die dinge daarbo. Jy kan nie begin met die dinge daarbo, as jy nie saam met Christus opgewek is nie. (waarlik wedergebore)
  • As jy nie soek na die dinge daarbo nie, begin by die vraag rondom jou wedergeboorte.
  • Daar is gelowiges wat nie wedergebore is nie –> anders gestel: daar is godsdienstige mense wat nie wedergebore is nie.

Vir die wat saam met Christus opgewek is, moedig Paulus aan: “Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie”.

  • NKJV sê: “Set your mind on the things above…”
  • Set your mind = Griekse woord Phroneite
  • Phil 2:5 (NKJV) – Let this mind be in you which was also in Christ Jesus
  • Set your mind on the things above = let this mind be in you (which was also in Christ Jesus)

Paulus maak ‘n oproep aan die wat saam met Christus opgewek is om dieselfde voorkeure, dieselfde gedagte en verstand ingesteldheid te hê ten opsigte van hulle lewe, hulle gedrag, hulle kleredrag, hulle onthaal, hulle gesindheid en begeertes, soos Christus gehad het.

As jy saam met Christus opgewek is, is daar ‘n lewendig maak van hierdie eienskappe – selfs soms sonder dat ek so hard hoef te probeer: Daar is nuwe Goddelike begeertes binne my wat my benadering tot die dinge van die lewe verander.

  • Omdat die lewe van Christus binne in my is.
  • Maar daar is aardse realiteit wat elke dag dreig om meer eg te wees as die hemelse / Goddelike

Daarom Paulus se oproep: bedink die dinge wat daarbo is, by Christus. “Set your mind on the things above”

Ek onthou Pastor Ron Kussmaul (wanneer hy die hemelse realiteite in die aardse inbring): Mense wat vir hom sê: ‘You are out of your mind Pastor Ron.’ En dan sy reaksie: ‘No, I am out of your mind’.

Mense sê: Jy moet net bietjie meer gebalanseerd wees.

  • Is jy gebalanseerd of: “You are so earthly minded that you are no heavenly good”? (wees eerder versigtig vir die een) –> “Heilige Gees, dankie dat U hier is om te openbaar…”
  • Aardse gesegdes sê: moenie jou gedagtes te veel in die hemel hê nie.
  • Die woord van God sê: Bedink die dinge wat daarbo is.

Bedink Goddelike dinge, bedink die Here Jesus Christus. Laat jou Jesus Christus realiteit groter wees as jou aardse realiteit.

Hoe? – die pad daarheen

Hoe is dit moontlik? –> Kol 3:1-4 (Afr53)‘AS julle dan saam met Christus opgewek is, soek…

SOEK die dinge daarbo –> die weg na “bedink”. Die weg na die gedagte en verstand ingesteldheid.

SOEK daarna, jaag dit na, hardloop agter dit aan, soos ‘n GPS op die regte spoor bly, gryp dit aan, hou vas daaraan, staar daarna, grawe in om dit te vind, hou vas daaraan, hanteer dit as iets kosbaar wat jy beskerm. SOEK daarna, dis waar Paulus begin.

Dis nie iets wat ons passief gaan bekom nie. Jy gaan nie die dinge daarbo bedink deur passief te wees nie.

‘AS julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo…

Dat jou hemelse / Goddelike realiteit groter is as die aardse in die daaglikse situasies van jou lewe.

Jy soek daarna of jy het dit nie.

  • Jy is lewend gemaak. (Is jy?)
  • Jy het gesterwe? (Sterwe jy?)
  • Soek daarom… Waarna soek jy in jou lewe? Die dinge daarbo???

As jy klaar lewendig gemaak is: Soek dan.

Nee Friedel, nou is jy terug by werke… Verstaan mooi God se deel en my deel (om op die weg te bly).

Soek is aksie: Vroeg op in die oggend, soekend. Ry in my kar, soekend. Middag ete, soekend. In die aand, soekend. Gaan bed toe, soekend. Vroeg op in die oggend, soekend. Sondag by die kerk, soekend. Donderdag by Crown, soekend…

Na die dinge daarbo by Christus.

  • Ons realiteit op aarde word beïnvloed deur dit wat ons ontvang vanaf die hemelse realiteit.

Hoe? Soek. Hoe nog?

Lees Kolossense 3:

  1. Beklee jou met die regte dinge,
  2. maak dood sekere aardse begeertes… Daagliks. (wat moet dood? waarmee moet jy jou beklee, waarna moet jy soek?)

(refleksie oomblik)