Ef 5:8-10 en 15–17 (DB)
8Julle was ook eens op ’n tyd soos mense wat in die donker geleef het. 9Nou dien julle die Here en leef dus soos mense wat in die lig kan sien wat hulle doel is. 10Leef dus soos mense wat niks wil wegsteek nie, maar wat alles oop en bloot in die lig doen. (Iemand wat so leef, is goed vir ander, tree op soos God van hom verwag en staan by die waarheid.) As julle iets doen, vra of die Here daarmee tevrede sal wees.
15Wees baie versigtig hoe julle leef. Leef soos mense wat weet wat God van ’n sinvolle lewe verwag en nie soos mense wat niks daarvan weet nie. 16Moenie jou tyd mors nie. Maak die beste gebruik van elke geleentheid wat jy kry, want ons leef in moeilike en slegte tye.
17Moenie julle lewens mors deur sonder ’n doel te leef nie, maar maak seker hoe die Here wil hê julle moet leef.
Vandag se tema is: Eenvoud/Vereenvoudig of “Simplify”
Inleiding:
Die lewe is vir baie van ons soos ‘n “roller coaster”.
Jou program is so vol dat jy amper soos ‘n passasier toekyk hoe dinge met jou gebeur.
*Na vakansie: We hit the gound running. (aan die kraag vasgehou oor die 2022 trein stasie se platform gelos.
Dikwels hoor ons die opmerking:
“Ek is te besig”
‘n Oorvol dagboek weerhou jou daarvan om te “simplify” – Vereenvoudig
- Jy is die argitek van jou program / skedule…
- Jy moet beheer daaroor uit te oefen.
In die kern gaan EENVOUD daaroor om intensioneel al die dinge wat jou tyd en aandag van jou verhouding met God en jou roeping/doel in Sy koninkryk af weg hou, af te gooi, en te fokus op wat God vir jou wil hê,
en sê om te doen en jou mee besig te hou.
Belangrik: Eenvoud gaan oor baie meer as om net minder te doen… dit gaan oor BETER keuses i.t.v. jou tyd.
Wat sê die Woord van God oor EENVOUD?
Matthew 6:33
“But seek first his kingdom and his righteousness, and all these things will be given to you as well.”
33Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.
*Fokus op hierdie twee dinge…
Hebreers 12:1-2
1Terwyl ons dan so ‘n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, 2die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof.
*Oë gevestig/gefokus op een persoon…
Inhoud:
Hoe doen ons dit?
- ‘n Vereenvoudigde lewe begin deur jou tyd elke dag beter te belê.
- As jy nie beplan nie beplan die wêreld namens jou. (Ef 5:16 ons lewe in ’n goddelose tyd…)
Lees Ef 5:15-17 (DB)
15Wees baie versigtig hoe julle leef. Leef soos mense wat weet wat God van ’n sinvolle lewe verwag en nie soos mense wat niks daarvan weet nie. 16Moenie jou tyd mors nie. Maak die beste gebruik van elke geleentheid wat jy kry, want ons leef in moeilike en slegte tye.
17Moenie julle lewens mors deur sonder ’n doel te leef nie, maar maak seker hoe die Here wil hê julle moet leef.
Drie gedagtes in verse 15-17
- Vers 15 sê: Leef verstandig (vat verantwoordelikheid… vir jou tyd)
- “Sinkgat sindroom”
- Lyk mooi buite, maar leeg onder die oppervlakte.
- Wanneer die storms kom val dit in.
Waarmee hou jy jou besig? Waarmee maak jy jou tenk vol?
Voornemens/gewoontes vir 2022 = meer Rus en Oefen en Verhouding
Verhoudings (met wie?)
- God
- Huwelik
- Kinders en (Vriende)
- Verhouding met God:
– Stiltetyd
Dit is tyd van die dag wat jy op jou beste is, wanneer jy jouself afsonder, en met God tyd spandeer.
- Maak Tyd vir Bybel lees… (beplan dit in jou skedule en maak dit prioriteit)
- Maak dit deel van jou dagprogram wat on onderhandelbaar is.
– Kerk bywoon
Jy maak jou tenk vol wanneer?….
- As jy in kontak met God wil bly, (’n ontmoeting)
- As jy meer van God se wil vir jou wil leer
- As jy wil deel hê in die liggaam van Christus,
…woon gereeld eredienste/ weekprogramme by!
Dit is ‘n goeie “gewoonte”!
Jesus het ook die gewoonte van eredienste bywoon gehad…
Dit was deel van sy weeklikse program.
Lukas 4:16 (Afr 83)
16Hy het ook in Nasaret gekom, waar Hy grootgeword het, en soos sy gewoonte was, het Hy op die sabbatdag na die sinagoge toe gegaan.
Hebreers 10:25 (Afr 83)
25Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan,)
- Verhouding met jou Huweliksmaat:
- Hoe gaan dit met jou huwelik?Dit vra werk en tyd.
- Skryf dit in jou kalender. Beplan tyd daarvoor.
- Verhouding met jou Kinders:
- Spandeer jy genoeg tyd met jou kinders sodat dat hulle Jesus in ou kan sien?
- Kinders doen wat ons doen en nie noodwendig wat ons sê nie.
- Koop jy tyd uit om hulle van God te leer en oor Hom te praat…
- Vers 16 sê: Maak beste gebruik van elke geleentheid
Elke dag het net 24 uur…
- Hoe wil die Here hê moet ek die 24 ure gebruik? V16 elke geleendheid…
- Hoor jy God se stem in elke geleendheid? Of mis ons Hom?
- Vers 17 sê: Maak seker, wat die Here wil hê jy moet doen en waarmee jy jouself moet besig hou.
Hoe sal my dagprogram lyk as dit biddend o.l.v. die Heilige Gees is en Hy saam met jou beplan?
- Moenie jou DOEL waarvoor die Here jou geskep het mis nie.
*Dan, sal ek nie meer kyk hoeveel dinge ek kan inpas nie, maar sal vra:
- Wat is die DINGE waarmee die Here wil hê ek moet besig wees?
- Hoe wil God hê moet jy jou tyd skeduleer/ spandeer?
Proverbs 16:3
“Comoverbs 3:5
“Trust in the LORD with all your heart and lean not on your own understanding”
Commit to the LORD whatever you do, and He will establish your plans”
5Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie.
6Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.
7Moenie dink jy het die wysheid in pag nie, dien die Here en vermy wat sleg is:
8dit is die geneesmiddel vir jou, die verkwikking vir jou liggaam.
Slot:
Luke 10:38-41 (AMP)
Martha and Mary
38 Now while they were on their way, Jesus entered a village [called Bethany], and a woman named Martha welcomed Him into her home. 39 She had a sister named Mary, who seated herself at the Lord’s feet and was continually listening to His teaching. 40 But Martha was very busy and distracted with all of her serving responsibilities; and she approached Him and said, “Lord, is it of no concern to You that my sister has left me to do the serving alone? Tell her to help me and do her part.” 41 But the Lord replied to her, “Martha, Martha, you are worried and bothered and anxious about so many things; 42 but only one thing is necessary, for Mary has chosen the good part [that which is to her advantage], which will not be taken away from her.”
Hoor en doen:
Mattheus 7:24 NLV
“Elkeen wat na my woorde luister en daarvolgens handel, is soos ’n verstandige persoon wie se huis op rots gebou is.
Finale woord:
1 Thessalonians 4:11 (sê dit direk)
“…make it your ambition to lead a quiet life: You should mind your own business and work with your hands, just as we told you,”
*Kom ons leef meer eenvoudig
***(Daar is nie so ding soos ek het nie tyd nie, daar is wel so iets soos dis nie vir my prioriteit nie). As dit vir jou belangrik genoeg is sal jy tyd maak daarvoor.