Inleiding:
Almal wil lewe!
Wat is lewe?
– Die vermoe om met vrede en welstand gelukkig voor te bestaan
Gedagtes oor die Lewe:
1. Sekerheid van saligheid lê die fondasie van lewe
– my storie van bekering en onsekerheid
““Dit verseker Ek julle: Wie luister na wat Ek sê, en in Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe. Hy word nie veroordeel nie, maar het reeds uit die dood na die lewe oorgegaan.”
JOHANNES 5:24 1983
2. Bree pad lei tot verderf maar smal pad lei tot Lewe
““Gaan deur die nou poort in. Die poort wat na die verderf lei, is wyd en die pad daarheen breed, en dié wat daardeur ingaan, is baie. Maar die poort wat na die lewe lei, is nou en die pad daarheen smal, en dié wat dit kry, is min.””
MATTEUS 7:13-14 AFR83
– skrif gaan nie soseer oor hemel en hel nie
– Zoe beteken kwaliteit en kwantiteit lewe
– Hieruit verstaan Ek dat ware lewe iets is wat nagevors, uit gesoek, fyn beplan en versigtig beoefen moet word
– Wysheid, insig, gebed, Woordkennis en goeie strategie speel ń ŃB rol
“So gaan dit met elkeen wat vat wat hom nie toekom nie: rowery kos hom sy lewe.”
SPREUKE 1:19 AFR83
“My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf jou eie, hou jou ore oop vir die wysheid, span jou in om te verstaan. Roep insig by, vra na gesonde begrip. Soek dit soos jy silwer sou soek, spoor dit op soos ‘n verborge skat. Dan sal jy weet hoe om die Here te dien, sal jy ontdek wat dit is om God te ken. Dit is die Here wat die wysheid gee, uit sy mond kom die kennis en die insig. Hy laat eerlike mense sukses behaal en Hy beskerm dié wat onberispelik lewe. Hy sien toe dat reg geskied, Hy hou wag oor die pad van sy troue dienaars. As jy aanneem wat ek jou sê, sal jy insig kry in wat regverdig en reg en billik is en sal jy op die goeie pad bly. Die wysheid sal sy plek in jou lewe inneem, kennis sal vir jou iets aangenaams word, oordeelkundigheid sal oor jou wag hou en verstandigheid sal jou bewaak. Dit sal jou weghou van die verkeerde pad af en van mense af wat verkeerde dinge verkondig,”
SPREUKE 2:1-12 AFR83
“My seun, wat ek jou leer moet jy nie vergeet nie, hou vas aan wat ek jou voorskryf, want dit sal vir jou ‘n lang lewe verseker, dit sal maak dat jy ‘n vol lewe het.”
SPREUKE 3:1-2 AFR83
3. Soek eerstens dit wat vir God belangrik is
““Daarom sê Ek vir julle: Moet julle nie bekommer oor julle lewe, oor wat julle moet eet of drink nie, of oor julle liggaam, oor wat julle moet aantrek nie. Is die lewe nie belangriker as kos en die liggaam as klere nie? Kyk na die wilde voëls: hulle saai nie en hulle oes nie en hulle maak nie in skure bymekaar nie; julle hemelse Vader sorg vir hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie? Trouens, wie van julle kan deur hom te bekommer sy lewe met een enkele uur verleng? En wat bekommer julle julle oor klere? Let op hoe groei die veldlelies: hulle swoeg nie en hulle maak nie klere nie. Maar Ek sê vir julle: Selfs Salomo in al sy prag was nie geklee soos een van hulle nie. As God dan die gras van die veld, wat vandag nog daar is en môre verbrand word, so versier, hoeveel te meer sal Hy dan nie vir julle sorg nie, julle kleingelowiges? “Julle moet julle dus nie bekommer en vra: ‘Wat moet ons eet of wat moet ons drink of wat moet ons aantrek?’ nie. Dit is alles dinge waaroor die ongelowiges begaan is. Julle hemelse Vader weet tog dat julle dit alles nodig het. Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee. “Moet julle dus nie oor môre bekommer nie, want môre bring sy eie bekommernis. Elke dag bring genoeg moeilikheid van sy eie.””
MATTEUS 6:25-34 AFR83
4. Lewe begin met Jesus
“En die getuienis behels dít: God het ons die ewige lewe gegee, en dié lewe is deur sy Seun. Wie die Seun het, het die lewe; wie nie die Seun van God het nie, het ook nie die lewe nie.”
1 JOHANNES 5:11-12 AFR83
– Skildery storie
– Vraag oor wie Ek is?
– Waar begin my lewe en identiteit?
– Watter rol speel my kultuur, taal en erfenis
– Wat is Ek eerste?
–
Ten slotte:
– Lewe is reis wat noukeurig deurdink moet word
– Hoe gaan Ek reis maw watter paaie / voertuie / verhoudings / omgewing
– NB Alles begin by dissipel van Jesus wees
– Kies Lewe !