Waarmee is Heilige Gees tans besig in jou lewe?
- Jy: Friedel ek weet nie. Is Heilige Gees wel besig met iets in my lewe?
- Ek: My en jou se geestelike welstand is altyd op God se agenda. Daar is altyd iets wat Hy vir ons wil leer in enige seisoen van ons lewe.
- Die wonderlike ding is as ek bewus kan raak van die dieper Goddelike intensie in my bestaande situasie, want dan kan ek en Heilige Gees saamwerk tot ‘n gemeenskaplike doel in my lewe.
- Daarom die 2 vrae vanoggend aan jou:
- Waar is jy tans in jou lewe? M.a.w. wat gaan aan in jou lewe nou?
- EN:- Daar waar jy is, wat sien jy?
Kom ek verduidelik verder deur te begin by die volgende skrifgedeelte:
2 Cor 5:7 “For we walk by sight and not by faith.”
- Nee pastor. Jy het dit verkeerd. Jy kort ‘n ander vertaling.
- Jy is heeltemal reg, dis nie wat die skrif sê nie, maar is dit nie hoe die skrif in ons lewe afspeel nie?
- For we walk by sight and not by faith??
Kom ons kyk na die korrekte weergawe:
- 2 Cor 5:7 (NKJV) “For we walk by faith, not by sight.”
- 2 Cor 5:7 (CJB) “For we live by trust, not by what we see.”
Dat in die gebeure van ons lewe ons geloof moet behou in Jesus en tot aksie aksie oorgaan wat bewys dat ons in Hom vertrou in die seisoen.
Byvoorbeeld:
- Die yskas en skottelgoed wasser en generator breek alles in een week.
- Daar is gesondheidsuitdagings in jul familie.
- Julle is besig om die dood van ‘n geliefde te verwerk.
- Daar is dalk ernstige verhoudingsuitdagings by die huis.
- Wat sien jy in tye soos hierdie?
- Ons natuurlike oë sien probleme. Sien jou geestelike oë ook net probleme?
Ons lees van ‘n klaarblyklike sinkende boot in Mat 8:23-27
Mat 8:23-27 (AFR53) – (Lees)
- Ons lees hierdie gedeelte altyd met baie kritiek teenoor die dissipels. Hoe kon hulle die toets so dop?
- Maar kom ons neem ons verbeelding baie ver. Tot in daardie boot op daardie oomblik.
- Plaas jouself in daardie boot (is jy daar)?
- Die winde waai, die golwe is groot, die boot word rond geskud, die weerlig slaan.
- Die boot is besig om vol water te raak en jy kan sien, dis nie ver nie dan gaan hierdie boot sink.
Ek het netnou vir jou gevra: Waar is jy in jou lewe?
- Van julle mag dalk sê, dis presies waar ek is.
- Van julle mag dalk sê: ek is nie nou daar nie, maar ek was al daar.
- So ‘n saamloop van gebeurtenisse mag dalk weer vorentoe afspeel in ons lewe, ons weet nie.
En wat dan? “Are we walking by sight and not by faith?”
- Toe Jesus wakker gemaak word was die eerste ding wat Hy sê: Waarom is julle bang, kleingelowiges?
- *** Die dissipels beleef ‘n dreigende gevaar en vir ‘n oomblik is die storm buite die boot ‘n groter realiteit as die een wie in hulle boot is. ***
- Het jy al ooit sig verloor van die Een wie in jou boot is?
- Laat ek raai: En neem aan op daardie oomblik was die storm om jou ook oorweldigend?
2 Kor 5:7 moedig ons aan: “For we live by trust, not by what we see.”
- “what we see” à het meer te doen met die voorkoms van dinge as fisiese sig.
- Strongs G1491 à Appearance / Voorkoms
- Voorbeelde:
- Die yskas en skottelgoed wasser en generator breek alles in een week.
- Dit wat ek dalk sien: Finansieel gaan ons dit nie maak nie.
- Die Mar 4 weergawe van Jesus wat die storm stilmaak:
- Mar 4:38 – Meester, gee U nie om dat ons vergaan nie?
- (Hulle maak hom nie wakker en sê: Here, kyk die wind, die golwe, die boot raak vol water nie.
- Wat hulle sien is: Ons gaan sterf.
- Die yskas en skottelgoed wasser en generator breek alles in een week.
No Light Perception
- Totale blindheid word ook na verwys met die term: No Light Perception / afwesigheid van ligpersepsie
- ‘n Oog wat geen lig waarneem nie. Is dit wat met ons gebeur in ons situasies?
- Ek wil vanoggend 2 Kor 5:7 vir jou voorhou as ‘n swaard in jou arsenaal vir jou seisoen.
- Ek wandel deur vertroue en nie deur aanskouing nie.
Hoe kan ek beter sien? à Die teenwoordigheid van ligpersepsie
- Is Jesus in jou boot? (of volg jy net jou eie kop en hart) – Soek en volg Sy wil.
- Sy teenwoordigheid verander my perspektief WANT Joh 8:12 “Ek is die lig vir die wêreld.
- My situasie verander nie altyd dadelik nie, maar in Sy teenwoordigheid sien ek beter.
- Eet van die lewende brood
- Psa 119:105 – U woord is ‘n lamp vir my voet en ‘n lig vir my pad.
- Ryk jong man in die vlamme: Stuur tog iemand na my broers.
- Hulle het die wet en profete: Nee
- Jy het die woord: Nee, dis nie genoeg nie. = NLP
- Maak Hom wakker – Gebed
- Friedel slaap Hy dan? NEE
- Maar as ons geen ligpersepsie het nie, dink ons so? Maak Hom dan wakker deur jou gebed.
- Ek mag dalk ook hoor: Hoekom is jy bang, kleingelowige?
- Gebed help om Sy teenwoordigheid in my boot te ervaar (Punt 1 hierbo)
Ons versoeke aan Vader word soms beantwoord met ‘n JA. à Maar soms ook met ‘n NEE of ‘n WAG
- Wat sien ons as dit ‘n NEE of ‘n WAG / NIE nou nie is?
- Daar is ietsie dieper as geloof en vertroue: VOLHARDENDE geloof en vertroue
Waar is jy nou? Wat sien jy tans? Help 2 Kor 5:7 jou om vanoggend iets anders te sien?
Rom 1:17 (NKJV) “as it is written: The just shall live by faith.”
Rom 1:17 (CJB) “The person who is righteous will live his life by trust.”