INLEIDING:
Ons is besig met n reeks oor
“Connectedness” en wil graag die belang van die geloofsgemeenskap uitwys.
Ons verstaan egter die uitdagings van ons tyd rakende isolasie en wil daarom steeds meer klem lê oor die belangrikheid van liefde en geloofsgemeenskap alhoewel dit dalk anders mag voorkom in hierdie tyd.
SKRIFLESING:
“Onder leiding van die Hoof is die liggaam goed aanmekaargesit. Al die ondersteunende ligamente hou die liggaam bymekaar. Elke liggaamsdeel vervul sy bestemde funksie, en so, deur liefde te bewys, bou die liggaam homself op.”
EFESIËRS 4:16 NLV
AGTERGROND:
⁃ Paulus skryf Efesiers terwyl hy in tronk is
⁃ Dus alhoewel hy in isolasie is wys hy op die belang van die geloofsgemeenskap en dat dit in die gees bly bestaan selfs wanneer dit nie in die natuurlike bestaan nie
EF 4:16 OPSOMMING
⁃ ons bly een gemeenskap van gelowiges
⁃ Ons word verbind deur Jesus ons hoof
⁃ Verder bou ons gemeenskap deur ondersteuning van ligamente
⁃ Ons gemeenskap moenie beperk wees tot sondag byeenkomste nie
WAT IS DIE PROBLEEM VAN ONS TYD:
⁃ Connectedness lost (Covid & tegnologie)
⁃ Lonliness
1.
sadness because one has no friends or company.”feelings of depression and loneliness”
2.
the quality of being unfrequented and remote; isolation.
WAT IS DIE EF 4:16 GEMEENSKAP:
1. Gemeenskap: die intensionele bou van betekenisvolle standhoudende verhoudings, gebasseer op Bybelse beginsels waar elke persoon n sin vir aanvaarding, behoort en belang ervaar. (Dus nie net n erediens nie)
2. Gemeenskap: n netwerk van knope wat styfgespan word om n net te vorm.
3. Gemeenskap is verder: veiligheid, fellowship, bemoediging, groeiende geloof, nuwe vriende, ander opinies, spanwerk, bkydskap, eenheid, hulpbronne, accountibility, omgee, pret en meesal LIEFDE
GEMEENSKAP VORMENDE AKSIES:
1. Plaas ander eerste NB
2. Moenie maklik aanstoot neem nie – dis soos n vis wat die aas sluk
3. Beoefen geduld – ons word nie daarmee gebore nie (Jerry)
4. Vergewe vinnig – onthou Bitterheid is soos kanker wat groei
5. Soek geleentheid vir gesamentlike geestelike belewenis – wees kreatief
6. Soek geleentheid vir ondersteuning – om te gee is beter as om te ontvang
TEN SLOTTE:
“Wees bly oor die wonderlike toekoms wat God vir julle beplan. Volhard in tye van swaarkry; moenie verslap in die gebed nie. As medegelowiges in nood verkeer, wees jy die een om ’n helpende hand na hulle toe uit te steek. Maak ’n gewoonte daarvan om gasvry te wees – maak nie saak of dit oor kos of slaapplek gaan nie. As mense julle oor julle geloof vervolg, moenie ’n vloek oor hulle uitspreek nie, maar vra God om hulle te seën. As ander blydskap ervaar, juig saam met hulle. As hulle hartseer is, deel dit met hulle. Konsentreer op dit wat onderlinge eensgesindheid bevorder. Moenie belangrik probeer wees nie, maar vind julle geluk by die nederiges. Moenie dink dat net julle altyd reg is nie. Moenie vir enigiemand kwaad met kwaad terugbetaal nie; wees positief teenoor alle mense. Sover dit vir julle moontlik is, moet julle goeie verhoudings handhaaf met alle mense. Geliefdes, julle moet julleself nie wreek nie. Laat die straf aan God oor. Daar staan mos in die Skrif: “Dit is mý reg om te straf; Ek sal vergeld, sê die Here.” Doen eerder wat die Skrif sê: “As jou vyande honger is, gee aan hulle iets om te eet. As hulle dors is, les hulle dors. Deur dit te doen, sal julle hulle bloedrooi van skaamte maak.” Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte te bowe kom.”
ROMEINE 12:12-21 NLV